Dirkiesdorp-plaasaanval: Vrou sterf ook

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die vrou wat Saterdag saam met Johannes van Zyl op hul plaas naby Dirkiesdorp in Mpumalanga oorval en erg aangerand is, is Dinsdag in die vroeë oggendure in die hospitaal dood.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het bevestig Charlotte Giddy (55) het omstreeks 02:00 aan haar beserings beswyk.

Maroela Media het vroeër berig Charlotte se vriend, Johannes van Zyl, se liggaam is Saterdag in die huis ontdek nadat hy vermoedelik met krukke doodgeslaan is. Volgens Sedibe is Charlotte ook erg aangerand en aangetref met erge kopbeserings en ernstige swelling aan haar gesig.

Sedibe kon nie bewerings dat die aanvallers Charlotte gemartel het deur die senings in haar hakskene af te sny, bevestig nie.

ʼn Swazilandse burger is Saterdag kort ná die aanval in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die hof verskyn. Sedibe het gesê volgens die polisie se inligting was die verdagte ʼn werknemer van die paartjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Charlotte ·

Is sening in hakskene afsny dan nou deesdae eerder normaal as martel?? Wat n siek land met SIEK mense ? Waar is geregtigheid in SA?

ZAR ·

RIV tannie.
Dit maak my bloed kook om die berigte te lees, en te weet dat daar niks aan die saak gedoen gaan word nie. Ek bedoel nou die plaasmoorde of sal ek eerder se die volksmoord wat tans besig is om te gebeur.

Bets Bothma ·

So vreemd om te gelees het vd 2 aanvallers wat dood is in die aanranding vd plaasboere en hul families wat sê nou is hul broodwinners dood, maak nie saak hoe daardie “brood” verdien is nie, maar hoeveel plaasboere is al vermoor, wat die hele land se broodwinners is, eerlike broodwinners en ons regering kyk weg! Wat gaan gebeur as daar nie meer kos is nie? Oorlog gaan oor kos en water uitbreek, dan is grond vergete. Mag God ons n nuwe regering gee wat ons land weer gesond sal maak, letterlik en figuurlik! Mag God ons vergewe vir wat in ons land gebeur!

Geskok ·

Bets ek stem saam die boere voorsien nie net vir hul families nie maar self die wat kla dat hul broodwinners nie meer daar is nie. Maar ek besef elke dag dat diegene wat so barbaars is nie soos mense behandel kan word nie. Mense met siel en liggaam, gewete en goedopgevoed neem nie ‘n ander se lewe nie. Hul sal nie eens ‘n dier so kan doodmaak nie. Jammer om te se as jy barbaars is moet jy self soos ‘n barbaar behandel word.

Rynhardt ·

Monster-moordenaars kan net bejaardes vermoor op plase wat hulself nie kan verdedig nie! Hulle is die maklikste teikens vir lafaards! Al hierdie moorde op ons mense is aanvaarbaar vir die hoofstroom dinosaurus-media , nare, patetiese partye en doofstom kerke wat tjoepstil bly!Dit kan nie so aangaan nie, anders is uitsterwing ons voorland! Daar moet terugbaklei word!

pietie ·

o toggie,,, pasop vir jul komementaar,,,,, onthou jul nie hoe het ons eie mense ons laasweek oor die vingers getik omrede ons vir die boere in parys opgekom het nie. ons mag net toekyk,, en ordentlik bly, en wag die regering sal wel eendag ‘n plan maak, wees net geduldig, moenie daal tot op hulle vlak nie. alles is onder beheer al lyk dit nie so nie.

ELIZE ·

Pietie, jy het darem nou bietjie humor by die andersins baie tragiese berig gebring. Soms voel ek humor is al wat nog keer dat mens waansinnig raak…

Boer ·

Nee , genoeg is nou wraggies genoeg! Ons gaan nou moet opstaan!

Bach ·

Hoe gaan jy opstaan? Dis net woorde. Sluit liefs by Afriforum aan en maak mildelike bydraes. Dan doen jy darem iets.

Andre van den Berg ·

Die Nuwe Suid-Afrika is nie n demokrasie nie,, maar n skrikbewind wat hom as n demokrasie voordoen. Bid die Here vir nuwe leiers; manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus Christus gewas is!

pop ·

Bach drie hoeras vir jou. Mense moet asb bydraes maak. Ek sien ons is net 150,000 lede. En hulle moet oral vure doodslaan.

Frederik ·

As Maroela Media, wat deel is van Afriforum, minder kleinserig is en meer kommentare plaas, het Afriforum dalk meer lede gehad.

Gesiggie ·

Hoeveel meer nog ? dit is skokkend om elke dag die Hoofberig te sien… PLAASMOORD”” Daar is geen goeie nuss om meer na uit te sien… dit maak n mens so Depro en n mens voel so magteloos met die wete dat niks omtrent dit gedoen word… Moordenaars kom weg met moord” so jammer vir die Familie van die Egpaar wat altwee hul lewens moes verloor… al wat vir ons oorbly is: om ons hande optesteek na BO En te Smeek vir hulp… want slegs van God kan ons hulp vandaan kom. Ons moet Pleit… en ons moet GLO.. deur God se Genade is: … als moontlik.

Ww ·

Pop dit is waar net ‘n burgerlike organisasie kan help luister wat sê top besigheid mense almal moet aansluit asb.

johannes van zyl ·

more maroela, ek wil ook graag verneem na my skrywe gister, se net op my e-pos wat die rede is dat dit nie geplaas is nie. dankie.

Willie ·

En jy mag niks oor de klerk en ons swart broers se nie…sit dit in jou pyp en rook dit…

Hugo Diedericks ·

In die Engelse media sal dit nie eers bladsy 6 haal nie, maar noem iemand net n naam……so tragies!

Theresa B ·

Ek stem saam met Bets Bothma. Is dit nou nie ironies hoe sake “geswaai” word nie. Hierdie spul soek net altyd die maklikste uitkoms. Jy lees elke liewe dag van boere op hul plase wat uitgemoor word.

Theresa ·

Die wêreld moet weet van hierdie geval ook. Kan mens dit regkry? Mense oe en a gedurig oor die kamstige agtergeblewenes. Hoeveel oe en a oor hoe daar met ‘n sekere volk tans (nou al ongeveer 5 jaar lank) gemaak word in hierdie sonnige Suid-Afrika. Watter normale mense word so getreiter? Hoe kan die mense buite ons grense die oë wegdraai en maak asof niks aan die gang is nie? Daar word die wreedste goed gedoen aan doodnormale, gewone burgers in hierdie land. Wat is dan nodig om dit te stop?
En ja, sluit gerus by Afriforum aan. Jy kan kies wat jy wil bydra. Dit word werklik uitstekend aangewend.

Emile ·

Tragies.

Kan Maroelamedia asb uitklaar: Is oorlede Mnr Johannes van Zyl die man of die vriend van oorlede (mev?) Charlotte Giddy? Die artikel gebruik beide verwantskappe.

Landi Slatter ·

Dagsê Emile

Maroela Media is besig om kontak te maak met die famillie om bevestiging hieroor te kry.

Groete
Landi nmns Maroela Media

Sorika ·

Daar is baie van ons mense sonder werk. Bied liewers werk aan vir hulle op plase.

Hannelie ·

Sorika jy is glad nie lekker nie!!! Hoekom moet mens vir hulle wat sonder werk is werk op plase aanbied, as hulle die boere links en regs vermoor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.