Dirco steek finansiële hoof in pad

(Argieffoto: Wikimedia Commons)

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het sy finansiële hoof, Caiphus Ramashau, die trekpas gegee nadat hy vroeër vanjaar reeds voorlopig geskors is.

Dirco sê in ʼn verklaring die besluit volg op die afhandeling van die tugsaak teen Ramashau oor die omstrede aankoop van ʼn stuk grond in New York wat vir kantore en verblyf van Suid-Afrikaanse diplomate by die Verenigde Nasies en die konsulaat in die stad ontwikkel sou word.

Belastinggeld van sowat R118 miljoen is bestee om ʼn onbeboude stuk grond in New York te koop, maar tydens ʼn oorsigbesoek van die betrokke parlementêre portefeuljekomitee aan die perseel is hulle deur ʼn vervalle gebou begroet.

Ramashau se afdanking volg op dié van direkteur-generaal Kgabo Mahoai. Mahoai is verlede maand in die pad gesteek nadat ʼn tugkomitee bevind het Mahoai het die betaling sonder die toestemming van die tesourie goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Ag asb julle brein dood anc gaan hom nou n menisters pos iewers aan bied.

Kokerboom ·

En die roekelose kaderaanstellings hou net aan en aan!!!Besef die skepsels wat is die waarde en ekonomie van geld????Wanneer gaan aanvaarding van aanspreeklikheid vir roekelose optredes deel vorm van senior posisies? Wat DOEN u hieromtrent mnr Ramaphosa??

Samuel ·

Oral is daar ekonomiese wanbestuur. Dit lyk ook asof dit nie ernstige gevolge inhou nie. Eerder bevordering. En CR slaap rustig.

Hennie J ·

Nou is hy en sy baas albei in die pad gesteek (baie swak beskrywing van wat met hulle gebeur het). Wat van die miljoene wat hulle vermors het of is dit net n bysaak vir tannie Pandor en haar kaders?

Piet parys ·

Alles wat hy besit moet verkoop word asook sy pensioen op beslag gele word om kostes te dek en dan gaan maak hy potholes reg vir sy daaglikse brood

JM ·

En die land word regeer deur kriminele!! Gaan dit ooit verander?

Dup ·

Hoekom is ek geensins verbaas nie? Die persone verantwoordelik vir dié genié se aanstelling moet dan ook afbetaal word.Maar ons weet mos dit gaan nie gebeur nie en Mnr Ramashau sal weer êrens in ñ senior pos aangestel word.

Grassie ·

Wanneer daar so ‘n buitensporige transaksie aangegaan word moet daar iewers ‘n gunsloon (kick back) wees. Om iemand net af te dank is bloot net toesmeerdery. Ek is seker die FBI sal gewillig wees om die aangeleentheid in Amerika te ondersoek indien hulle gevra word. Maar nee, die kaders stap met ‘n klomp geld weg. En ou Sirrel vertel met ‘n vroom gesig op TV hoe korrupsie onder sy beheer vasgevat gaan word.

Blikkies ·

En hulle is slegs geskors, seker met volle betaling en voordele….

Di ·

Geen wonder die land is bankkrot nie! Goeie genade, die ANC kaders roei die land letterlik uit met al die korrupsie. Wens die hele klomp wil hulle goed vat en gaan! Die land was nog nooit in SO toestand soos nou, vuil, vervalle, bankkrot en ‘n rioolplaas. Dit is duidelik soos daglig dat hulle GEEN idee het wat dit behels om ‘n land te regeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.