Die presidensie het Woensdag aangekondig pres. Cyril Ramaphosa het Dovhani Mamphiswana, die direkteur-generaal van die staatsdienskommissie, verlede week geskors nadat hy sy “skelmpie” in ʼn topposisie aangestel het.
Mamphiswana het sy vriendin, wat ook die ma van sy kind is, verlede jaar as hoofdirekteur van beroepsetiek by die staatsdienskommissie aangestel. Die pos gaan glo gepaard met ʼn jaarlikse salaris van R1,3 miljoen.
Die presidensie sê Mamphiswana is as voorsorgmaatreël met volle betaling geskors. Ramaphosa se kantoor het benadruk dat sy skorsing geensins ʼn mening uitmaak oor die meriete van die saak nie.
Ramaphosa het vroeër die minister van staatsdiens en administrasie, Senzo Mchunu, opdrag gegee om enige aanduiding van onbehoorlike gedrag tydens die vul van ʼn vakature binne die departement te ondersoek.
Ramaphosa het daarna ʼn verslag ontvang van die ondersoek na Mamphiswana en hom gevra om skriftelike vertoë in te dien.
Adv. Smanga Sethene het reeds in Februarie vir Ramaphosa gevra om Mamphiswana te skors.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Ag en more gaan almal aan asof niks gebeur het nie en die “skelmpie” is steeds in haar pos……en so ry die trein….
Het Patrica de Lille nie ook famililede aan gestel nie? Ek dink so, en sy was nie geskors nie.
Ek dink hierdie is ‘n weerlig afleier, maar as hy geskors word, moet daar na alle staatsdepartemente gaan kyk word, met die doel om te skors. Kan die oposisiepartye bietjie hulle werk doen, aangesien hulle behoort te weet.
Is daar enige opregte eerlike mense in die regerende party wat die belange van die land en sy mense wil dien?
Die ANC is siek. Skorsing met vergoeding = GEEN SKORSING.Hoekom neem die presidensie soo lank om te besluit. Hul neem GEEN aanspreeklikheid en skuldige kaders weet dit. Dis lekker om swaarverdiende geld van ‘n ander mens te mors en nie skuldig te voel!!!
En ‘n waarnemende kader word seker nou aangestel. Twee gelukkige vriende.