Dis-Chem kry groot boete oor maskers

(Foto: pixabay)

Die Mededingingstribunaal het Dis-Chem daaraan skuldig bevind dat hy buitensporige pryse vir gesigsmaskers te midde van die Covid-19-pandemie gehef het.

Die tribunaal het beveel dat Dis-Chem ʼn boete van R1,2 miljoen rand moet betaal.

Daar is bevind dat Dis-Chem artikel 8(1)(a) van die Mededingingswet oortree het deurdat die apteekkettinggroep met die aankondiging van die algehele landwye afsonderingstydperk buitensporige pryse vir drie verskillende soorte gesigsmaskers gehef het.

“Ons het bevind dat Dis-Chem in die konteks van ʼn wêreldwye gesondheidskrisis met ʼn oormatige vraag na chirurgiese maskers wat noodsaaklik geag word in die stryd teen Covid-19, gewys het dat hy die markkrag geniet en uitoefen deur sy pryse wesenlik te verhoog, sonder ʼn beduidende toename in koste en ʼn beduidende toename in marges.”

Volgens die tribunaal het Dis-Chem versuim om te wys dat die prysverhogings billik was. “Na ons mening was Dis-Chem se massiewe prysverhoging van chirurgiese maskers heeltemal onredelik en onvanpas.”

Dis-Chem het die pryse van gesigsmaskers glo met tot 261% verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

christo ·

Daai boete gaan korrupte amptenare se salarisse skielik aanvul. Laat Dischem liewer daardie geld aanwend om gratis beskermde drag (PPE’) aan gesondheid werkers en arm skole skenk. Dis soos om geld te gee aan ‘n bedelaar met ‘n alkohol probleem en hoop hy gaan kos koop.

Cornrit ·

Dit is n absolute skande vir hierdie Apteek groep. Hulle gaan kliente verloor, deurdat hulle so laakbaar opgetree het.

johanf ·

Dit is nie mooi nie, 261% pryse verhoog…..
nou 0% wins…….

Annelize ·

LEKKER!!!! Kry vir julle Dischem! Hopenlik besef julle nou daar is ‘n verskil tussen wins maak, en gierig wees.

Scalla ·

Wat van die ondernemings wat hul handreiniger produkte drasties verhoog het?

Geo ·

Ek sien niks fout nie. Niemand is gedwing om ‘n masker teen daardie prys te koop nie. Neem jou besigheid na ‘n ander plek as dit te duur is.

Hans ·

Geo, dis maklik om te se, maar dit was lockdown, baie dorpe het net een of twee plekke gehad wat maskers verkoop, so dit was uitbuiting. Hoop hulle trek almal vas wat die sanitizer so duur verkoop het ook

Deon ·

Hulle lag vir daardie boete, die ekstra geld wat hulle gemaak het sal dit betaal, so, maw die verbruiker betaal en ons dink hulle word gestraf, rat voor die oee

Raakvatter ·

Netso Deon, ek wou ook so stelling plaas, maar sien jy het reeds. So die R1.2m wat betaal is doen hulle met kleingeld in die kluis want hulle het reeds R4m gemaak.

Prikkie ·

Natuurlik sal hulle die geld uit iets anders verhaal, maar ten minste weet hulle nou hulle word dopgehou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.