Dirkiesdorp-plaasaanval: Vrou sterf ook

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die vrou wat Saterdag saam met Johannes van Zyl op hul plaas naby Dirkiesdorp in Mpumalanga oorval en erg aangerand is, is Dinsdag in die vroeë oggendure in die hospitaal dood.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het bevestig Charlotte Giddy (55) het omstreeks 02:00 aan haar beserings beswyk.

Maroela Media het vroeër berig Charlotte se vriend, Johannes van Zyl, se liggaam is Saterdag in die huis ontdek nadat hy vermoedelik met krukke doodgeslaan is. Volgens Sedibe is Charlotte ook erg aangerand en aangetref met erge kopbeserings en ernstige swelling aan haar gesig.

Sedibe kon nie bewerings dat die aanvallers Charlotte gemartel het deur die senings in haar hakskene af te sny, bevestig nie.

ʼn Swazilandse burger is Saterdag kort ná die aanval in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die hof verskyn. Sedibe het gesê volgens die polisie se inligting was die verdagte ʼn werknemer van die paartjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charlotte

Is sening in hakskene afsny dan nou deesdae eerder normaal as martel?? Wat n siek land met SIEK mense ? Waar is geregtigheid in SA?

ZAR

RIV tannie.
Dit maak my bloed kook om die berigte te lees, en te weet dat daar niks aan die saak gedoen gaan word nie. Ek bedoel nou die plaasmoorde of sal ek eerder se die volksmoord wat tans besig is om te gebeur.

PJ

Ondersoek Valke die saak al ?

Bets Bothma

So vreemd om te gelees het vd 2 aanvallers wat dood is in die aanranding vd plaasboere en hul families wat sê nou is hul broodwinners dood, maak nie saak hoe daardie “brood” verdien is nie, maar hoeveel plaasboere is al vermoor, wat die hele land se broodwinners is, eerlike broodwinners en ons regering kyk weg! Wat gaan gebeur as daar nie meer kos is nie? Oorlog gaan oor kos en water uitbreek, dan is grond vergete. Mag God ons n nuwe regering gee wat ons land weer gesond sal maak, letterlik en figuurlik! Mag God ons vergewe vir wat… Lees meer »

Rynhardt

Monster-moordenaars kan net bejaardes vermoor op plase wat hulself nie kan verdedig nie! Hulle is die maklikste teikens vir lafaards! Al hierdie moorde op ons mense is aanvaarbaar vir die hoofstroom dinosaurus-media , nare, patetiese partye en doofstom kerke wat tjoepstil bly!Dit kan nie so aangaan nie, anders is uitsterwing ons voorland! Daar moet terugbaklei word!