Dis-Chem-staking kom tot ʼn einde

Argieffoto

Dis-Chem het Donderdag gesê dat daar ʼn bevredigende ooreenkoms met werknemers se vakbonde bereik is wat ʼn einde bring aan die werkers se week lange staking by sy afsetgebiede.

Dit kom nadat ongeveer 760 Dis-Chem-werknemers vroeër by sy Midrand-verspreidingsentrum en hoofkantoor begin staak het oor onbetaalde bonusse.

Werkers geaffilieer met die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw) het verlede week landwyd begin staak oor die erkenning van hul unie se organisatoriese regte.

Ivan Saltzman, die Dis-Chem-groep se hoof, het gesê die ooreenkoms wat bereik is, maak voorsiening vir Nupsaw se organisatoriese regte op die gepaste vlak van werkersmag-verteenwoordiging wat glo ook strook met die ander vakbonde wat Dis-Chem-werknemers verteenwoordig.

Saltzman het gesê die operasionele bedrywighede by hul 131 winkels word steeds nie geraak nie.

Maroela Media het vroeër berig Nupsaw, ʼn filiaal van die vakbondfederasie Saftu, het verlede week gesê die staking hou verband met Dis-Chem se weiering om organisatoriese regte kragtens artikel 21 van die Wet op Arbeidsverhoudinge aan Nupsaw toe te ken.

Die vakbond meen ook sy lede is erg benadeel wat die betaling van hul jaarlikse bonusse vir Desember 2017 betref.

Die kwessie tussen Nupsaw en Dis-Chem is in Desember 2017 na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys, maar die saak het onopgelos gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pip die perskepit ·

Spur nachos bly maar lekker.
Ek sou ook ontseld gewees het as ek nie my bonus gekry het nie. Nerens gehoor dat daar geplunder is nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.