‘Diewe’ vas ná hoëspoed-jaagtog

Die voertuig wat deur polisiebeamptes agternagesit is. Foto: SAPD/ANA

Drie vermeende diewe is Woensdagmiddag ná ʼn hoëspoed-jaagtog in die suidelike woonbuurte van Kaapstad in hegtenis geneem.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Wes-Kaapse blitspatrollie het net ná 12:00 gesien hoe ʼn voertuig deur ʼn rooi verkeerslig jaag. Dit het die beamptes laat onraad merk en hulle het die voertuig agternagesit.

“Die voertuig se nommerplaat is getoets en dit het aan die lig gekom dat die voertuig in Somerset-Wes gesteel is,” het Traut gesê. “In ʼn poging om die polisie te ontduik, het die bestuurder teen ʼn yslike spoed gejaag en in Klipperweg in Rondebosch teen ʼn ander voertuig gebots. Die voertuig het uiteindelik in Hoofweg tot stilstand gekom.”

Die polisie het die drie insittendes in die motor, onderskeidelik 25, 26 en 31 jaar oud, in hegtenis geneem. Terwyl die voertuig deursoek is, is verskeie huishoudelike items en juweliersware gevind wat vroeër die dag in Vishoek gesteel is. ʼn Koevoet is ook in die verdagtes se besit gevind.

Traut het gesê die drie verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marous ·

Jammer vir die ander voertuig wat betrokke was …. ook jammer dat dit nie ‘ n sementpilaar of afgrond was nie.

Trevor Gush ·

daai is nie n koevoet nie, dit is n crowbar, selfde as julle berig, waar die kar teen n robot se anker paal hang, dit was n telefoon of kragpaal, wys my n prentjie van n robot met n anker draad

Trevor Gush ·

try gwala, maar jy is reg, n koevoet was net vir my een van daai lang goed om gate in die grond te stamp, wys my onkunde en engels wees.

ek vra omverskoning

Wim ·

Trevor ou maat, dit vat ‘n man om in die openbaar om verskoning te vra. Ek salueer jou.

Willie ·

Trevor, i like the way you handle it. Your 100/. Beter then me. Jy is n ou Bul

Scalla ·

Noem dit sommer n breek yster, dit sluit dan koevoet, crowbar of Gwala in, iets nuuts in Afrikaans vir my is dat die registrasie nommer getoets word volgens die berig, daar is verseker beter omskrywing vir die proses

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.