Direkteur gedwing om te bedank oor rassisme, slawerny-kommentaar

Marc Faber (Foto: gloomboomdoom, Twitter)

ʼn Direkteur van die Kanadese mynmaatskappy Ivanhoe, wat ʼn Suid-Afrikaanse platinummaatskappy ontwikkel, is gedwing om te bedank oor rassistiese uitlatings wat hy gemaak het oor slawerny.

Marc Faber het in sy nuusbrief, die Gloom, Boom & Doom-verslag, gesê Amerikaners het “200 jaar in die ekonomiese en politieke son geniet onder ʼn wit meerderheid”.

Skermgrepe van die nuusbrief word op sosiale media gesirkuleer.

“Dank God dat wit mense Amerika bevolk het, en nie swart mense nie, anders sou Amerika soos Zimbabwe gelyk het. En dit kan dalk tog eendag só lyk, maar ten minste het Amerika 200 jaar in die ekonomiese en politieke son geniet onder ʼn wit meerderheid,” het hy geskryf.

“Ek is nie ʼn rassis nie, maar die realiteit – maak nie saak hoe polities inkorrek dit is nie – moet uitgespel word. (En laat ons nie vergeet dat Afrika-stamhoofde maar te gelukkig was om hul eie slawe aan wit, swart en Arabiese slawehandelaars te verkoop nie.)”

Faber het aan MarketWatch gesê “Afrikane sal altyd die verskoning van [verdrukking] gebruik om te verduidelik waar hulle ekonomies is, en aanvoer dit is die ‘skuld van die koloniste’. Hulle sou baie beter daaraan toe wees onder ʼn stelsel van Westerse kolonialisme.”

Ivanhoe het in ʼn verklaring gesê hulle het Faber se bedanking versoek en dit aanvaar. “Ivanhoe Myne heg waarde aan gelykheid, respek en waardigheid vir alle mense,” lui die verklaring. “Ons duld nie rassisme nie. Ivanhoe Mines stem glad nie saam met die sienings oor ras wat Marc Faber in sy Oktober-beleggingsnuusbrief gepubliseer het nie. Ons het gevolglik dr. Faber se bedanking as lid van die raad van direkteure met onmiddellike effek versoek en dit aanvaar.”

Faber se CV is ook van die maatskappy se webwerf verwyder. Hy was sedert 2004 ʼn direkteur van die maatskappy.

Uittreksel uit Marc Faber se Gloom Boom Doom-verslag van Oktober 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Gerhard ·

Di’s nou tiepies. Dit maak nie meer saak nie,alle is een Groot gemors

N Lourens Reitz ·

Ek dink nie rasegtheid moet verwar word met rassisme nie.

Cherokee ·

Dit sou in ‘n noemenswaardige debat kon ontaard as hy sy teenstanders gevra het om uit te spel met watter van sy uitlatings hulle verskil en op grond waarvan.

Eish ·

Goed gestel. Dis die hele probleem met die tipe debatvoering, blatante ignorering van bewysbare feite ter wille van politieke korrektheid.

Die hele rassisme kwessie het in n godsdiens op sy eie ontaard.

N Lourens Reitz ·

Dit is waar as die lug blou is dan is dit moes die waarheid gelyk aan rasegtheid.
As jy iemand blatant beledig is dit gelyk aan rassisme

Boetman ·

Mnr. Faber is so reg. Kyk hoe lyk afrika. Hulle staan die hele tyd bakhand en dink die lewe skuld hulle als

Johanna Botha ·

Die waarheid maak seer …kyk op in Afrika …waar is dit veilig en vergelyk dit met die weste ….noem asb net een plek ….nêrens ! Dis n gemors en kyk maar die rigting waarin SA beweeg ! Om te dink in 1978 was n Zim Dollar sterker as n Britse Pond …ek kyk nou ….ook n gemors ! Net soos die regter se uitspraak ook oor verkragting, glo ek sal die Kanadees met tyd net meer en meer reg bewys word …kom ons kyk maar , maar ek twyfel sterk of hy verkeerd gaan wees !

