Dis-Chem laat vaar appèl oor buitensporige pryse

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Die Suid-Afrikaanse apteekgroep Dis-Chem het sy appèlaansoek laat vaar teen ʼn bevinding van die Mededingingstribunaal waarin hy skuldig bevind is dat hy buitensporige pryse vir gesigsmaskers te midde van die Covid-19-pandemie gehef het.

Die Mededingingskommissie het kort na die aanvang van die afsonderingstydperk in Maart verskeie klagte van die publiek ontvang dat Dis-Chem die prys van sy gesigsmaskers kwaai verhoog het.

Die tribunaal het Dis-Chem op 7 Julie op die aanklag skuldig bevind.

“Ek is verheug dat Dis-Chem nou hierdie besluit geneem het. Die prysverhogings wat tydens die landwye ramptoestand voorgekom het, is betreurenswaardig,” het die kommissaris van die Mededingingskommissie, Tembinkosi Bonakele, gesê.

“Ons het deurlopend aangevoer prysverhogings ontneem verbruikers, veral arm verbruikers, toegang tot noodsaaklike goedere wat benodig word om te keer dat die pandemie vererger.”

Die kommissie het in sy ondersoek bevind Dis-Chem vra buitensporige pryse vir noodsaaklike higiëniese items tot nadeel van verbruikers. Dit was volgens die kommissie ʼn oortreding van verbruikersbeskermingsregulasies.

Voor die pandemie het Dis-Chem die maskers veel goedkoper verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Petrus ·

Skande! Om te dink dit was altyd my gunsteling Apteek. Wys mens net waar (as) Geld betrokke is. A nee a!

Trotse Boervrou ·

Ek was ‘n groot Dis-Chem kliënt. Na dese sal ek, net uit beginsel uit, twee keer dink voor ek iets daar koop. Ons geld is goed genoeg maar wat van ons lewe? Baie mense kon nie eens die simpel maskers bekostig nie en dan doen ‘n winkelgroep, wat regtig nie swaar trek nie, dit. Hierdie uitbuiting in die uiters moeilike ekonomiese omstandighede is ‘n dolk wat diep in die hart steek.

Frederik C ·

Dis-Chem se prys was voor die covid lawaai R20 per masker en die prys is agterna verhoog na R26. Die mededingingstribunaal sien dit as uitbuiting.
By ons Checkers is die rakprys vir ‘n sak braaihout R 37. Op my strokie, wat ek tuis bekyk, het ek egter R 57 by die kassier betaal. Veel erger uitbuiting as Dis-Chem.

Trotse Boervrou ·

Ek haal aan uit MM berig van 19 Mei 2020 wat gehandel het oor onbehoorlike prysverhogings:

“Dis-Chem wat hul prys opgestoot het met tussen 43% en 261%.”

Frederik C, ek vermoed jou syfers is verkeerd. Die 261% is myns insiens blatant onbehoorlik. Wat Checkers aanbetref moet jy hul “name and shame” omdat dit is wat hul verdien. Skande.

JohanR ·

Is that not how economics works….supply and demand? As vyf mense my masker wil he dan verkoop ek hom aan hulle vir R5. Maar as ‘n krisis slaan en daai masker beteken die verskil tussen lewe en dood dan verkoop ek hom teen R500, of enige prys wat die desperate mens wat aan my arm hang hom voor wil koop. Dit is om soos op ‘n Picasso slikdery by Sotheby’s te wed. Die een in die einde wat die skildery die ergste wil he, en die hoogste offer kan maak kry die skildery. Het nie gesien dat iemand in die goverment hof toe is omdat een sigaret nou R800 kos nie….supply and demand. I have it, you want it….desperately!

Daleen ·

JohanR watse posisie beklee jy in die parlement want dit klink my jy sal goed by die korrupte spul inpas.

Frans ·

Persentasie verhogings is dikwels misleidend,veral as dit by tariefaanpassing kom.
‘n Sprekende voorbeeld was die verhoging van Rand Water in 2017 vir grootmaat waterverskaffing
aan bv.Ekurhuleni.Skryf toe ‘n brief aan die plaaslike koerant soos volg.
The Rand Water Board as the Bulk water supplier to Ekurhuleni decided at a consultative meeting held on !8th October 2017 to increase its tariff for bulk water supply from R2.713 per M³ (kilolitre) to R3.055 m³,i.e 12.6% (R0.34 per m³) Die bedrae het in ‘n persverklaring verskyn.
‘n Woordvoerder antwoord toe namens die Metro dat die Raad geen ander keuse gehad het om sy tarief ook met 12.6% te verhoog nie.
Wat hy egter verswyg is dat sy Raad se tariewe veel hoër is as die van die Rand Water en die arme verbruiker nie 34c per kl meer betaal nie maar tot 3 tot 4 keer soveel afhangende van die glyskaal.
So word 34c R1.11 tot R1.36 op die rekening van die verbruiker.So kom Metro’s en ander met % verhogings weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.