Digital Vibes: Mkhize het ‘eerbare’ ding gedoen, sê Ramaphosa  

Pres. Cyril Ramaphosa (25 Julie 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa meen dr. Zweli Mkhize het die “eerbare” ding gedoen toe hy uit die regering bedank het weens die Digital Vibes-skandaal.

Ramaphosa het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie oor die ANC se verkiesingsmanifes vrae geantwoord oor die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se Digital Vibes-verslag wat hy vroeër die dag bekend gemaak het.

“Ons veroordeel alle aktiwiteite van wangedrag,” het Ramaphosa gesê. “Sy [Mkhize se] bedanking uit die regering is na my mening, en jy gaan moontlik nie van die woord hou nie, ʼn eerbare daad nadat hy besef het daar was nie ʼn ander manier vorentoe nie.”

Ramaphosa meen sy aanvaarding van Mkhize se bedanking moet ʼn aanduiding wees van sy benadering en standpunt rakende die kwessies. Die kwessie sal volgens Ramaphosa nou deur die nodige prosesse en agentskappe verder hanteer word.

Die SOE het bevind dat verkwistende uitgawes van tussen R72 miljoen en R80 miljoen deur die gesondheidsdepartement aangegaan is met die Digital Vibes-kontrakte en daar is verdoemende bevindings teen Mkhize en ander amptenare van die departement gemaak.

Komitee soek optrede

Dr. Zweli Mkhize en sy seun Dedani. (Foto: Twitter)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid het die verslag verwelkom en gesê daar sal dringend met die departement van gesondheid oor die kwessie vergader word.

“Die komitee sal onder meer uitvind wat die departement se aksieplan is ná die bekendmaking van die verslag,” het dr. Kenneth Jacobs, voorsitter van die komitee, gesê.

Jacobs sal ʼn skrywe aan die minister van gesondheid rig om ʼn vergadering met die departement te reël oor die verslag.

Joe Phaahla, minister van gesondheid, sal intussen vandag tydens ʼn mediakonferensie reageer op die SOE se bevindings en aanbevelings in sy verslag.

Die SOE beveel aan dat sekere hooggeplaastes in die departement strafregtelik aangekla word, insluitend dr. Anban Pillay, destydse waarnemende direkteur-generaal (DG) van die departement van gesondheid.

Rakende Mkhize se optrede is daar bevind dat hy onbehoorlik en selfs onwettig opgetree het. Die ondersoek het onder meer aan die lig gebring dat Digital Vibes vir herstelwerk aan een van sy eiendomme betaal het, dat daar geld betaal is aan ʼn maatskappy wat aan sy seun behoort, dat daar ʼn voertuig vir sy seun gekoop is en dat daar ook kontant aan sy seun gegee is.

Mkhize het tydens ʼn mediakonferensie in Mei vanjaar ontken dat hy of sy familie enigsins voordeel uit die Digital Vibes-kontrak getrek het. Hy het begin Augustus bedank nadat hy begin Junie op spesiale verlof geplaas is hangende die SOE se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Jack ·

Dit maak nie verskil of hy eerbare ding gedoen het of nie.Hy moet vervolg word en ons weer CR laat nie sy maatjies vervolg word nie al gebeur wat.

Anton ·

Ek het gou die definisie van “eerbaar” opgesoek en daar staan toe: Enige een wat bedank nadat hulle uitgevang is

Johan ·

Toe hy skelm was het hy maar net die eerbare ding gedoen. Dus hy is onskuldig….

Nie Verbaas ·

As hy die ” eerbare” ding doen on te bedank behou hy al sy voordele. As hy afgedank was, was dit n ander storie. Hoe dom dink Ramaphosa is ons? Weereens klein vissies wat nou geteiken gaan word terwyl niks met Mkhize sal gebeur nie. Die gewone ou ANC “ons maak skoon” taktiek terwyl belastingbetaler maar aanhou hoes.

Jan Seerot ·

Wa’ wa’ wag so bietjie! Hy het bedank en daardie tyd gesê dat dit geen refleksie sou wees op die skandaal nie. Hy het gelieg. (Jok is wanneer jou ma gevra het wie die koekies geskaai het).
Nou is dit ewe skielik eerbaar! Ag snert man! Kierankies braai altyd.
Vir mense wat ‘n broertjie dood het aan winsbejag en sosialisme voorstaan, is julle manne darem erg oor geld.

