‘Dinamiese skoolhoof’ doodgeskiet

Umyezo Wama Apile High School in Grabouw Foto: Facebook)

Die skoolhoof van ʼn hoërskool in die Wes-Kaap is Vrydag doodgeskiet.

Debbie Schäfer, die provinsiale LUR vir onderwys, het haar skok uitgespreek ná die moord op die 46-jarige Zameka Mfubesi, skoolhoof van die Umyezo Wama Apile High School in Grabouw.

“Mfubesi word deur haar kollegas as ʼn ‘dinamiese skoolhoof’ en ‘ʼn pragtige persoon’ beskryf. Dit is ʼn geweldige verlies vir haar skool en vir die Wes-Kaapse departement van onderwys.”

Schäfer het daarop gewys dat die moord op Mfubesi plaasgevind het te midde van ʼn jaar waartydens die waarde en leierskap van skoolhoofde en onderwysers na vore gekom het weens hulle hantering van die uitwerking van die Covid-19-pandemie op skole.

“Om een ​​van hulle op dié manier te verloor, is hartverskeurend.”

Volgens Schäfer het die departement Vrydag traumaberaders na Mfubesi se skool gestuur om die skoolgemeenskap in dié tyd by te staan.

Die presiese omstandighede rakende die moord is in dié stadium nog onduidelik.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het wel aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is egter nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cornelius ·

“Die polisie ondersoek wel n saak van moord”. Ek sal so hoop.

Santie Gildenhuys ·

Ai, daar sal vir seker meer projekte geloods moet word om mense te leer hoe om uitermatige woede en teleurstellling te hanteer. Om iemand se lewe te neem, is om heeltemal te oorreageer. Somtyds gaan dit oor ietsie gering soos ‘n gekweste ego. En dan is die reperkussies van die onsinnige daad absoluut vernietigend vir die slagoffer se binnekring en selfs veel wyer. Die dader sal moetl leer dink aan die gevolge van sy/haar wandaad. Dit moet só erg wees dat hy/sy in sy spore halt. Betyds.

Jakes ·

En so word die hoof net nog n statistiek van sinnelose moorde wat ongeveer elke 30 minute in SA plaasvind. N moordadige land waar n lewe waardeloos geword het. Wat n skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.