Diplomaat beskadig glo ook nog ’n blyplek

Naledi Pandor. (Foto: DIRCO/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse diplomaat wat groot skade aan ’n huurwoonstel in Wene, Oostenryk, aangerig het, het glo ook sy blyplek in Indië beskadig en nog nie daarvoor betaal nie.

Die DA het ’n beroep op Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gedoen om David Kweli Nkosi af te dank en die geld te verhaal wat die departement bestee het in verband met die skade aan sy blyplekke.

Nkosi het die gemeubileerde woonstel in Wene verlede jaar glo in só ’n beskadigde toestand gelos dat dit €42 000 (nagenoeg R714 000) gaan kos om die woonstel op te knap en die skade te herstel.

Pandor het intussen in antwoord op geskrewe parlementêre vrae van DA-LP Darren Bergman bevestig dat daar al voorheen soortgelyke aantygings teen Nkosi was toe hy in Indië ontplooi was.

Die verhuurder in Nieu-Delhi het ’n verslag ingedien waarvolgens skade van sowat R53 000 aan sy eiendom aangerig is. Die departement het vir dié skade betaal en Nkosi is nooit versoek om die geld terug te betaal nie. Volgens Pandor is ’n e-pos intussen op 14 Mei aan Nkosi gestuur in ’n poging om die geld te verhaal.

Rakende die skade wat aan die woonstel in Wene aangerig is, het Pandor gesê die departement is deur die ambassade in Wene ingelig dat geen reëlings getref is om die skadevergoeding te betaal nie aangesien hulle nie met die eienaar se eise saamstem nie. Sy het gesê ’n versoek vir ’n regsopinie is ingedien.

Volgens Bergman het diplomasie ten doel om verhoudings en respek met ander lande te bou, maar voorvalle soos dié in Oostenryk het die teenoorgestelde uitwerking.

“Dit is nie net onaanvaarbaar dat hierdie amptenaar weer ontplooi is nadat hy Suid-Afrika se naam deur die modder gesleep het nie, maar ook dat geen poging blykbaar aangewend is om die R767 612 te verhaal wat hy die departement weens sy skadelike gedrag gekos het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elize

Hy wou dit seker in ‘n kaia verander het

LANA is ELANè

Lekker man, dit is mos hoe “baantjies vir boeties lyk”, en die belastingbetaler is mos maar daar om vir die tipe gedrag te hoes. SKANDE!!

Blikke

Karakter stempel behoorlik afgedruk!!!

Misky

Hulle (ja, hy is nie die enigste nie) is ‘n skande vir ons land. Wonder of hulle weet wat die woord “ambassadeur” beteken? Skandelik!!! Dank hom af en verhaal al die geld van hom. Wat van die skade wat hy aan ons naam aanrig en hoe verhaal mens dit ooit?

Madz

“…. in ‘n POGING om die geld te verhaal…..??!!!” REGTIG!!!!