Dis-Chem het pryse tot met 261% verhoog

Argieffoto

Die Mededingingskommissie het Donderdag gesê Dis-Chem sal vervolg word vir buitensporige prysverhogings tydens die nasionale ramptoestand.

Die kommissie het Dis-Chem Pharmacies Bpk verwys na die Kompetisietribunaal ná ʼn ondersoek bevind het die maatskappy het buitensporige pryse gehef op noodsaaklike higiëniese goedere tot nadeel van klante en verbruikers in oortreding van artikel 8(1)(a) van die Wet op Mededinging.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Mededingingskommissie, het gesê buitensporige pryse is onder andere gehef op gesigmaskers. “Die kommissie het sedert 28 Maart verskeie klagtes van die publiek ontvang van verskeie Dis-Chem-takke oor die pryse van gesigmaskers,” het hy verduidelik.

“Die kommissie het bepaal dat, voor die ramptoestand aangekondig is, het Dis-Chem die drie betrokke tipes gesigmaskers verkoop teen laer pryse.”

Die gemiddelde prys in Februarie 2020 vir gesigmaskers (blou) 50PC was R43.47 (BTW uitgesluit) en dit is in Maart 2020 vir R156.95 (BTW uitgesluit) verkoop – ʼn verhoging van 261%.

Die gemiddelde prys in Februarie 2020 vir gesigmaskers 5PC was R13.27 (BTW uitgesluit) en dit is in Maart 2020 vir R19.03 verkoop – ʼn verhoging van 43%.

Dis-Chem se insetkoste vir Foliodress-gesigmaskers (blou) het nie verhoog nie, maar hul winsmarge het van 20% in Februarie 2020 gestyg tot 45% in Maart 2020.

“Persone wat dié noodsaaklike produkte verkoop moet besef dat dit tans letterlike lewensnoodsaaklike produkte is. Uitbuiting moet nie plaasvind nie en hulle moet nie voordeel probeer trek uit klante tydens die ergste tyd in ons geskiedenis nie,” het Tembinkosi Bonakele, kommissaris, bygevoeg. “Ons sal geen steen onaangeraak laat om die verbruiker te beskerm nie.”

Die kommissie het die tribunaal versoek om ʼn maksimum boete teen Dis-Chem te hef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Debbie ·

Sies Dis-Chem! Dit is reg. Dit is laakbaar om mense in so ‘n moeilike tyd uit te buit. Veral laakbaar om mense op noodsaaklike items uit te buit.

Piet ·

Swak..
Een man se dood is n ander se brood.. In die geval vind ek die smaak uiters bitter.

Niklaas ·

Hulle is nie die enigste nasionale firma wat dit doen nie! Supermarkgroepe raak ook skuldig hieraan.

Deon ·

Die mense moet hulle kwitansies vat en hulle geld gaan terug vra…. Oh ja amper vergeet ek nou, dan score die regering niks… So die verbruiker betaal sommer die boete ook.. Knap gedaan

Eugene ·

Krimineel. Ek is ook ingedoen en het R19. 95 vir n madker betaal wst voorheen R4. 95 was. Ek gebruik hulle al jare lank maar sal nou my opsies begin heroorweeg

Michael 1 ·

Dit is n skande om n pandemie te misbruik om profyt op te stoot.

netekalleen ·

Sies vir discem. Gaan kyk by julle spar winkels. Hulle verkoop materiaal maskers jy self.elke aand kan ontsmet vir R28.

Cherokee ·

Dit is laakbaar, Dischem. ‘n Absolute skande. Nou kan julle gerus die ‘Dis’ gedeelte voor die naam wegneem, want dit is absoluut nie die waarheid nie.

Cherokee ·

…en die Dis met ‘n Plus vervang, want hulle het nou Plus-Chem geword.

zulk ·

Dischem is ook die kansvatters wat nou skielik nie huur wil betaal as gevolg van Covid krisis nie: misbruik ander se teenspoed en uitbuit terwyl hul ten volle oop is en besiger as ooit- skande Dischem!

Okmardom ·

Slim plan gewees en het gewerk. Hulle het soos ander besighede nou die geld nodig, …sal later die hofstryd befonds met nuwe winste.

Okmardom ·

Gesigmasker sr going rate is R25 per masker en n kas bier, dumpies, R500. Ek rook nie, so weet nie wat is die prys nie. ….so hoor ek.

Sarel ·

Dit is kettingreaksie van vervaardiger – Groothandel – na Kleinhsndelaar. Hoekom.moet die Kleinhandelaar al die skuld kry . Wat van Clicks – Checkers – ens.

Kobus ·

Dit geld nie net vir gesigsmaskers nie,hulle het ook hulle hand sanitasie produkte tot 3 maal meer geprys.Uitbuitery.Skaamteloos.Maar soos almal tereg noem,hulle is nie die enigste groep nie.Chips,Oros,sjokolade ens se pryse is ook opwaarts aangepas.Sal nie name noem nie,kyk maar self

PieterP ·

Kom neer op supply and demand. Daar is nie so hoeveel sal jy betaal vir wat ek het? Almal wat die groep so roskam, kla julle altyd as julle te veel betaal? Spog julle altyd oor julle winskopies as julle iemand afgestry het? As jy iets verkoop probeer jy dit vir soveel as moontlik verkoop hetsy in jou besigheid of op Junk Mail, Gumtree ens. Probeer iets skaars van enige item koop en jy betaal meer. Koop dit of los dit. Koop dan ‘n materiaal maskertjie by iemand wat dit maak vir ‘n ekstra geldjie. Dit is soos waatlemoen hier in die Laeveld. Ek betaal nie R80 vir dit nie so laat dit net daar op die rak bly.

Manie ·

Skokkend om te dink iemand kan in hierdie situasie uitbuiting op so ‘n vlak te doen. Skaam jou ten gronde Dis-Chem. Laat dit ‘n boodskap wees vir enige ander organisasie of persoon wees met dieselfde gedrag. Ek het gister by ‘n wel bekende winkel ‘n broodjie gekoop wat normaalweg R22 kos wat toe R44 was. Vra my nou net, kan dit waar wees?

Paul ·

Beboet hulle met ‘n persentasie van hul totale omset sodat hulle’ n baie groot les leer!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.