Dinge het ‘verskriklik’ verkeerd geloop – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa sit Donderdag sy getuienis voor die kommissie voort. (Foto: Themba Hadebe/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag, tydens sy getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping, dikwels in breë of vae trekke geantwoord, maar het wel toegegee dat “dinge verskriklik skeefgeloop het”.

“Ons is hier om saam met almal te werk om dit reg te stel en ons doen dit met nederigheid en deur ons koppe te laat sak.

“Ons kan nie weghardloop nie. Ons moet korrupsie en staatskaping konfronteer en dit hanteer. Dit is hoekom ek hier sit,” het Ramaphosa gesê.

Met verwysing na aanstellings en afdankings by onder andere Denel, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Eskom en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het adv. Paul Pretorius, getuienisleier, dit aan Ramaphosa gestel dat daar ʼn gemeenskaplike draad is wat daardeur loop en dat dit verbind word met die definisie van patronaatskap.

“Wat het aangegaan? Wat was jou kennis hiervan?” het Pretorius aan Ramaphosa gevra.

Volgens die president, wat Woensdag in sy hoedanigheid as president van die ANC getuig het, sou daar egter na elkeen van die gevalle se spesifieke meriete gekyk moet word. Hy het getuig dat dinge voortaan anders gedoen moet word en dat diegene wat nie geskik vir ʼn pos is nie, nie aangestel kan word nie.

Volgens Ramaphosa sou die ANC se ontplooiingskomitee egter talle van die genoemde aanstellings nie hanteer het nie.

Pretorius het ook aan Ramaphosa gesê daar was bewerings dat sekere aanstellings gedoen is wat eintlik ʼn ander doel voor oë gehad het – en het hom gevra of hy daarvan geweet het.

Die president het gesê sommige van die kwessies het eers mettertyd aan die lig gekom, maar wanneer teruggekyk word, jy sou kon sien dat daar fout was.

Ramaphosa het ook herhaal dat die ANC nie wetende geld van bevlekte hande sou ontvang nie. Hy het weer gesê dit kon moontlik eers later aan die lig gekom dat ʼn skenker moontlik by ongerymdhede betrokke is.

Pretorius het onder andere verwys na die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa, wat swaar gesteun het op regeringskontrakte, en hoe die ANC voordele van die maatskappy ontvang het sonder dat ʼn deeglike ondersoek daarna gedoen is.

“Dit het gebeur,” het Ramaphosa geantwoord en daarna gesê daar moet gefokus word op wat gedoen kan word om ʼn herhaling van gebeure in die toekoms te voorkom.

Ramaphosa sê die wetgewing oor die finansiering van politieke partye gaan deursigtigheid verseker en ʼn beperking op die bedrag geld wat geskenk mag word, gaan beteken ʼn entiteit het nie oorweldigende beheer oor ʼn party nie.

“In hierdie geval het dit wel gebeur, daar kan nie weggehardloop word daarvan nie. Bosasa het ʼn kontrak met die regering gehad, dit het ʼn ANC-verkiesingskantoor gefinansier.

Ramaphosa sê ook tensy ʼn strafsaak aanhangig gemaak word, daar eerder gewerk moet word aan maniere om ʼn herhaling van gebeure te voorkom.

Hy het toegegee dat die ANC moes geweet het van die probleme, maar dat dit ʼn kwessie is wat hy sal aanroer wanneer hy later weer getuig.

Ramaphosa hervat sy getuienis Donderdagoggend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dup ·

Intussen het die kaders miljoene laat verdwyn en hulle gaan absoluut niks oorkom nie!

Sambok ·

Tipies-vae antwoorde en sinspeel dat ons moet vergeet wat gebeur het en daaruit leer dat dit nie weer gebeur nie-Ga ,dis om van naar te word

ᛄᚪᚾ ·

JA, ons moet asb vergeet van die plundering en daaruit leer, maar nie van apartheid nie. Nee, apartheid en witmense moet maar virewig die skuld kry vir alles wat skeefloop.

Cherokee ·

Dit klink asof hy net wou praat oor wat gedoen moet word, maar nie oor wat gedoen is nie.

Dries ·

Dinge het verskriklik verkeerd geloop. ONDER WIE ????. Waar was jy Ceril. Ag nee moet ons dit net so aanvaar. Doen ons n guns en roep n verkiesing uit asb

Johann ·

Siende krieket in SA ook aan n draadhie hang is dit seker gapas dat hy vir sy eie wickets keer? Mag dalk…kon dalk…is dalk…MAAR ons is nie verkeerd nie en BESLIS nie verandwoordbaar nie. Volgende keer GAAN ONS NIE UUTGEVANG WORD NIE!

