Digital Vibes-verslag: Dermiljoene gemors; húlle moet aangekla word

Dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag rakende die Digital Vibes-skandaal bekend gemaak.

Dié verslag onthul nou dat verkwistende uitgawes ter waarde van miljoene rande deur die departement aangegaan is om Digital Vibes onregmatig aan te stel en beveel aan dat sekere hooggeplaastes in die departement strafregtelik aangekla word.

Die omstrede kontrak het daartoe gelei dat dr. Zweli Mkhize begin Augustus as minister van gesondheid bedank het. Hy is begin Junie op spesiale verlof geplaas midde-in die SOE se ondersoek. Dit was die gevolg van talle mediaberigte dat Mkhize, sy seun Dedani, en mense wat noue bande met die minister het onreëlmatig gebaat het by die Digital Vibes-kontrak. Die verslag bevestig dit ook en meen boonop dat Mkhize vroeër vanjaar gejok het toe hy ontken het dat hy voordeel uit die kontrak getrek het.

Die gesondheidsdepartement het in November 2019 ʼn diensvlakooreenkoms met Digital Vibes aangegaan om ʼn mediaveldtog rakende die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te lewer. In 2020 is die dienste uitgebrei vir ʼn verdere Covid-19-mediaveldtog.

Miljoene se verkwistende uitgawes

Dr. Anban Pillay. (Foto: Skermskoot/Newzroom Afrika/YouTube)

Die SOE se ondersoek het bevind dat die verkrygingsprosesse ten opsigte van die NGV-en Covid-19-mediaveldtogte onreëlmatig was en dat die daaropvolgende kontrak ongeldig was. In hierdie verband is onreëlmatige uitgawes ten bedrae van ongeveer R150 miljoen en vrugtelose en verkwistende uitgawes van tussen R72 miljoen en R80 miljoen deur die gesondheidsdepartement aangegaan.

Die bewyse wat verkry is, dui daarop dat dr. Anban Pillay, destydse waarnemende direkteur-generaal (DG) van die departement van gesondheid, strafregtelik vervolg moet word vir finansiële wangedrag. Hy was waarnemende DG toe Digital Vibes aangestel is en verskeie betalings aan die maatskappy gemaak is.

Pillay het in ʼn brief aan die nasionale tesourie in Mei 2020, waarin hy toestemming versoek het om van die normale verkrygingsprosedures af te wyk, talle wesenlike wanvoorstellings aan die tesourie voorgelê in ʼn poging om goedkeuring te verkry om af te wyk van normale verkrygingsprosedures, is daar bevind. Volgens die SOE dui die getuienis wat ingewin is daarop dat hy bedrog in hierdie verband gepleeg het.

‘Mkhize het onbehoorlik gebaat by kontrak’

Dr. Zweli Mkhize en sy seun Dedani. (Foto: Twitter)

Rakende Mkhize se optrede is daar bevind dat hy onbehoorlik en selfs onwettig opgetree het deur, in sy hoedanigheid as uitvoerende gesag, in te meng in die aangeleenthede van die administratiewe gesag van die gesondheidsdepartement.

Die ondersoek het ook die volgende aan die lig gebring:

  • Digital Vibes het ʼn bedrag van R6 720 betaal vir herstelwerk aan ʼn eiendom wat aan Mkhize behoort.
  • Digital Vibes het R300 000 aan ʼn maatskappy betaal wat aan Mkhize se seun behoort.
  • Digital Vibes het ʼn bedrag van R160 000 aan ʼn motorhandelaar in Pietermaritzburg betaal vir die aankoop van ʼn tweedehandse motor (2003 Toyota Land Cruiser) vir Mkhize se seun.
  • Beduidende bedrae kontant is aan Mkhize se seun betaal deur middel van Digital Vibes wat elektroniese oordragte na kontant omgeskakel het.
  • Die departement van gesondheid het ten tyde van bogenoemde transaksies ongeveer R50 miljoen aan Digital Vibes oorbetaal vir dienste gelewer rakende die Covid-19-mediaveldtog.

Mkhize het tydens ʼn mediakonferensie in Mei vanjaar ontken dat hy of sy familie enigsins voordeel uit die Digital Vibes-kontrak getrek het. Volgens die SOE was die ontkenning dus onwaar aangesien die voormalige minister en sy seun direk voordeel uit die kontrak getrek het.

