‘Dinge was nie reg’ by HS Jan Viljoen

Die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein. (Foto: Google)

Die span wat ondersoek moes instel ná die sogenaamde rasgedrewe voorval by die Hoërskool Jan Viljoen in Februarie, het Dinsdag terugvoer in dié verband aan ouers gegee.

“Dinge was nie reg by die skool nie,” het Luke Enslin, senior ondersoeker van Mike Bolhuis se private ondersoekdiens Specialised Security Services, vanmiddag gesê oor die voorval wat hom op 11 Februarie by die Randfonteinse skool afgespeel het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn bakleiery het dié dag tussen ʼn wit en ʼn bruin leerder uitgebreek wat tot verdere botsings gelei het. Dreigemente en beskuldigings van rassisme is tydens onderonsies tussen wit, bruin en swart leerders teenoor mekaar sowel as teen die skool se beheerliggaam gemaak.

Die beheerliggaam het Specialised Security Services ná die voorval genader om die voorval te ondersoek. Dié ondersoekdiens het reeds drie weke gelede sy verslag by die Gautengse departement van onderwys ingedien.

Die departement wag egter nog op ’n verslag van die Menseregtekommissie (MRK).

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het vanmiddag gesê sy departement sal dié verslag met ontvangs by die verslag van Specialised Security Services voeg en dan oor die pad vorentoe besluit.

Luidens Specialised Security Services se verslag het ʼn party wat onafhanklik is van die Hoërskool Jan Viljoen en sy bedrywighede glo ʼn hand daarin gehad om ʼn gewelddadige onderonsie tussen leerders aan te vuur.

Die ondersoekdiens het tydens sy ondersoek ʼn buiteparty geïdentifiseer “wat vooraf daartoe bygedra het om leerders by die skool te beïnvloed en om wrywing en chaos te veroorsaak”.

Die party se optrede was glo doelbewus. Die party se identiteit is egter tot op hede nog nie bekend gemaak nie.

Die verslag kan nie in die stadium nie aan ouers en leerders oorhandig word nie aangesien die derde party in die verslag geïdentifiseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco ·

Die vraag is, as die party nou skuldig bevind word, gaan hulle ook van rassisme aangekla word? Ek sal nie my asem op hou nie…….

Hasie ·

Raai raai riepa ….die kleur rooi is deel van die Antwoord ..

May10 ·

Hulle was daai dag by die skool, ek is amper seker dit is hulle.

Marius ·

Oral waar die regering hul glibberige vingers in het is dinge nie lekker nie.

Robbie ·

Ek wonder waarom noem hulle dit die Menseregtekommissie in plaas van die Swartregtekommissie of Heksejagkommissie.

Frank ·

Misverstand want die afkorting MRK staan eintlik vir moewiese rassistiewe kommissie, behalwe dat ek maar moewiese ipv meer gepaste woord gebruik het

Lillian ·

Dit gaan interessant wees om te weet wie die aanhitser/s is …

Deon ·

Lesufi wil sy eie weergawe skryf…. Watter ondersoeke doen die mrk? En waarom vat hulle soveel langer as die ander span om hulle ondersoek af te handel, gaan hulle die verslag kook? Het die mrk opgeleide beamptes om gehalte ondersoeke van hierdie tipe sake te doen? Indien hulle ernstig was dan sou die strooi al na n punt se kant toe gestaan het…. Dit is so verdomp jammer dat politiek so groot deel van n skoolkind se lewe geword het.

Andrew ·

Die mrk sit nou eintlik in die verleentheid en moet n verslag saamstel wat gewoonlik jare sou neem. So hulle gaan gou n copy past moet doen.

Jack ·

In die area moet ons nie verbaas wees as dit nie n rooi pet is nie.

Buks ·

Elke jaar n rasse voorval iewers en dit maak wereld nuu. Om die swartes op te sweep en die wittes te laat skuldig voel. Klein stories om die land te verdeel.

Julius ·

Die kultuur verskille is te groot om kinders saam skool te laat gaan. Daar sal altyd rassespanning wees.

Jacobus ·

Duidelik hou Lesufi nie van verslag se inhoud anders sou hy die al van die hoogtes af getropetteer het. Hy is ook by die nuwe skolewet betrokke – deel van wêreldwye dumbing down veldtog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.