Dis-Chem laat vaar appèl oor buitensporige pryse

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Die Suid-Afrikaanse apteekgroep Dis-Chem het sy appèlaansoek laat vaar teen ʼn bevinding van die Mededingingstribunaal waarin hy skuldig bevind is dat hy buitensporige pryse vir gesigsmaskers te midde van die Covid-19-pandemie gehef het.

Die Mededingingskommissie het kort na die aanvang van die afsonderingstydperk in Maart verskeie klagte van die publiek ontvang dat Dis-Chem die prys van sy gesigsmaskers kwaai verhoog het.

Die tribunaal het Dis-Chem op 7 Julie op die aanklag skuldig bevind.

“Ek is verheug dat Dis-Chem nou hierdie besluit geneem het. Die prysverhogings wat tydens die landwye ramptoestand voorgekom het, is betreurenswaardig,” het die kommissaris van die Mededingingskommissie, Tembinkosi Bonakele, gesê.

“Ons het deurlopend aangevoer prysverhogings ontneem verbruikers, veral arm verbruikers, toegang tot noodsaaklike goedere wat benodig word om te keer dat die pandemie vererger.”

Die kommissie het in sy ondersoek bevind Dis-Chem vra buitensporige pryse vir noodsaaklike higiëniese items tot nadeel van verbruikers. Dit was volgens die kommissie ʼn oortreding van verbruikersbeskermingsregulasies.

Voor die pandemie het Dis-Chem die maskers veel goedkoper verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Petrus

Skande! Om te dink dit was altyd my gunsteling Apteek. Wys mens net waar (as) Geld betrokke is. A nee a!

Trotse Boervrou

Ek was ‘n groot Dis-Chem kliënt. Na dese sal ek, net uit beginsel uit, twee keer dink voor ek iets daar koop. Ons geld is goed genoeg maar wat van ons lewe? Baie mense kon nie eens die simpel maskers bekostig nie en dan doen ‘n winkelgroep, wat regtig nie swaar trek nie, dit. Hierdie uitbuiting in die uiters moeilike ekonomiese omstandighede is ‘n dolk wat diep in die hart steek.

JohanR

Is that not how economics works….supply and demand? As vyf mense my masker wil he dan verkoop ek hom aan hulle vir R5. Maar as ‘n krisis slaan en daai masker beteken die verskil tussen lewe en dood dan verkoop ek hom teen R500, of enige prys wat die desperate mens wat aan my arm hang hom voor wil koop. Dit is om soos op ‘n Picasso slikdery by Sotheby’s te wed. Die een in die einde wat die skildery die ergste wil he, en die hoogste offer kan maak kry die skildery. Het nie gesien dat iemand in die… Lees meer »

Mallie

Dischem volg maar net die ANC se voorbeeld.

Frans

Persentasie verhogings is dikwels misleidend,veral as dit by tariefaanpassing kom. ‘n Sprekende voorbeeld was die verhoging van Rand Water in 2017 vir grootmaat waterverskaffing aan bv.Ekurhuleni.Skryf toe ‘n brief aan die plaaslike koerant soos volg. The Rand Water Board as the Bulk water supplier to Ekurhuleni decided at a consultative meeting held on !8th October 2017 to increase its tariff for bulk water supply from R2.713 per M³ (kilolitre) to R3.055 m³,i.e 12.6% (R0.34 per m³) Die bedrae het in ‘n persverklaring verskyn. ‘n Woordvoerder antwoord toe namens die Metro dat die Raad geen ander keuse gehad het om sy… Lees meer »