LEUNAAR. IN YOUR FACE!!!! LIAR LIAR LIAR!

Persheks Adri ·

Ja Cyril ek sou ook my kop in skaamte laat sak het as ek jy was! Ploeg die geld terug man julle sit met miljoene rande en ons sakke is leeg hoor. Grootste ramp ooit dat julle in beheer is pffft

Pieter ·

Vertel ons iets wat ons nie weet nie as ek julle sien wil ek op gooi.

JM ·

Gooi lekker jakkalsdraaie en probeer hom uit die gemors praat. Hy het goed geweet wat aan die gang was. Pleit onskuldig en nou is alles maar reg.

MakersMark ·

Ag jitte-is dit die beste wat hy kan doen? En in al die tyd as vise president het hy nie die vaagste benul gehad van al die verkeerde dinge nie ?

Mariana ·

Niks wat die ANC nou doen kan dit regstel nie, behalwe om hulself te verwyder uit parlement. Hulle het hierdie land onherstelbare skade aangerig.

Pieter ·

Die oplossing is verwyder die kriminele ANC/EFF/BLF met hul stem vee. ‘n Nuwe besem sal die spelreëls beter verstaan en nie so die land en werkers te na kom nie. Anders gaan dit tog weer herhaal word, want dit is al hoe hulle kan oorleef.

annie ·

Die hele idee van die kommissie is om dit wat verkeerd geloop het oop te vlek, nie om reklame te laat doen vir die komende verkiesing rondom wat beplan is om landsake te verbeter nie. Cyril se baksel verbrande koekies smeer hy met pienk versiersel en strooi duisend en soveelste sweeties dik oor; sweet, sweet nothings. Eet regter eet…

Johann ·

Tipies iemand wat JAMMER IS hys uitgevang. Weet al van 2011 af van die vergrype…lekker saam geskep en weggesteek. Hoe anders word jy n miljarder in Afrika?

gpsa ·

Hy was adjunk president. Hy was nommer 1 persoon wat Zuma moes stop en het nooit ‘n woord gesê nie. Daardeur het hy die grondwet oortree en is net so skuldig soos sy voormalige president.

Steve ·

Ek kon myself 3 minute straf met die gemors wat die ou kwytraak. Wat n totale mislukking is hy nie? Ek homself verryk sonder om n vinger te lig

Phil ·

As dinge “verskriklik skeefgeloop” het in die ou suid-afrika het die koppe gerol. Die grootste kop eerste. Nou is dit baie praat en min gevolge.
Die sous trein loop flink.

Casper ·

Hierdie verval by staatsentiteite het gekom na die bekwame blanke mense uitgewerk is en daar toe op plundertogte gegaan is deur our people.Denel se krygkor was een van die wêreld se voorste wapentuig vervaardigers nou kan hulle nie eers ‘n papiervliegtuig maak nie.PMP het oorgenoeg ammunisie vervaardig en dit was goedkoper as ingevoerde ammunisie.Sonchem het kruit vervaardig vir alle kaliber wapens.Denel is tegnies bankrupt a g v vergrype deur our people.de Reyter word van rassisme beskuldig om hom uit te werk dan kan our people weer plunder.

Nozi ·

Nou wat nou, is hy daar om oplossings vir hul gulsigheid te probeer kry of is hy daar om te erken hul het die hele SA se geldkas geplunder. Wat se hy nou eintlik, ag kom ons vergeet van als en van nou af gaan ons dit so doen. Ek voel sommer naar as ek hul hoor.

wessel ·

presidensieël? klink meer na ‘n graad vyf leerling wat sy “les opsê”….

Willem ·

Dis net blah blah blah blah…. die lippe beweeg, en daar kom wel geluide uit, maar niks nuut nie. Nee wat, die man wat homself president noem se hysbak gaan ook maar nie tot by die boonste vloer nie! Probeer altyd dinge mooi toedraai dat die idiote elke keer daarvoor val, maar dan doen hulle presies die teenoorgestelde.

Karina ·

Ramaphosa, jy is die President, dit het onder Zuma se heerskappy begin, en jy het absoluut niks daaromtrent gedoen nie. Jy het Suid Afrika belowe die fondse vir Covid sal noukeurig dopgehou word, wat nie gedoen is nie. Skaam jou, laat sak jou kop. Jy moet op jou kniee gaan en God vra vir vergifnis en Hom aanneem en Godsdiens weer terug bring in Skole en die Staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.