Direksielid van WP Atletiek vermis

Allen Barnes (Foto: Facebook)

Allen Barnes, ’n direksielid van die Westelike Provinsie-atletiekvereniging, word sedert Saterdagoggend vermis. Barnes het spoorloos verdwyn op pad na ’n atletiekbyeenkoms.

Jakes Jacobs, president van WP Atletiek, het Barnes se verdwyning aan Maroela Media bevestig.

Luidens inligting beskikbaar het Barnes sy huis in Edgemead, ’n voorstad van Kaapstad, omstreeks 03:30 verlaat om ’n atletiekbyeenkoms in Strandfontein by te woon. Barnes het egter nooit vir die byeenkoms, wat hy organiseer het, opgedaag nie.

Hy het ten tyde van sy verdwyning in ’n silwer Toyota Corolla met registrasienommer CA 453326 gery.

Volgens Jacobs is daar sedertdien Barnes se verdwyning geen aktiwiteit op sy selfoonrekords nie. Daar is ook wat Barnes betref geen hospitaalopname of motorongeluk aangemeld nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.