Direkteurs vas ná hul mense uit reusebedrae swendel

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Twee direkteurs van ʼn eiendomsontwikkelingsfirma is deur die Valke vasgetrek ná hulle glo kontant van lede van die publiek aanvaar het vir ʼn onwettige beleggingskema.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Jacobus van Wyk Stone (35) en Christo Germishuys (45) is vasgetrek ná hulle tussen 1 Augustus 2010 en 12 Februarie 2012 as direkteurs van Ceek Investments Pty Ltd na bewering die Wet op Banke oortree het.

“Hulle het sowat R1,2 miljoen by sewe lede van die publiek as deposito’s gevat, hoewel hul besigheid nie geregistreer was by die finansiëledienste-raad (FSB) as maatskappy waar kontantdeposito’s gemaak kon word nie,” het Ramovha gesê.

Ramovha het verduidelik dat die verdagtes die slagoffers se geld gevat het en vir hulle top-erwe belowe het. “Hulle het ook vir hulle winste van tot 15% belowe terwyl hulle wag vir bouwerk om plaas te vind. Nodeloos om te sê, nie een van die beloftes het waar geword nie.”

Die twee is 24 November vasgetrek en het reeds in die handelshof verskyn.

Die saak is uitgestel tot 26 Januarie 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nina ·

Hulle het 7 jaar terug reeds begin. Hoe op dees aarde neem dit solank om hulle uit te vang? Wel dis seker uiters welgedaan as ons in ag neem hoe lank dit neem om ander uit te vang vir korrupsie. Ek dink nou net, hulle kan mos soos ons Pres. net sê hulle weet daar niks van nie en als ontken.

Johan lewer kommentaar ·

A fool and their money is easily parted. Been there and done that. Dis deel van grootword. Leer daaruit of bly n fool.

Basjan ·

Net R1,2 miljoen? En hulle het reeds in die hof verskyn? Wat van sekere “persone” wat miljarde rande uit mense geswendel het vir dekades lank en daardie “persone” is nog steeds op vrye voet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.