Dis Biden vs. Trump in November

Gekombineerde foto van Joe Biden en Donald Trump.(Foto’s: SAUL LOEB en TIMOTHY A. CLARY / AFP)

Dis amptelik: Die Amerikaanse presidentsverkiesing op 5 November gaan ’n herhaling van 2020 wees met oudpres. Donald Trump as die Republikeine en pres. Joe Biden as die Demokrate se presidentskandidaat.

Trump en Biden het in die voorverkiesings Dinsdag elkeen genoeg afgevaardigdes gewen om hul onderskeie partybenoemings vir die 2024- presidensiële wedloop te beklink.

Biden het die drempel van 1 968 afgevaardigdes oorgesteek wat nodig was toe hy Georgia gewen het – ’n Amerikaanse swaaistaat waar Trump verhoor word weens ’n beweerde sameswering om die vorige verkiesing te beïnvloed.

Trump se oorwinning in Washington het hom die 1 215 afgevaardigdes verseker wat hy nodig het om die Republikeinse benoeming te verseker.

Biden en Trump het Dinsdag byna alle stemme in Georgia, Mississippi, Washington en Hawaii gewen. Biden het ook die Noordelike Mariana-eilande se voorverkiesings gewen en in die proses 11 afgevaardigdes bygekry.

Die twee se benoemings was egter in wese ’n uitgemaakte saak nadat albei verlede week Dinsdag op Super Dinsdag, die grootste dag van die Amerikaanse voorverkiesings, groot oorwinnings behaal het.

“Ek is geëerd dat die breë koalisie van kiesers wat die ryk diversiteit van die Demokratiese Party reg oor die land verteenwoordig, weer hul vertroue in my geplaas het om ons party – en ons land – te lei in ’n oomblik wanneer die bedreiging wat Trump inhou groter as ooit is,” het Biden gister ná sy jongste oorwinnings gesê.

Trump het intussen ook gereageer.

“Ons is nou, onder oneerlike Joe Biden, ’n Derdewêreldnasie, wat die ‘onregstelsel’ gebruik om agter sy politieke teenstander, EK, aan te gaan!” het die oudpresident op sy sosialemediaplatform Truth Social geskryf.

“Maar moenie vrees nie, ons sal nie misluk nie, ons sal ons eens wonderlike land terugneem.”

Afgevaardigdes – lede van die partyleierskap en ander lojaliste – sal later vanjaar by die onderskeie partye se nasionale konvensies finaal stem vir hul onderskeie presidentskandidate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Vrijburger ·

@ RS. Ek is bevrees die ‘swamp’ en ‘deep state’ sal dit nie toelaat nie.

Treurwilger ·

Vertrou die Demokrate net so ver as ‘n “ballot box” gegooi kan word.
Dieselfde storie gaan weer gebeur … tel weke lank tot Biden wen.

Aai ·

Biden met net nie omkap voor Trump wen Kamala soek ons nie in jou plek vir ‘n dag nie ,nie eers die Demokrate soek haar daar.HaHa

Treurwilger ·

@Vrijburger, moet ook nie vergeet van vredeliewende organisasies soos NAVO nie.
Duitsland het reeds in 2020 gesê hulle sien nie kans vir nog vier jaar van Trump nie (so asof hulle ‘n sê het!)
Met NAVO kniediep in Oekraïne in 2024 is dié sentiment soveel erger.

koos10 ·

Ag jinne, het hulle dan nie ‘n kanidaat wat jonger as 75 jaar is nie?
Ek is eerlik, en weet te min van hulle politiek om te kan sê wie is my keuse is nie, maar maggies man, hierdie ooms moet oupas wees vir hulle klein kinders, nie die USA beheer nie. Of is dit so ‘n gemors in die VSA se politiek dat die jongere geslag eerder hier wegbly?

Piet 6 ·

Dit sal die grootste wéreld ramp gaan wees as Trump weer president word.

Kuver ·

Amper net so erg soos in hierdie landjie van ons, klomp krimenele wat meeding om die land te verwoes

Michael ·

Dan is dit definitief Pres Trump die beste leier in die wêreld

Pim ·

Hulle is altwee heeltemal te oud. Dink die Amerikaners moet bietjie jonger bloed kry.

