Diewe het oor die naweek by die Langlaagte-lisensietoetssentrum in Johannesburg ingebreek en rekenaars en ʼn onbevestigde bedrag kontant gesteel.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die rooftog het Sondagaand plaasgevind. Hy het gesê ʼn gedeelte van die lisensiekantoor sal as gevolg van die rooftog tydelik gesluit wees.
“Slegs leerlinglisensietoetse en praktiese bestuurstoetse sal soos gewoonlik voortgaan, maar die res van die dienste by die stasie sal opgeskort wees tot verdere kennisgewing,” het Minnaar gesê.
Hy het gesê daar is nog nie vasgestel hoe die boosdoeners verby die veiligheidswagte gekom het of toegang tot die lisensiekantoor verkry het nie. “Dit sal deel vorm van die ondersoek.”
Toevallig die 3de een waarvan ek nou weet!!!
Nou wat nou gemaak met die leerling lesensies wat geskryf ? gerekenaar moet word ???? Waaaaaar gaan ons nou heen want oral waar mens navraag doen trek hulle skouers op?
Of moet die kinders nou maar ” onwettig” ry ???
“Slegs leerlinglisensietoetse en praktiese bestuurstoetse sal soos gewoonlik voortgaan, maar die res van die dienste by die stasie sal opgeskort wees tot verdere kennisgewing,” het Minnaar gesê.
Inside job soos gewoonlik.