Pieter ·

Jan, die klomp is so selsugtig en kortsugtug, Hulle sal die laaste hap pap uit baba se mond vat as dit hulle kan bevoordeel. Daar is niks van wat van 50 of 100 jaar van nou af nie. Dis net die verlede en wat hulle nou kan pocket wat saak maak vir hulle.

Jerry ·

Daars niks eerbaar aan die anc en sy kaders. Gemors klink nader aan die waarheid

Willempie ·

Cyril dan moet jou korrupte ANC regering ook maar die “eerbare” ding doen en bedank.

Harley Davidson ·

Wys jou net wat se waardes het ramaposa om so iets te sê.

Pieter ·

En as hulle hom nie uitgevang het nie, sou hy nogsteeds die “eerbare” ding gedoen het?

Deon ·

Natuurlik sou hy aangehou het om die “eerbare ding” volgens sy morele waardes te doen, presies soos hy geleer is deur sy comrades

twaalfboor ·

So as jy uitgevang word en jy bedank….. dan is jy eerbaar. Foeitog maar ons kan darem maar lekker “sugar coat” wanneer dit ons pas.

annie ·

Cyril kan skynbaar enigiets of iemand tot skoonheid en heldhaftigheid verhef. Alles wat verkeerd is in SA was apartheid se skuld. Ons, die goeie ANC, se stryd om dit wat verkeerd was reg te stel, is wat julle nou negatief interpreteer. Gee ons asb nog tyd en… geld.

Magda ·

Wonder of ramaphosa regtig so hoog geleerd is, want met sy optrede oor korrupsie lyk dit ni so ni, is Al daai sertifikate ook soos di meerderheid in di ANC ook maar gekoop. Hy moet vervolg word en sy bates moet verkoop word, en dan moet hy met sy gat in di tronk gaan sit ramaphosa, dit is di eerbare ding wat gedoen moet word. Jy is regtig ni di stoel van n president waardig ni. SKOERT ASB ANC

Jr ·

Waar het hierdie president van daan gekom. MARS want om te sê hy het die eerbare ding gedoen is so lagwekkend. Hierdie man is rerig ‘n SA Joe Biden. Dan sê hy is ernstig oor korrupsie. Hierdie gaan net na file 13, op die 13de vloer, kantoor 13, LITHULI HOUSE op eindig.’ n stille dood sterf. President aagh asb

gpsa ·

Plaas hy eerder se hoeveel bankrekeninge en bates al gevries is om geld te herwin. Dan kan mens dalk begin dink hulle is ernstig oor die welstand van die land.

Werner ·

En wie dink dat n verkiessing vry en regverdig gehou gaan word saam met die lot

Kokerboom ·

Eerbaar se voet Mnr Ramaphosa. Die kader het bedrog met voorbedagte rade gepleeg( soos hul almal doen) en toe hy , jammer vir hom, uitgevang word toe “skielik doen hy die eerbare ding”. Twak!!Hou op jou skelmkraal goedpraat en toon ruggraat!!!

Suzette ·

Duidelik het hulle nie ‘n idee wat eerbaar beteken nie. As mkhize eerbaar was het hy in EERSTE plek nie betrokke geraak in skelm verkwisting van geld ens. ens. nie. As hy nie uitgevang was nie, het hy nog steeds “eerbaar” in sy posisie gesit. Wat ‘n gekkespul!

Stephen ·

Watch this space. Once the dust settles Mkhize will surface again in another ANC Government position. This is standard procedure by the ANC who think people have short memories.

Henry ·

Ramaphosa het presies geweet wat aangaan, tog het hy dit stil gehou tot daar nie ‘n ander keuse was nie. Hy dink die publiek is idiote… jy werk nie met ANC Kaders nie Ramaphosa… jou toutjie wat jy trek raak al hoe korter..

Michal ·

“eerbare” dief, hoe sweet, hier is vir jou ń goue sterretjie????

Kobus ·

Raai raai, Wanneer lieg Ramaposa en wanneer praat hy twak? Antw; die oomblik as hy sy lippe beweeg

Nonnie ·

Ramaphosa, jy LIEG SOOS ‘N POOLSE TANNETREKKER….. Jy het geweet van sy bedrog en het hom nogtans vreeslik geprys toe hy voete uitgepak het…. Vals ketter!!!!

Marisa W ·

Dit was nie ‘eerbaar’ nie, dit was ‘uitgevang’ – ‘eerbaar’ sou nooit betrokke geraak het of dit korrupsie toegelaat het nie.