Sê maar net ·

Hulle moet net ‘n debat hê voor die verkiesing. Biden sal verloor, want sy geheue laat hom deesdae in die steek. Hy moet regtig nou aftree en gaan oupa wees. Trump is nog wakker vir sy ouderdom….

Jan Jacobs ·

Ja Piet die WEF, Aipac en Nato se planne gaan in die hek duik vir nog konflikte, sjoe en die geldtjies wat hulle gaan verloor.

piet ·

Trump is die swakste en mees skandelikste kandidaat ooit. Reeds R500+ miljoen dollar gestraf vir sy bedrog en seksuele aanrandingsake. Nou begin sy kriminele sake. Wat ‘n pateet.

Kirst ·

As ek 65 word moet ek aftree, al wil ek nie. Dis egter nie net in Amerika waar sulke fossiele aanhou om lande op te neuk nie. Ons ruggraatlose president is 71, en is weer die ANC se presidentskandidaat.

Jan Jacobs ·

Piet jou keuse is jou saak, moenie goed se waar van jy niks weet nie.

Marthinus W ·

Ons word gedurig vertel dat Amerika n demokrasie is. Waar is Robert Kennedy, dan? Hy staan as onafhanklike kandidaat. waarom geen mediatoegang vir hom nie?
Waarom hom nie toelaat op TV in debat nie?

piet ·

Jan Jacobs – wat ek niks van weet nie? Hy’s skuldig bevind in ‘n hof daar is GEEN twyfel daaroor nie, dis ‘n feit soos ‘n koei. Die man is ‘n krimineel. ‘n Man van swak inbors. Hoe enige vrou nog vir die vent kan stem, gaan my verstand te bowe.

Mike ·

@ Piet – Onder trump se wag:
1. GEEN Oorlog
2. Lae inflasie /stabiele ekonomie
3. Veilge suidelike grens met Mexico
4. Goeie handelsbetrekkings met oa China – invoer/uitvoertariewe billik

Gee vir ons die saakverwysing waar hy SKULDIG bevind is. Nie CNN propaganda maar die werklike uitspraak. Ek kon nog niks op google vind nie, en dit sou uitgebasuin gewees het as daar wel so iets was. Piet jy kyk te veel CNN, CBS, ABC en al die ander linkse propaganda

Dirk ·

@Piet, ongelukkig mors jy jou asem met hierdie Trumpists. Hulle het duidelik nie gesond verstand om te verstaan dat hulle ‘n krimineel, ‘n verkragter, ‘n persoon wat ‘n mislukte sakeman is, ondersteun nie. Die waarheid word vir hulle gegee en nog steeds maak hulle die keuse om Trump die verkragter te ondersteun. Hulle verstaan ook nie watse uiterse groot gevaar Trump hou vir die wêreld nie.

Jan Jacobs ·

Piet waaraan is hy skuldig bevind, dis eiendom wette wat hy oor tree het, soos eiendom pryse wat opgestoot word wat alle die meeste eiendoms agent doen. Joe Biden het baie meer seksuele klagte teen hom, hy besnuif dogtertjies in die openbaar. Wat wil jy nog weet.

Mike ·

@ Dirk – net stellings – geen “substance” Skiet soos ‘n cowboy uit die heup.

Mike ·

Onder Trump se wag ook”

1. Lae energie pryse
2. Energie sekuriteit
3. Dwelm situasie onder beheer (fentanol)

Ek ondersteun eerder so ‘n ”ou fossiel” wat kan deliver as die non-corpus mentis, marksisties berheerde robot wat Biden genoem word.`

Republikein in die Wes Kaap ·

Wonder in wie se pie gaan Trump weer sy vingers druk?

Michael ·

Dirk en Piet ek aanvaar en respekteer julle opinies maar dit bly julle opinies en net soos die demokrate in die VSA praat baie maar geen feite nie.

