Diplomatieke immuniteit kan Poetin nie teen lasbrief beskerm

Die Russiese president Wladimir Poetin (Foto: Mikhail Klimentyev / SPUTNIK / AFP)

Geen mens vir wie daar ʼn lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik is, sal ingevolge die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte beskerming geniet nie – en dit sluit die Russiese president Wladimir Poetin in.

Só het die departement van internasionale betrekkinge (Dirco) gesê nadat verwarring ontstaan het oor ʼn kennisgewing in die Staatskoerant oor diplomatieke immuniteit en voorregte aan amptenare wat vandeesweek ʼn vergadering van Brics- ministers van buitelandse sake in Kaapstad bywoon.

Dit geld ook lede wat die Brics-beraad in Augustus in Johannesburg gaan bywoon – onder andere Poetin.

Emma Louise Powell, die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, sê dié verklaring deur Dirco beteken dat die lasbrief wat vroeër vanjaar deur die Internasionale Strafhof vir Poetin se inhegtenisneming vir beweerde oorlogsmisdade in sy stryd teen Oekraïne uitgereik is, ook in Suid-Afrika van krag bly.

Die party doen nou ʼn beroep op Dirco om sy amptelike verklaring deur te voer en die Russiese regering, deur sy ambassade in Pretoria, in kennis te stel dat die Suid-Afrikaanse regering die bevel sal afdwing, sou Poetin die beraad bywoon.

Maroela Media het vroeër berig dat die DA reeds met regstappe begin het om die Rus se inhegtenisneming hier af te dwing.

Die party het Dinsdag ʼn aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien nadat die regering glo by twee geleenthede versuim het om te bevestig dat hy sy wetlike verpliting sal nakom deur die Internasionale Strafhof se lasbrief te eerbiedig.

Dit is iets wat die regering vantevore versuim het om te doen deur nie die voormalige Soendannese president Omar Al-Basjir in hegtenis te neem nie toe hy ʼn geleentheid in die land bygewoon het.

Die regering het toe aangevoer dat hy Al-Basjir nie inhegtenis geneem het nie omdat hy immuniteit as staatshoof sou geniet het.

Die hooggeregshof en die appèlhof het hierdie argument verwerp en bevind dat die regering inderdaad onregmatig opgetree het.

Die DA eis nou ʼn verklarende hofbevel om te verseker daar is geen wetlike onduidelikheid nie oor die prosedure wat gevolg moet word en die verpligting wat op die staat geplaas word, sou Poetin sy voete in Suid-Afrika sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Samuel ·

Die kaders sal wel ‘n manier vind om die internasionale wet te omseil en hulle steur hulle beslis nie aan SA se hofuitsprake in ‘n soortgelyke geval nie.

Stoffeltjie ·

Ek dink as daar ‘n meningspeiling gehou moet word by alle Suid Afrikaners oor hul gevoel is hy wraggies nie welkom nie. NIEMAND wil hom hier hê of enigsins betrokke raak in Rusland se vuil wasgoed nie. Soos gewoonlik minag die regering sy belastingbetalers.

Gaitsigubib ·

Ek sou graag wou sien waarom jy die aanname maak dat Putin nie welkom is nie terwyl die meerderheid ( ANC) sy besoek steun. Blykbaar mag ek nie vra nie…

Eugene ·

Soos onse ou julius gese het “I will escort putin” asb sluit hom sommer saam toe vir misdade teen die mensdom.

domheks ·

Naledi Pandor – hoop jy neem kennis. Jou vriend is nie welkom in SA nie, al het hy jou wat ookal betaal.

annie ·

Ek skaam my vir die spul Jode wat die Russiese leier in hegtenis wil laat neem; Russe wat die Jode uit strafkampe bevry het waar Duitsers hul mishandel het. Die DA is dus eerstens meer behep met Zelensky se presidentskap in ‘n ou deel van Rusland. Geen dankbaarheid. En oorbetrokkebander lande se sake…

Jan ·

Vreemd hoe Afrikaners nog in die paradigma van Rusland as die rooi gevaar vasgevang is. Die oorlog in Ukraine is ‘n geopolitieke stryd tussen Amerika met sy globalistiese aanslag teen Rusland wat nasie state se outonome reg erken en voorstaan. Dus ‘n wêreld orde wat nie deur een land VSA gedikteer word nie.

Johann ·

Dit sal fantasties wees – maar kan ‘n staatshoof wat verhoed dat hy ge-arresteer word nie ook ge-arresteer word nie?

Willie ·

Ag, as die DA en al die pro-arresteerders vir ‘n oomblik dink dat die magtige Rusland enigsins sal toelaat dat hul president arresteer word deur ‘n agtertangse regeringtjie, op gesag van ‘n hof wat nie eers deur die meerderheid van wêreldlande erken word nie, wag ‘n geweldige ontnugtering op hulle en hul NWO meesters.

Faan ·

Ek stem beslis nie saam met die DA se siening nie . Gaan kyk na die kamstige “misdaad”. Kinders uit n oorlogzone verwyder en versorg!!! EN weer teruggebring nadat die gevegte gestop is. Dit verdien ‘n medalje maar die Westerse propaganda sal dit beslis nie vertel nie. Die Strafhof is niks andres as n propaganda masjien vir die Weste nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Na WO 2 het Afrikaners ook Duitse weeskinders na Suid Afrika gebring om hier aangeneem te word. Was dit ook oorlogmisdade?

STEVE ·

Arresteer eerder die korrupte kaders in ons land voor julle te veel “worry” oor die Russe. Wat gaan dit SA baat om Putin te arresteer?

Republikein in die Wes Kaap ·

Helen Zille en John Steenhuisen gaan tee drink by Biden en die Nobelprys ontvang.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie hool is nie meer “ons” land nie. “Ons” is landloos.

Gaitsigubib ·

Ag nee man Rep jy is vrek negatief. Grond behoort in elk geval mos nie ons nie. God het dit net aan ons geleen. Toegegee ons het n gemors daarvan gemaak, maar jy sal nog sien hoe ons ons wonde d.m.v geloof gaan herstel. Hou moed.

john ·

Hoe kan hulle verwag SA moet. putin in hegtenis neem n staatshoof die laaste wat SA nodig het is n oorlog met Rusland. Die oorlog het niks met ons te doen nie en ook nie die sogenaamde trumped up charges van die weste teen Putin.

Matmiet ·

Dit is ongelooflik om te sien hoeveel tyd en geld die ANC daaraan spandeer om internasionale wette te omseil omdat dit hulle bron van inkomste in gedrang bring, eerder as om al daai aandag te gee daaraan om Suid Afrika te verbeter soos hulle moet. Hierdie houding teenoor Putin gaan SA nog lank byt en dan gaa ndie kaders weer kla oor onregverdige behandeling en rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.