Diko nie meer Ramaphosa-woordvoerder ná tugproses

Pres. Cyril Ramaphosa en Khusela Diko. (Foto: GCIS)

Die tugproses teen Khusela Diko is afgehandel en sy sal nie weer as pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder dien nie.

Diko is sedert Julie verlede jaar met spesiale verlof nadat sy en haar man hulself midde-in ʼn storm oor die toekenning van ʼn Covid-19-tender bevind het. Diko se man, koning Madzikane Diko II, is in Februarie in ʼn hospitaal in Oos-Londen ná ʼn kort siekte dood. Hy was 43 jaar oud.

Daar is ʼn tugproses teen Diko begin vir haar versuim om haar belange in sekere maatskappye bekend te maak soos vereis deur staatsdiensregulasies oor die bekendmaking van finansiële belange.

Die presidensie het Dinsdagaand aangekondig die tugproses teen Diko is afgehandel en dat sy ʼn skriftelike waarskuwing ontvang het.

“Die optrede van die presidensie se bestuur is in ooreenstemming met ʼn aanbeveling van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) dat Diko gedissiplineer word omdat sy nie sekere belange bekend gemaak het nie,” het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, gesê.

Diko, wat tans met kraamverlof is, sal volgens die presidensie wel terugkeer na ʼn ander posisie in die staatsdiens. Tyrone Seale sal voortgaan as waarnemende woordvoerder vir die president.

Die omstredenheid rakende Diko het verband gehou met ʼn tender van R125 miljoen wat die Gautengse gesondheidsdepartement vir persoonlike beskermende toerusting aan haar man se maatskappy Royal Bhaca Projects toegeken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

casper ·

Dit is darem lekker ne.
Slaan munt uit bedrog en dan is jou straf om op volle betaling nie werk toe te kom nie !!
Net in Afrika !!

Nie Verbaas ·

Terugkeer na n ander posisie in die staatsdiens. Hoe lekker is dit nie. Sy sal seker nou n pos as n diplomaat in n ander land kry. Kyk, as mens ruggraatloos is is daar geen salf aan te smeer nie. As sy wit was was sy op straat. En waar is die R125mil?

Pieter ·

En wat nou van die ondersoek na die tender wat toegeken is? Haar man is oorlede en sy het ‘n skriftelike waarskuwing ontvang, en dit is waar dit eindig….?

Hennie J ·

Soms kan wenkbroue lig en vraagtekens op die gesig verskyn maar om jou siel te versondig deur vrae te stel, is plain net stupid. Al wat duidelik is ,is dat hulle maak en breek soos hulle wil en te hel met wat logika en common sense verteenwoordig. Sela

Tiptol ·

Belaglike spul. Die straf is net so korrup soos die misdaad.

Persheks Adri ·

Is dit ‘n straf vir so baie bedrog? Viva ANC viva!!! As hulle my vingertaal kon lees darem!

Steve ·

Skriftelike waarskuwing? Dis so duidelik dat CR geen korrupsie veg nie. Hy is direk en indirek besoedel

Ian ·

Agnee wat julle maak n bespotting van die land. Die ANC kan maar net nie hulle hande afhou van staats geld nie en selfverryking lyk of dit nou nog erger is en die beste is aanmekaar etlike miljoene… en dan n skriftelike waarskuwing vir openilke immorele transaksies regtig????

Hennie ·

Wat ‘n grap! Minder as ‘n tik oor die vingers vir miljoene se bedrog! ANC is ‘n spul slapg*tte!

Kobus ·

En so moet ons die agbare president glo as hy se hy het ‘n streep in die sand getrek en “watch this space” Leuenaar!

Dup ·

Die vrot appel gaan dus na ñ ander boks goeie appels oorgeplaas word.So word die hoogs aansteeklike korrupsie virus lewendig gehou.Hierdie mense se grootste skande is dat hulle uitgevang is en nie die feit dat hulle korrup is nie.

Snowball ·

Cyril slaan ‘n slag in die uitroei van korrupsie. Soos ‘n slak wat oor ‘n lemmetjie seil – slymerig versigtig en o so stadig om homself nie te beseer nie, want dálk word die lemmetjie so stomp.

Schalk ·

Dit is seker een van die min lande in die wereld waar jy ‘n kriminele rekord het of kry en jy werk in die staatsdiens. ‘n Gewone werker met ‘n kriminele rekord sal nooit eers in aanmerking kom by plekke soos myne , banke ens.

Pieter ·

Ons moet die sleg anc se geld kraan toe maak dit gaan lekker met ons belasting geld. In die privaat sektor sou jy nie n sent gekry het nie.

Ria ·

Die nan wat korrupsie sal stop. Stel sy korrupte PA weer aan, net in n ander posisie. Wat se boodskap stuur dit uit. Huh??? Julle ANC sal nooit verander nie. Julle magsbeheptheid en vraatsug na totale oorheersing en finansiële gewin, maak julle blind. Die Titanic is besig om te sink en julle is te onnosel om dit te sien

JohanR ·

Soe is sy nou SA ambassadeur na die Nederland? Jy kan NIE laat ‘n kader sonder werk sit nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.