
Die vensters pryk bo die altar van die St. Thomas Anglikaanse Kerk. Foto: http://www.stthomasberea.org.za/
Volgens die berig het die diewe Sondagaand vyf van die St. Thomas Anglikaanse Kerk in Musgrave se loodglasvensters gesteel. Die vensters beeld tonele uit die Bybel uit.
“Die diewe was heel waarskynlik agter die lood aan, maar hoekom ʼn onvervangbare deel van ons geskiedenis verwoes net vir ʼn honderd rand?” het Barnie Barnard, die kerk se koster, gesê.
Die kerk het verlede maand gietyster uit grafstene verwyder in ʼn poging om plundery te voorkom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Goeie genade, wat volgende. 2015 het pas begin en kyk hoe lyk die voorblaaie van die koerante van al die misdaad, korrupsie, kader ontplooiing en wat nog.
Amen!
Dit wys net hoe desperaat is Suid Afrika se inwoners vir geld. Te veel inwoners in ons land. Die mense ly honger, daar is nie genoeg werk vir almal nie.
Maroela – ek sal weer probeer.
Die Anglikaanse kerk was in die vorige bedeling sterk ANC gesind en het dus help skep aan die omstandighede waaronder ons vandag leef. Hulle moet nie nou kla as hulle deurloop nie.