Dipuo Peters bedank as LP

Dipuo Peters, voormalige minister van vervoer. Foto: GCIS

Dipuo Peters, die voormalige minister van vervoer, het as ANC-LP bedank.

Peters is verlede week tydens pres. Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling met Joe Maswanganyi vervang.

Die parlement het in ‘n verklaring bevestig Peters se bedanking is reeds van 31 Maart van krag.

Maswanganyi is die voormalige LUR vir sport, kuns en kultuur in Limpopo.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Peters se bedanking as dapper beskryf. Hy het ander ANC-LP’s aangemoedig om dieselfde te doen.

Dit was egter nie onmiddellik duidelik hoekom Peters besluit het om as ANC-LP te bedank nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AL ·

Ek het nogal van haar gehou met haar komieklike uitsprake.
Gaan Ramaphoza se politieke loopbaan n vroeë dood sterf nadat ANC besluit het dat Zuma moet aanbly tot 2019?

Gerrit ·

Daar gaan nog hardloop. Die fonteintjie is besig om op re droog

MissDemeanor ·

Ek sien dit as n gebaar. As die “vote of no confidence” bepaal dat Zuma moet uit. Dan verloor sy hele kabinet ook hul werk. Sy wys vir die ander (uit my oogpunt) dat dit beter is om sonder n werk te wees as wat dit is om vir Zuma te werk…

Genieve ·

Jinne sy voel seker verneder deur Zuma,ja ek stem die ander moes ook bedank het.

wraggies ·

Sy het basies zero gedoen maar daar is nog wat daar sit wat selfs minder gedoen en/of ‘n groter gemors gemaak het terwyl hulle in luukse lewe.

Tilla ·

Elke keer wat ek haar op Kyknet nuus gesien het, het sy Afrikaans gepraat. Sy wou seker nie saamspeel nie…daai hoof v prasa mos gefire en ondersoek vir korrupsie of wat ook al….
En die main peanut sit soos warm kougom in n ponytail….hy gaan nie waai nie….sy sakke is te diep….daar is plek vir nog…..

Justice ·

`n Uiters swak Minister van Vervoer – net soos haar 2 voorgangers. `n Departement vrot van korrupsie, loongunse, vervalsings en absoluut geen beheer – sommige afdelingshoofde skryf op die koop sommer hul eie R5m plus P/J salaris tjeks sonder dat die minister eens daarvan geweet het.

Nico ·

Plaas bly sy eerder en stem teen Zuma in ‘n mosie van wantroue. Sy kon altyd daarná bedank het.

Reti ·

Ek dink ook nogal sy wil nie teen hom stem nie. Bedank liewer.

Bertus J van Vuuren ·

Ek hoop daar is nog meer wat dit gaan doen. Dankie vir die moed van oortuig g me Peters.

Du Toit Maritz ·

Dit wys jou daar is goeie nuus ook. Ek was skaam om ‘n Suid-Afrikaner te wees elke elke keer as sy iets kwytgeraak het. Daardie ou wat buskruit uitgevind het – dit was nie sy nie ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.