Digital Vibes: SOE se verslag by Ramaphosa

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het sy ondersoek na ’n omstrede kontrak tussen die kommunikasiemaatskappy Digital Vibes en die departement van gesondheid afgehandel en sy finale verslag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

Die SOE sê die presidensie het ontvangs van die verslag erken.

Die DA doen nou ’n beroep op Ramaphosa om die volledige verslag sonder enige wysigings onmiddellik bekend te maak, sodat die saak dringend na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys kan word.

Die opposisieparty het reeds verlede maand strafregtelike klagte teen dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aanhangig gemaak weens die kontrak van R150 miljoen wat sy departement aan Digital Vibes toegeken het om kommunikasiedienste vir die departement te verrig.

“Die SOE se verslag kan nie agter slot en grendel gehou word nie,” meen Siviwe Gwarube, woordvoerder van die DA.

“Die bevindinge van die SOE moet deur die publiek ondersoek word. Dit is immers openbare fondse wat na bewering gebruik is om minister Mkhize se hegte vriende deur hul direkte verhouding met hom te verryk.”

Maroela Media het vroeër berig twee van die kommunikasiemaatskappy Digital Vibes se grootste rolspelers, Tahera Mather en Naadhira Mitha, het albei noue bande met Mkhize.

Mkhize is met spesiale verlof hangende die SOE se ondersoek.

Gwarube sê voorts die president behoort die land in te lig of diegene betrokke verantwoordelik gehou gaan word.

“Die feit dat minister Mkhize steeds op spesiale verlof bly, is eenvoudig nie goed genoeg nie. Suid-Afrikaners het ’n gevolgtrekking oor hierdie saak nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

O hier kom ‘n ding! Cyril gaan vir hom “cover” hoor my woorde vandag! Geensins ernstig oor korrupsie nie en dis al bewys met Cyril se leë beloftes!

Androclus

Saaa!!! Cyril byt vir Zweli!!!!

Willem

Pfffffftttttt vat hom flaffie!!!!!