Direkteur gebruik glo ‘die mense se geld’ vir eie gewin

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die DA het gevra dat bewerings teen July Maphosa, direkteur van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se program vir volhoubare lewensbestaan, ondersoek word.

Dié bewerings voer aan dat hy glo openbare fondse vir persoonlike doeleindes gebruik het.

Refiloe Nt’sekhe, die DA se woordvoerder, het gesê dít kom na mediaberigte dat Maphosa glo duisende rand van “die mense se geld”, wat toegeken is vir die verbetering van armes se lewens, wanbestee het.

“Daar word beweer dat hy glo geld gesteel het en onder meer vir sy vriendin ʼn nuwe motor gekoop het en meubels vir sy huis.”

Die DA het ʼn beroep op Nani Mayathula-Khoza, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, gedoen om hierdie ernstige bewerings dringend te ondersoek. “Ons moet vasstel presies hoeveel geld deur hierdie direkteur vermors is,” het Nt’sekhe gesê.

“Indien hierdie bewerings waar is, dan is Maphosa nie geskik vir daardie pos nie en ons eis dan dat hy elke sent wat hy gesteel het terugbetaal. Dié is ʼn duidelike wanbesteding van die mense se geld, wat nie geduld mag word nie. Hierdie soort korrupsie het nou ʼn norm geword in die regering wat deur die ANC gelei word. Dit wys hulle is net daar om hul sakke te vul en nie om die armes te dien nie. Dit is hoogtyd dat alle direkteurs ʼn leefstyl-oudit ondergaan.”

Nt’sekhe het bygevoeg die DA sal vrae in die provinsiale wetgewer ter tafel lê om vas te stel hoe Maphosa in staat was om hierdie geld vir persoonlike gewin aan te wend en watter stappe teen hom gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Robert Naude ·

Dit behoort nie beweringe te wees nie , maar die waarheid……

Slegs ·

Slegs indien jy wit is sal die waarheid agterna ondersoek word nadat jy reeds deur die openbare mening en sekere ministers skuldig bevind is.

Piet Pompies ·

Suid Afrika se wette is van so ‘n aard dat oortredings ‘n bewering bly totdat die oortreder skuldig pleit of as die oortreder in ‘n hof skuldig bevind word. Die skrywer van die berig tree volgens die wet op.

Netso ·

Ons as belastingbetalers dring daarop aan dat hy onmiddelik afgedank en vervolg word nes ons eerwaarde sportminister met Naas en Nick wil laat gebeur, sonder dat hulle eers skuldig is aan iets.

Cor ·

Ja wat niks snaaks nie sal ook nie verbeter nie. As hy verwyder word kom n volgende een in by die selfhelp skema. So gaan dit vir jare selfs by die herverdeling van grond en soos sal dit nog aangaan en aangaan soos in die advertensie van n duracell batery. Daar is en sal ook nooit n stelsels in plek kom om dit te verhoed nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.