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Mkhize het in Januarie 2020 en Junie 2020 begrotings ten bedrae van R132 miljoen goedgekeur vir die NGV- en Covid-19-mediaveldtogte. Die begrotings is maande nadat die diensvlakooreenkoms tussen die gesondheidsdepartement en Digital Vibes onderteken is, eers goedgekeur. Volgens die SOE moes Mkhize ten minste sy kommer uitgespreek het oor die feit dat die begroting reeds toegeken is voordat dit goedgekeur is. Dit is volgens die SOE ook verbysterend dat Mkhize ondanks ʼn kabinetmemorandum, naamlik dat die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) die NGV-mediaveldtog sal hanteer, toegelaat het dat Digital Vibes hiervoor aangestel word. “Daar kan dus aangevoer word dat die minister opsetlik ʼn kabinetsbesluit verontagsaam het.”

Daar was ook ʼn duidelike gebrek aan toesig van die minister ten opsigte van die departement waarvoor hy aanspreeklik was. Dit is beklemtoon deur die feit dat twee kontrakte ter waarde van ongeveer R176 miljoen onder hoogs onreëlmatige omstandighede en in direkte konflik met voorskrifte vir openbare verkryging aangegaan is en die gesondheidsdepartement ongeveer R125 miljoen bestee het ten opsigte van die Covid-19-mediaveldtog onder omstandighede waarin ʼn kwotasie van slegs ongeveer R35 miljoen vir hierdie dienste goedgekeur is.

‘Digital Vibes as ʼn front gebruik’

Daar is verder bevind dat Tahera Mather en Naadhira Mitha bedrog gepleeg het deurdat hulle Digital Vibes as ʼn front gebruik het om te tender vir die NGV-mediaveldtog en dit weggesteek het omdat hulle nabye medewerkers was van Mkhize wat die NGV-kontrak toegeken het. Digital Vibes en Radha Hariram, eienaar van Digital Vibes, het volgens die SOE ook bedrog gepleeg deur as ʼn front vir Mather en Mitha te dien.

Die ondersoek het ook aan die lig gebring dat Digital Vibes glo nie maatskappybelasting verklaar en betaal het nie, asook nie die vereiste BTW aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betaal het nie.

Volgens die SOE ondersteun die bewyse wat hy gekry het die verwysing daarvan na pres. Ramaphosa met die doel om uitvoerende stappe teen Mkhize te doen. Daar is volgens die SOE ook genoeg bewyse vir dissiplinêre optrede teen verskeie beamptes in die gesondheidsdepartement en om Digitial Vibes op die swartlys te plaas sodat die maatskappy geensins weer sake met die regering kan doen nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Suzette ·

Wonder hoeveel geld hierdie ou nog gekry het NA sy bedanking?

JohanR ·

Wonder Suzette watter nuwe posisie die ou sal vul waaneer Digital Vibes stil geraak het. Jy kan moes nie ‘n ANC kader sonder ‘n jobbie he nie. Wag maar vir die hoof berig in die koerant “Mkhize appointed SA ambassador to the UN”.

Swerwer ·

Minister van Gesondheid wat veronderstel was om na die Gesondheidsorg van die land om te sien.
Weereens ‘n bewys dat die ANC nie bevoeg is om verder die land te regeer en bestuur nie. Wanneer gaan die President/ANC besef om die land terug te gee aan ‘n Bevoegde Regering wat die land moet red uit die gemors waarin ons nou is. Hulle kater liewer net voort.

Dries ·

Swerwer Dink jy regtig dit is moontlik dat Ramaphosa die land sal teruggee vir bevoegde mense. Hy is net so skelm. Waar dink jy kom sy miljarde vandaan.

koos10 ·

Jinne Dries, dink ek en jy nogal die selfde op dieselfde tyd.☺

koos10 ·

Swerwer, die president is 100% bewus wat aangaan. Hy weet dit ook so lank soos wat as wat hy in die regering sit. Jy sien hy VERKIES om NIKS te doen nie, want of hy is aandadig of hy beskerm sy tjommies.
Hy kan nie of sal nie die land weg gee nie (ek glo nie eers as die ANC ‘n verkiesing verloor nie) want dan bestaan die kanse dat ons nog tronke sal moet bou om al die koruptes toe te sluit.
Ek vra myself gereed af hoe hy aan al sy rykdom gekom het.
Ons het nogal gehoop dat hy die land op die regte koers sal lei, maar nee, hy is nie veel beter as sy voorganger nie! (Al verskil in my oë is dat hy kan Engels praat en kan tel.)