Mike ·

@ Jan Jacobs – Trump sal beslis nie die eerste, enigste of laaste eiendomsontwikkelaar in die VSA wees wat ‘n balanststaat opgeblaas het nie. As jy gaan navors blyk dit in die VSA meer die reel as die uitsondering te wees. Wat het dit met sy vermoe as leier te doen. Sy rekord as president spreek vanself. Ten minste is hy nie in die Chinese se agtersakkie nie (gaan kyk na Biden se besigheidstransaksies met die CCP).

Die GROOT ding is egter Trump erken God, en die linkses /liberale HAAT dit met ‘n passie.

Stofdonkie ·

Die was ook die ondergang van SA, mense glo propoganda en is te oningelik om te kan onderskei tussen propoganda en waarheid, toe gaan stem hulle “Ja”, en met die “Ja” stem gee hulle die land weg aan die ANC. Kyk hoe lyk ons land nou. Gee amerika nog ‘n termyn vir biden sodat hulle ook kan val tot waar SA is.

Mari ·

Ek hoop van harte Trump wen. Indien hy nie wen nie en dus nie die verval in Amerika kan stop en omkeer nie, is dit verby met Amerika.

piet ·

Meer as 500 miljoen Dollar geslaan vir bedrog en seksuele aanranding. Nou kom sy kriminele sake nog voor. Hy gaan sit… So terloops die Amerikaanse ekonomie is nou die beste ooit. Dis ekonomie is nou beter as enige tyd gedurende die trompetter se “bewind”, werkloosheid is die laagste ooit, ens. Trump het baie min gedoen terwyl hy president was, kon nie eers helfte van sy muur voltooi nie. Useless, swak, bedrieer en seksuele aanrander. Selfs sy eie vrou kan hom nie verdra nie. Sy bly in ‘n ander gedeelte van Mar-a-Lago (of wat die plek se naam ookal is), wil nie naby hom wees nie. Hy’s entlik net ‘n vieslike, ongeskikte vent. Gaan kyk op youtube na sy toesprake, kommin, man. Noem sy teenstanders vieslike name, ens. Die ou is laag.

Renier ·

As die twee die beste kandidate is uit omtrent 330 miljoen mense, is vsa in die sop. uit die 2 vat ek eerder trump as biden

kragaap ·

Trump is die kandidaat wat die VSA en die weste weer in ‘n leiers posisie in die wêreld sal plaas. Die wêreld het ‘n sterk VSA nodig.

Goldy ·

Werkloosheid was laagste ooit onder Trump en hy het amerika gou uit die sloerende 2008 resessie geruk, enigiemand met net n klein bietjie ekonomie kennis weet hoe goed Trump vir werkskepping en die ekonomie vir die gewone mense was.

Marthinus W ·

Daar is n brief van 2018, waarin Stormy Daniels erken sy en Trump was nooit saam nie. Trump vra gedurig aan sy ondersteuners: in watter staat/dorp moet ek n rally hou? Wie soek julle as my VP? ens [Ek het die e-posse daarvan, maar die media sal dit nooit wys nie]. Lees bietjie die Hur Report wat hierdie week bekend gemaak is.

Mike ·

Ek verstom my oor hoe mense die waarheid op hierdie forum verdraai. Toe Biden aan bewind kom (dag1) het hy oor die veertig “executive orders” uitgevaardig oa. die staking van die bou van die muur wat voltooing genader het. Nou is Trump “useless” omdat Biden die voltooing daarvan gestaak het? Hoe kan jy in jou wildste drome so redeneer? Dit is egter tipies van die linkse propoganda masjien, en die “kudde” volg net slaafs saam. Die waarheid mag verdraai word solank dit net die einddoel ondersteun. Babas mag vermoor word en dis ok, solank ‘n vrou se liggaam haar eie is en sy daaroor kan beskik soos sy goeddunk. Hoe eng moet jou gedagtegang wees om jou te beywer om sulke norme in jou gemeenskap te promoveer.

Cassie Carstens ·

Die muur was in elk geval geldmors omdat jy NIE mense daarmee kan uithou nie. Trump is ‘n bleddie misdadiger en ek kan nie verstaan dat mense so iemand ondersteun nie. Hy voel vere vir ander, stel net belang in sy Koninkryk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.