Los hulle ·

Los hulle, Afrika sal met hulle ‘praat’ deur hulle genoeg tou te gee.

alwyn burger ·

Die verskil tussen ñ liberale witman en ñ konserwatiewe witman is dat die liberale witman is ñ oneerlike bedrieër. Malcolm X

Fanie ·

Rassistiese uitsprake verneder en vervreem , en bevestig stereotipes en vooroordele. Dit dra niks positiefs by nie. Behandel mekaar eerder met wedersydse respek en naasteliefde. Ons is almal gelyk voor God.

Wim Kotze ·

Fanie, daar is geen respek daarin om vir mense te lieg nie.

Cherokee ·

Met ander woorde Fanie, dit sal jou behaag om jou standaarde te verlaag ten einde aan te pas ter wille van ‘wedersydse respek en naasteliefde’.
Wedersydse respek en naasteliede kan ook toegepas word deur leiding te gee en hulle op te hef soos vir jare gedoen is. Die ontkenning van stereotipes en vooroordele soos jy dit noem, het ‘n Zimbabwe en huidige Suid Afrika tot gevolg. Indien dìt jou standaarde pas praat jy nie vir die massa nie.

Stefaans ·

Elke persoon het maar sy beskeie mening. Wie sê hy is verkeerd, die ribìrale wit man….ja want hy wil geken word in gelykheid….maar by sy huis, hoe is daardie gesin se gevoel werklik?

Amanda Liebenberg ·

Dit is baie interessant dat dit die groot kapitaliste is wat so liberaal in hul politieke sienings is. Gelsd praat harder as politiek. Baie lande soos Kanada se ekonomie hang van hul mynbedrywighede in ander lande soos Afrka af. Daar maak hulle net wat hulle wil besoedel arm mense se drinkwater en vergiftig die lug wat hulle inasem. Dieselfde arm mense wie se respek gelykheid en waardigheid hulle in die openbaar kwansuis so verdedig.

Leahim ·

Ek stem 100% saam hy praat die waarheid maar net soos in SA moet die waarheid verbloem word om polities korrek te wees en die media is die voorlopers met hierdie euwel, lees maar van die nuusberigte te bang om na n swart persoon te verwys maar skroom nie om n wit persoon sonder feite te inkrimineer of te verkleinneer vir sensasie nie

John ·

Ons beweeg ook hier binne ‘n vreemde paradigma maar die borrel sal nie vir altyd hou nie… en dan is daar altyd ‘n groot stink smes…

Swart Piet ·

Smaaak my die waarheid is so effentjies ongemaklik vir sommige mense ne.

Lola ·

Hierdie man is duidelik moeg gewerk gewees. Hy is oud genoeg om te weet om nie die waarheid te praat nie.

MANIE ·

Dit is tragies as jy die waarheid kwytraak en vir dit jou pos verloor. Kan die wat lande soos S.a en Zim goed praat ook hulle poste verloor.

Callie ·

Dit is omdat daar net enkeles in die wereld oor is wat genoeg guts het om die waarheid te praat. Die lafhartiges sal altyd n verskoning kry om om die waarheid te praat.

Boerseun ·

Ek het die grootste respek vir Faber wat die moed gehad het om die feite te stel. Wat hy geskryf het is alles behalwe rassisme, dis die naakte waarheid!

Sarie ·

Give this man a Bells!!!
mooi iemand wat nie bang is om die waarheid te praat nie….

Stofskoen ·

Ek hou so van die ouer geslagte wat nog weet wat die waarheid was en nie skroom om dit te noem nie.
Met tyd sal die waarheid verkwyn en vergeet word soos die jonger geslagte deur onwaarheid beivloed word.
Die man onthou hoe Afrika is.

bgj van der westhuizen ·

hy was reg maar hulle wil dit nie hoor nie en ek kan dit vir jou se as hulle van dag mense kan verkoop het sal hulle wand al wat hulle aan belang stel is geld maar wil nie daar voor werk nie

Linda ·

Die waarheid maak seer, maar as die skoen jou pas trek hom aan. Dis vir my soooo verkeerd dat ‘n mens jou werk moet verloor oor die waarheid. Soms is dit beter om maar eerder net stil te bly dan hoef jy nie te lieg nie, maar weet jy wat die waarheid is voor jy kan lieg.

Waarheid ·

Rasegtheid is defnitief in hierdie begrip wat heeltemal verwar word met die “mode woord “wat so baie vir elke insedent as “ras sis me” geoormerk word. Dit is soos ‘n breinsiekte/kanker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.