Digital Vibes koop glo voertuig vir Mkhize se seun

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Die DA gaan strafregtelike aanklagte teen die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, en die direkteur-generaal van gesondheid, Sandile Buthelezi, aanhanging maak.

Dit te midde van al meer verdoemende bewerings oor Mkhize se betrokkenheid by die toekenning van ʼn onreëlmatige kontrak aan die kommunikasiemaatskappy Digital Vibes.

Die jongste bewerings lui nou dat Digital Vibes glo ’n tweedehandse Toyota Land Cruiser vir Mkhize se seun, Dedani, gekoop het.

Volgens die DA is ’n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) na die kontrak ten bedrae van sowat R150 miljoen nie genoeg nie – ʼn strafregtelike ondersoek moet plaasvind.

Scorpio, die ondersoekende eenheid van Daily Maverick, het Dinsdag bekend gemaak dat hy dokumente bekom het wat daarop dui dat Digital Vibes in Mei vanjaar R160 000 aan ʼn motorhandelaar in Pietermaritzburg betaal het vir ʼn 2003-model Toyota Land Cruiser.

Die voertuig is drie dae later in Dedani Mkhize se naam geregistreer.

Daar is ook foto’s op sosiale media wat daarop dui dat dié voertuig op Dedani se plaas naby Pietermaritzburg gebruik word. Die minister se seun ontken egter dat dit sy voertuig is en het in ’n antwoord aan Scorpio daarop gesinspeel dat Tahera Mather, ʼn vriend van en voormalige woordvoerder vir sy pa, die bakkie vir die plaasbestuurder, Andile Ngcobo, gekoop het.

Digital Vibes word bestuur deur Mather asook Naadhira Mitha, Mkhize se voormalige persoonlike assistent.

Ngcobo hou vol dat die bakkie syne is en dat hy nie geweet het dat die bakkie in Dedani se naam geregistreer is nie.

Dedani sê hy het ʼn hegte verhouding met Mather, maar dat dit niks te doen het met die Digital Vibes-kontrak of sy pa se ander sake as minister nie.

Maroela Media het vroeër berig daar word ook beweer dat Digital Vibes vir instandhoudingswerk aan een van Zweli Mkhize se eiendomme betaal het.

Minstens R300 000 is ook dieselfde dag as die transaksie van die Toyota Land Cruiser aan ʼn maatskappy oorbetaal wat deur Mkhize se seun besit word.

Die DA doen ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om teen sy minister van gesondheid op te tree.

“Mkhize kan nie vertrou word om die nasionale reaksie op Covid-19 te lei terwyl daar verdoemende bewerings teen hom gemaak word nie,” sê Siviwe Gwarube, die DA se woordvoerder oor gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Misky ·

Dis maar ‘n goedkoop en ou Cruiser…… Ai, hierdie ouens probeer nou nie eens meer dinge skelm en agteraf doen nie. Tipe houding van: Niks kan en sal met my gebeur nie en almal doen dit, so ek gaan ook

Persheks Adri ·

So wanneer sit iemand van die parlement nou eendag? Almal korrup saam hul kinders soos kopdoek, maar niemand sit in die tronk nie… Natuurlik sal hulle vir mekaar cover hoe dan anders as ons eerlike burgers?

Ovelia ·

So sal die hele pot wurms uitkom. Hul jok mekaar so vas. Ek weet dis waar dt daar bedrog betrokke is my broer verkoop ppa en alle covid klere is op verkeerde standaard deur ANC se bouties gemaak

Genis ·

African National Corruption strikes again… Ou Cyril “your people” cannot stop to be amazed…

Johanncb ·

Alle bewyse van nepotisme is onomwonde daar! Ek skat die agbare minister moet die eerbare roete volg en dadelik bedank! SA wil nie nóg ‘n oneerlike episode uit die Parlement sien nie!

Alleen Wolf ·

Dit sal nooit gebeur nie, hy sal eerder in beter posisie aangestel word as daar so iets is

Cherokee ·

Johancb, jy is waarskynlik die enigste wat hom as agbaar beskou.

gatgogga ·

Mkhise, jy sal nou ook maar by die kriminele RET faksie moet aansluit, ja?

Johann ·

Hy sal met altwee sy hande BINNE in die “till” gevang word maar steeds sal daar van niks kom nie. Ramaposa se pel en daarom onaantasbaar. Bloot net nog n gewetenlose vergryper. Imagine wat gaan hy doen met sy NHI program? Vat en uitdeel soos altyd.

Jakes ·

In SA is niks meer korrup of misdadig nie. Alles word openlik gedoen.

twaalfboor ·

R160 000 vir ń 2003 Land Cruiser? Die ding moet fodde wees. Tensy daar NOG ń vinger in diw 3 poot pot is.

Samuel ·

Die hele spul lieg oor hulle onbetrokkenheid en dat hulle geen voordeel getrek het uit hierdie skynbaar onregmatige tender nie. Van bo tot onder lieg die ANC politici, die SP ingesluit. Pffft

Alma ·

As ek nou EEN moes kies wat moontlik nie korrup is nie, sou ek Mkhize gekies het, maar ja nou is ek alweer verkeerd bewys!

Strandloper ·

Wonder of hy en ace nou meeding vir kaptein skap van bedrog? Die kompetiese is baie sterk vanaf rampoker en die kabinet.

annie ·

Ace wag en kyk wat CR gaan doen. Indien Mkize nie verwyder word nie, gaan hy dit in die hof gebruik om sy saak te versterk nl dat sy terugstaan bloot ‘n faksie-aksie was en dus ongeldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.