Direkteur van organisasie vas oor TERS-geld

(Argieffoto)

Die direkteur van ʼn nieregeringsorganisasie in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo die regering se TERS-program, wat ingestel is om werkers en werkgewers tydens die Covid-19-pandemie geldelik te help, uit ʼn bedrag geld geswendel het.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het gesê die man het TERS-geld namens 36 werkers by die departement van arbeid geëis.

Hani sê die geld het na bewering nooit by werkers uitgekom nie, maar is deur die direkteur tot sy eie voordeel gebruik.

“Die 44-jarige verdagte is die naweek agter tralies en sal Maandag in die Atlantis-landdroshof verskyn waar hy op aanklagte van bedrog tereg sal staan,” het Hani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Remlut ·

Ja, en die arm behoeftige mense ly honger. Sluit toe en gooi sleutel weg.

Jr ·

And the wheels on the “cANCer ” bus go round and round , round and round all day long.

Sarel ·

Swak Organisasie want hoekom was die geld nie direk aan werkers oorbetaal nie. Die zregeting se onvermoè om.betroubare stelsels te skep vergemaklik bedrog.

Tanniepetoors ·

Mense wat skuldig bevind word aan sulke misdrywe moet dwangarbeid verrig vir baie jare en nie net op vakansie gaan in ‘n tronk nie.

christo ·

Noem die naam! Baie van die NRO’s (NGO) is soos kerkbesighede waar die direkteure hulself verryk en die mense waarvoor hulle donasies vra net die spreekwoordelike krummels ontvang.
Indien skuldig is, tronk toe sonder enige skikkings of boetes nie. Al hierdie sake wat ondersoek word, word betaal deur die belastingbetaler. Die Valke werk nie verniet nie
Ek dra net by aan NRO’s wat bekend is soos die DBV en NSRI.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.