Dirk Prinsloo dalk binnekort op pad terug na SA

Dirk Prinsloo. Foto: Trevor Kolk/SAPA

Dirk Prinsloo. Foto: Trevor Kolk/SAPA

Dirk Prinsloo, wat amper 11 jaar gelede uit Suid-Afrika gevlug het, terwyl hy op onder meer kinderseksaanklagte tereggestaan het, sal binnekort weet wanneer hy terugkom na Suid-Afrika.

Prinsloo is einde 2009 in Belo-Rusland in Oos-Europa in hegtenis geneem, toe hy ʼn bank probeer beroof het en is vroeg 2010 tot 13 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is nou geregtig op parool.

Volgens Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, moet Prinsloo op 20 Februarie in ʼn hof in Belo-Rusland verskyn.

“Die Suid-Afrikaanse regering is in kontak met die owerhede in Belo-Rusland deur middel van die departement en sy afgevaardigdes in Moskou en Minsk. Die departement is egter nie tans in die posisie om enige inligting bekend te maak oor Prinsloo of die datum van sy beoogde vrylating nie.”

Kgwete het wel gesê die hof sal na verwagting Maandag beslis oor die datum waarop Prinsloo vrygelaat sal word. “Beamptes van ons ambassade in Minsk sal die hofverrigtinge bywoon. Die departement is nog nie genader om enigiets te doen oor Prinsloo se moontlik uitlewering nie.”

Volgens Kgwete hanteer die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die departement van justisie en Interpol uitlewerings. Maroela Media het die departement van justisie genader om kommentaar en wag vir terugvoer.

Prinsloo en sy destydse lewensmaat, Cezanne Visser (ook bekend as adv. Barbie), is in 2002 in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie. Die aanklagte is kort daarna teruggetrek maar die paartjie, wat albei advokate was, is in 2003 weer aangekla. Hulle is later op borgtog vrygelaat.

Prinsloo het einde 2005 tydens die verhoor aangedui hy wil Rusland besoek. Hy is nie as ʼn vlugrisiko beskou nie en sy borgtog is verhoog. Hy het egter nie in April 2006 by die hof opgedaag nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik. Hy sal dus in hegtenis geneem word sodra hy weer in Suid-Afrika aankom.

Visser se verhoor het sonder Prinsloo voortgegaan en sy is in Februarie 2010 op 11 aanklagte skuldig bevind en tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Sy is in Augustus 2013 op parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nussie ·

Ek hoop hierdie vent word begelei vanuit die tronk in Belo-Rusland, tot voor die deur van die Kgosi Mapuru gevangenis in Pta. En dat niemand weer na sy storietjies luister en hom vertrou om op eie houtjie in die hof te verskyn nie. Ek voel baie jammer vir sy familie, want ek dink daar gaan nou weer baie sensasie rondom hierdie hele vervolgverhaal wees.

Johann ·

Gebore, gewoonte misdadiger glo my vry die sulkes rehabiliteer NOOIT IN HULLE LEWENS NIE

Verantwoordelikheid ·

Dit is klaar sleg dat belasting geld gebruik gaan word om hom terug te bring, So hy ek stem hy moet maar reguit tronk toe, sake teen hom heropen en mag hy die res van sy lewe daar sit, dit wat hy gedoen het aan daardie kinders is onherstelbaar. Ek voel jammer vir Cezanne, sy het onder sy kloue uit gekom en verantwoordelikheid geneem vir haar aandeel en haar straf uitgedien en ek dink soms moes dit regtig moeilik gewees het, hy geniet homself en sy vat die media, verhoor en straf namens albei. Wel meisie ek glo jy het berou en mag jy kalmte en ondersteuning kry terwyl hy nou sy deel kry. Dirk, mag jy ook voel hoe elke kind en mens vir wie jy te na gekom gekom voel.

Ruiter in Swart ·

Ek skaam my vir die man se dade. Ek dra nog bonop dieselfde van(surname) as hy.

Blou ·

Hy word nie vrygelaat nie. Hy mag parool kry, as die hof dit goed keur – wat hulle dalk nie sal doen nie, en dalk wil hy nie parool kry nie. Daarbenewens vermoed ek dat daar dalk nie ‘n uitleweringsooreenkoms tussen SA en Rusland is nie, wat dinge sal moeilik maak.

Nico ·

Hulle hoef hom nie uit te lewer nie. Hulle moet hom net deporteer na sy land van oorsprong. Geen uitlewerings-ooreenkoms nodig nie.

Nico K ·

Ek stem saam met ander Nico. ‘n Uitlewering is net nodig as hy wettig in daardie land is, wat ek twyfel. Uitlewerings sake kan jare neem om afgehandel te word.

Cynthia TREDOUX ·

Hierdie is n glibberige kalant…wat vir NIKS stuit nie…sy optrede in RUSLAND het dit ook duidelik bewys…..laat hy GEDEPORTEER word…met BEGELEIDING want waar hy nou aangehou word in Rusland…is daar GEEN DIREKTE VLUGTE na S.A….en hy gaan verseker WEER VERDWYN! Laat hy kom boet vir sy dade…met kinders…en hier sy tronkstraf…wat dit ook al mag behels…kom uitdien!

Lola ·

Shame….julle is baie harteloos….dalk het hy besin oor sy dade en sy hart vir die Here gegee en is hy vergewe in die laaste 13 jaar in ‘n tronk. Shame….****sug****

E.K. - ek sê net! ·

Liewe Lolatjie – ek betwyfel sterk wat jy sê het gebeur. Selfs al sou hy dit sê. In Amerika is navorsing gedoen oor jare met talle gevalle, pedofiele en seksmisdadigers (veral met kinders) en hul bevindings is diesulkes is ONgeneesbaar.

Ekke ·

Ek hoop regtig jy is sarkasties………… Kan sowaar nie ernstig wees nie!

Magda ·

Hy gaan seker ook ‘n pastoor in die tronk word as hy in SA gevonnis word. Hulle word mos almal pastore!

Ekke ·

Hy gee my koue rillings!!!! Sluit toe en gooi die sleutel weg!!!!

Ai tog ·

Ai hou hom liewer daar, moet julle hom REGTIG hierheen stuur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.