Dis-Chem hét brief oor wittes gestuur

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Dis-Chem kon dalk Vrydag nie bevestig dat ʼn brief aan werkers wat lui dat ʼn moratorium op die aanstelling van wit kandidate geplaas word “amptelike” kommunikasie van die apteekgroep is nie, maar ʼn brief van hul regsverteenwoordiger wys dat dit wél uitgestuur is.

Maroela Media het vroeër berig mense is woedend oor die skrywe wat aan personeel gestuur is en wat lui dat wit personeellede nie aangestel of bevorder mag word nie, sodat indiensnemingsteikens by die maatskappy behaal kan word.

Die apteekgroep se antwoord op ʼn navraag oor die brief het gelui dat hulle geen “bevestiging” het dat dit “amptelik” is nie en dus nie tans daarop kan kommentaar lewer nie.

Werkers is glo gedreig om nie ʼn woord oor die brief te rep nie, maar het dit nietemin aangemeld. Solidariteit se regspan het, nadat vakbondlede dit onder sy aandag gebring het, by Dis-Chem se regspan oor die brief navraag gedoen.

Die antwoord van Dis-Chem se regspan lui dat “die brief byna dadelik onttrek is nadat dit uitgestuur is”.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit wys dat die brief inderdaad uitgestuur is, al is dit dan blitsig weer onttrek.

‘n Gedeelte van die brief wat Dis-Chem se regspan aan Solidariteit gestuur het.

Volgens hom is daar ook geen bevestiging dat die beleid laat vaar is nie, maar net dat die brief herroep is.

Die regspan se antwoord aan Solidariteit lui ook dat die maatskappye te alle tye aan die bepalings van die Wet op Billike Indiensneming sal voldoen.

Volgens Hermann laat die brief vrae ontstaan oor Dis-Chem se moraliteit en indien daar wel so ʼn streng rasverpligting op die maatskappy geplaas word, behoort hy dit uit te daag. “Hulle moet dit in die hof gaan toets omdat dit nie reg is teenoor werkers nie,” sê Hermann.

Hy het in ʼn ope brief aan Ivan Salzman, uitvoerende hoof van Dis-Chem, ook gesê dat “lojale wit klante welkom is, maar nie lojale wit werknemers nie”.

Hermann sê Dis-Chem is blootgestel aan koopkrag en dat dislojaliteit teenoor ʼn spesifieke gedeelte van die groep se klantebasis hom voortaan suur kan bekom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frederik C ·

Solidariteit wil ook nou, soos die DA tot onlangs, hof toe hol oor enige bakatel. Loods liewer ‘n veldtog om Wittes te ontmoedig om Dischem enigsins te ondersteun. Die resultaat sal gou duidelik wees.

Herman L ·

As witmense nie daar welkom is as personeel nie, dan behoort witmense ook nie daar welkom te wees as klante nie. Ek sal hulle nie weer ondersteun nie!

Keelvol ·

Saltzman moet n bietjie oplet hoe anti-Israel is die regering.

Flip ·

Gelukkig kry ons BAIE GOEIE EN VRIENDELIKE diens by ons plaaslike apteek deur mense wat my taal praat en verstaan.

SjN ·

Sal my nie weer sien nie. Gaan eerder my privaat mense ondersteun.

Lillian ·

Gelukkig koop ek nie daar nie, daai winkel is hopeloos te vol gepak en te besig na my sin, maar dan weer is Clicks maar dieselfde, ook geen witgesiggie in daai winkel onder die personeel nie.

Antie Sarie ·

Clicks is dieselfde. Hulle sit dit net nie op skrif nie.

Antie Sarie ·

Ondersteun julle lokale apteek. Die eenman saak. Bly weg van mega maatskappye. Die ander mega apteek het dieselfde “beginsels”. Sonder n brief.

Salome ·

Sien geen wit mense op die vloer en by die betaalpunte nie. Daar word lankal teen die jong blanke mense gediskrimineer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.