’n 48-jarige direkteur van ʼn maatskappy sal na verwagting Donderdag in die gespesialiseerde handelshof in Mthatha in die Oos-Kaap verskyn in verband met haar beweerde betrokkenheid by ʼn bedrogspul van miljoene rande.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die vrou is vroeg Donderdag in hegtenis geneem. Haar inhegtenisneming volg nadat die Valke haar drie maande lank dopgehou het.
“Daar word beweer dat die direkteur deur haar maatskappy opsetlik bedrieglike dokumente by verskeie munisipaliteite ingedien het waarin sy beweer dat sy deur-tot-deur-bewusmakingsveldtogte in verband met die Covid-19-pandemie gedoen het in landelike gemeenskappe in die Port St. Johns-, King Sabatha Dalindyebo- en Mhlonto-munisipaliteit.”
Die vrou het hierna fakture van meer as R4,8 miljoen aan dié drie munisipaliteite uitgereik vir dienste wat gedeeltelik gelewer en met bedrieglike dokumente gestaaf is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Huh? Seker is my kop te plat om dit te verstaan. So het sy uit haar EIE “bewus making” gedoen en toe die mislike paliteit gesê: Potaal my va di awarniss? Of het sy effe over tjarge?
Of is dit deel van die ziljoene wat kopdoek en ha kaders uitgedeel het namens die “command centre”?
So na die foto kyk dink ek bv nie syt self te veel door to door stappies gemaak nie?
Dit beteken dat sy op average R1.6 miljoen charge per munisipaliteit om aan deure te klop. Die arme vrou het sekerlik nie meer kneukels oor nie. Ek vrek om te weet wat haar rate per hour was….
Mev Jakkals yoh met so ‘n pos nog skelm,skuld is seker te veel.
Ek slaan my hande saam! Is daar nie einde nie?
Ek werk met my kantoor se “Petty Cash”, ‘n skamele R6 000.00 groot. Ek stres my flou as ek van R10 nie rekenskap kan gee nie, maar die vrou gaan vir goud met R4.8miljoen? Ek dink regtig daar is mense daar buite wat sonder ‘n gewete gebore word.
As die munisipaliteite haar betaal het vermoed ek daar was winsdeling met van die munisipale amptenare