Direkteur-generaal geskors vir nepotisme

Dovhani Mamphiswana (Foto: ANA)

Die presidensie het Woensdag aangekondig pres. Cyril Ramaphosa het Dovhani Mamphiswana, die direkteur-generaal van die staatsdienskommissie, verlede week geskors nadat hy sy “skelmpie” in ʼn topposisie aangestel het.

Mamphiswana het sy vriendin, wat ook die ma van sy kind is, verlede jaar as hoofdirekteur van beroepsetiek by die staatsdienskommissie aangestel. Die pos gaan glo gepaard met ʼn jaarlikse salaris van R1,3 miljoen.

Die presidensie sê Mamphiswana is as voorsorgmaatreël met volle betaling geskors. Ramaphosa se kantoor het benadruk dat sy skorsing geensins ʼn mening uitmaak oor die meriete van die saak nie.

Ramaphosa het vroeër die minister van staatsdiens en administrasie, Senzo Mchunu, opdrag gegee om enige aanduiding van onbehoorlike gedrag tydens die vul van ʼn vakature binne die departement te ondersoek.

Ramaphosa het daarna ʼn verslag ontvang van die ondersoek na Mamphiswana en hom gevra om skriftelike vertoë in te dien.

Adv. Smanga Sethene het reeds in Februarie vir Ramaphosa gevra om Mamphiswana te skors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Blikke ·

Ag en more gaan almal aan asof niks gebeur het nie en die “skelmpie” is steeds in haar pos……en so ry die trein….

koos10 ·

Het Patrica de Lille nie ook famililede aan gestel nie? Ek dink so, en sy was nie geskors nie.
Ek dink hierdie is ‘n weerlig afleier, maar as hy geskors word, moet daar na alle staatsdepartemente gaan kyk word, met die doel om te skors. Kan die oposisiepartye bietjie hulle werk doen, aangesien hulle behoort te weet.

Vrystaat2109 ·

Is daar enige opregte eerlike mense in die regerende party wat die belange van die land en sy mense wil dien?

gatgogga ·

‘n Span wetenskaplike navorsers is al geruime tyd besig met intensiewe ondersoeke om te kyk of hulle enige opregte eerlike kaders kan vind. Tot sover kon hulle nog nie enige terugvoering gee nie.

Kokerboom ·

Die ANC is siek. Skorsing met vergoeding = GEEN SKORSING.Hoekom neem die presidensie soo lank om te besluit. Hul neem GEEN aanspreeklikheid en skuldige kaders weet dit. Dis lekker om swaarverdiende geld van ‘n ander mens te mors en nie skuldig te voel!!!

Andre ·

En ‘n waarnemende kader word seker nou aangestel. Twee gelukkige vriende.

Eerlik ·

Geskors met betaling…..die ou rympie maak my al so naar!

Blikkies ·

Hy gaan vir ‘n baie lang en onbepaalde tyd Lekker vakansie hou by die see en oorsee want hy hoef nie te werk nie en kry maandeliks nog steeds sy reuse salaris…………..Miskien sal iemand oor ‘n paar jaar weer van hom onthou.

Jaco ·

Dit het maar op kleiner skaal in die ou SA ook gebeur. PW Botha se seun het allerhande voorreg te gekry tydens sy militêre diensplig. Sy motorongeluk tydens diensplig is ook netjies toegesmeer.
En dan was daar die talle lekker jobs vir Broederbonders in die staatsdiens en ander groot Afrikaner-besighede soos Sanlam en Volkskas. Ek gee toe, bekwaamheid het daardie jare ‘n BAIE groter rol gespeel, maar die beginsel van lekker jobs vir jou politieke pêlle was toe maar presies dieselfde as nou.

koos10 ·

Jaco, ek stem saam met jou, maar die omstandighede was anders. Die NP regering het net oor hulself ontferm, en apartheid was die norm. As ons huidige regering alles van die ou regering wil afsweer, dan moet dit beteken ALLES. Hulle kan nie apartheid afsweer maar nie die korupsie nie. in 1994 was die rand teen dollar R3.42, vandag is dit R17.48. Dit behoort genoeg aanduiding te wees hoe alles agteruit gegaan het. Geen mens sal kla as die aanstelling oor bevoegdheid was nie.

Akhenatha ·

Wat hierdie berig nie sê nie is dat hy STEEDS sy volle salaris ontvang. Sy dienste is net opgeskort. Volgens IOL “The president informed the director-general on Thursday, August 6, that the suspension, with full pay, takes effect immediately.

Adeline ·

Ek wonner nou ernstig oor die voos vrot korrupte anc se aanstellings beleid en skorsing…..as ‘n “skelmpies” nou kan aangestel word ….. hoeveel “skelmpies” werk..ag ekskuus …hou vakansie met so ‘n aangestelde salaris? En wie se “skelmpie” is die vadoek draende kopdoek zuma nou eintlik? Want die weet ook niks en het geen kennis van hoe om haar pos te bestuur of om haar “werk” uit te voer nie. Seker sy is voor Ramaposa se tyd iemand se “skelmpie” gewees wat aangestel is …. so “werk” daar baie onkundige korrupte familie en vriende in die parlement in sy vele vertakkinge landwyd, verseker. Wat die skorsing met volle betaling betref – covid -19 het nie die tipe posvlakke getref nie – hulle sorg vir mekaar in die parlement – daarom is diegene bokant die wet en kan “vakansie” hou met volle betaling… moenie so wees nie gun hulle hul korrupsie dit is hulle enigste genot hierdie kant van die lewe.

Genis ·

Cyril, your people man! What are they doing? Tell us why are so quite?

Niklaas ·

Dis eintlik baie algemeen dat ‘n prominente amptenaar sy Njatsi aanstel in v hoog besodigde en vername pos. Sonder opleiding of kwalifikasies. As beloning vir baie ander dienste gelewer deur haar. Glad nie ongewoon. En dis ook standaard praktyk om hom te skors met volle salaris. Dis een betaalde vakansie. Heerlik oeeee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.