melaney ·

Koos10 My gewese baas het CR persoonlik geken. Jy sal geskok wees om te hoor waar hy sy geld vandaan gekry (en nou nog kry) het.

koos10 ·

melaney, ek glo nie ek kan geskok wees nie. Na sy Bossasa episode en sy versuim om teen korupte amptenare op te tree, glo ek dat die bronne van sy geld redelik verdag is.

Kokerboom ·

Geld en omkopery is Afrika se Achilleshiel en baie mense van Asiatiese afkoms weet om die kaarte met Afrika te speel

Misky ·

Okay, so wat nou? Is bankrekenings al gevries sodat soveel moontlik geld terug gekry kan word? Intussen leef hulle in weelde en spandeer ons geld.

SlinkseKoljander ·

So gaan hy nou tronk toe of alles teug betaal? Nee, niks sal gebeur nie want sy maatjies in die ANC sal hom beskerm.

Di ·

Hoop dat almal wat geld ontvang het dit terug betaal EN tronkstraf kry. As ‘n gewone landburger bedrog pleeg gaan hy tronk toe, hierdie reel moet vir ALMAL geld ongeag van jou status

Casper ·

Gelukkig gaan hulle nou tot verantwoording geroep word en nie een van hulle is oud of sieklik nie en kan dus verhoor word.Minister en seun in oranje pakkie.Ai te fraai

Perdeby ·

Ek sien baie karre en huise wat gevat gaan word so ook bankrek

JohanR ·

Net Zweli Mkhize en seun? President Cyril Ramaphosa’s son Andile says his company will save lives after it received R6m in funding to modify thousands of Gauteng taxis.
The modifications would allow the vehicles to comply with Covid-19 regulations.
The non-profit company SDI Force is fitting screens that will create a “driver-separation” capsule, window ventilators, sanitizer dispensers and changeable messaging boards in taxis. All these are aimed at preventing the spread of the coronavirus inside taxis, which are now allowed to carry passengers at 100% capacity for short-distance trips.

BOKKIEBEK ·

Dit maak my NAAR, as ek dink hoeveel geld beskikbaar gestel is aan die begin van die pandemie, en net ‘n fraksie daarvan is aangewend vir die regte redes…

Barney ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat sulke massiewe bedrae goedgekeur word vir mediaveldtogte. Is dit werklik nodig?

absoluut ·

ramapokker en sy hele anc gespuis is bekotsingswaardig verby

Hippi ·

As hy tronk toe gaan, gaan daar nog n’ Shabir/Zuma mediese parool wolhaar storie kom.

Blomme ·

Het hierdie mense regtig GEEN skaamte nie? Dit klink of hul in kompetisie is om te kyk wie die land eerste bankrot kan maak. Is dit waaroor die ‘struggle jare’ gegaan het? Kry vryheid sodat ons die land tot niet kan maak! ANC is die grootste verleentheid wat ooit met SA kon gebeur het!

Persheks Adri ·

Kom Cyril laat ons sien of jy regtig ernstig is oor korrupsie met jou kaders! Ek hou egter nie asem op nie, want ons weet mos jy “cover” vir hulle

Nozi ·

Digital Vibes mag nie meer sake met die regering doen nie. Hehehehe …. hul gaan net terug kom onder ‘n ander naam en almal in die regering gaan dit weet. Ja, die bekers loop al oor maar die regering en sy gevolg skep nog steeds. LOL

Marius ·

Wat n pot snot niks sal gebeur ek weet van mense wat geute doen vir regering in n jaar bly hy in n estate en nuwe bmw cope ingevoer

Jack ·

Die vraag wat by my opkom as ek die gemors lees is: Wie in die diens van die staat en hul vertakkings kan jy vertrou. As jy anc is moet jy korrup wees anders pas jy nie die profiel nie. So vind eers uit of iemand anc is voordat jy oor geld praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.