Kerneels ·

Dis nog bietjie vroeg in die dag en ek sukkel om te verstaan: Dus reken Ramaphosa Mkhize het die eerbare ding gedoen om te bedank nadat hy oneerbare, korrupte dade gepleeg het?

Althes ·

N Mens bedank net as jy uitgevang word – hoe eerbaar is dit? Dit was die volgende logiese stap, mnr prez.
En moet fluitjieblasers en ander instansies die waarheid is op die lappe bring, voor die ANC regering optree?

Pietertjie ·

Nee. Die eerbare ding om te doen is om die geld met rente terug te gee, dan tronk toe te gaan. Hy het net bedank omdat hy uitgevang is, geen ander rede nie. Hy het nog steeds die voordele van sy misdaad.

SjN ·

Hy moes gefire word, alle voordele opgeskort en krimineel aangekla word, eerbare skelm dalk.

gpsa ·

Skokkend om so iets van ‘n president te hoor. Hoop sommer dit word wêreld nuus. Absolute skande. Welvaart van burgers tel niks. Verryking van kaders beteken alles.

Madz ·

Ek sal ENIGE TYD ook die “eerbare” bedanking ding doen as ek met R80 Miljoen kan aftree….. AsseBLIEF stel my aan in daai pos!!!!

Johann ·

Nee Ramaposa, jou woord keuse is PRESIES in lyn met jou karakter. Jyt GEWEET van jou Comrade se vergrype, soos jy WEET van BAIE nader, waarskeinlik jou eie ook,maar jy beskou dit as eerbaar! Het GEEN respek vir jou nie. Kamptig sonteen korrupsie en onbevoegdheid en magsvergrype?

SHAME ON YOU!!!!!!!!!!!!!!

Heinrich ·

Nee Ramaphosa, eerbaar sou gewees het om met integriteit die belastigbetaler se geld vir siek mense reg te bestuur. Nou ewe skielik as jy met jou hand in die koekieblik gevang word is jy eerbaar? DInk nie so nie. Wonder dan hoeveel van jou miljoene is op ‘n “eerbare” wyse bekom…

Mariana ·

Hoe eerbaar is hy, hy word steeds verbind met die skandaal. Ja hy het bedank maar eerbaar is hy nie. Ramapoza nee jou woordkeuse op “eerbaar” is totaal verkeerd. Dit wys net weereens dat jou vriende mag doen wat hulle wil en dit dra jou goedkeuring weg. Gn wonder hierdie land is in totale chaos nie.

JM ·

Ramaphosa het destyds in die buiteland, volgens hom, die “eerbare” ding gedoen, deur te ontken (en ek het die video gesien) dat daar plaasmoorde in Suid-Afrika bestaan. Kan hy dus verder geglo word? Hierdie ANC-regering, wat tot in sy kern verrot is, sal voor God verantwoording moet doen.

Hardekwas ·

Die eerbare ding sal wees as alle anc amptenare bedank, en hulle rampokker party ontbind. Eers dán sal daar geloofwaardigheid wees.

fs ·

eerbaar my g.t man! Hy moet eerbaar in die tronk gaan sit maar hy sal seker ook mediese parool kry na 3 dae.. die fatcats sal NOOOOOIT hul pak slae vat vir hul dade..hul word beskerm

Jo ·

Is daar EEN staatsamptenaar wat nie korrup is nie? Hy sal ook natuurlik in weelde lewe vir die res van sy lewe!

Pieter ·

die SA regering het ernstige probleme. Groot beluite moet geneem word. Aksies moet geneem en gely word. Maar daar is niemand lyk my wat dit kan doen nie. Soos in die verlede, moet daar ‘n punt kom waar mens se tot hier en nie verder nie. Soos dinge nou staan lyk dit vir my hulle almal is SO korrup want die een keer meer as die ander en hy is nie eers deel van die skandaal nie… Iewers moet iets dringend gebeur want mense, ons is besig om sleg agter te raak met die res van die wereld. Ons hang nog in 1968 elke jaar behalwe dat daar net sleg is…

Swerwer ·

Daar moet daadwerklik plan gemaak word om stemme te werf voor die komende verkiesing.

SomeOne ·

ramaposa , wanneer doen jy die “eerbare ding”, moenie bedank nie , verwyder jouself waar jy is en gaan bly in rusland of kuba

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.