Dis dalk weer binnekort ‘ligte uit’

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Janosch Diggelmann/Unsplash)

Eskom het Maandag gewaarsku dat beurtkrag dalk op kort kennisgewing ingestel kan word aangesien die kragnetwerk tans onder erge druk verkeer – veral gedurende spitstye.

“Hoewel die kragstelsel genoegsaam herstel het om deur die dag ten volle aan die vraag na elektrisiteit te voldoen, kan beurtkrag moontlik gedurende die aand ingestel word sou daar verdere onderbrekings in die beskikbare kapasiteit wees.”

Die kragvoorsiener sê een kragopwekker elk by die Kusile- en Kendal-kragstasie behoort voor vanaand weer tot die stelsel gevoeg te word. Indien hierdie opwekkingseenhede nie kan terugkeer soos verwag nie, sal die kragnetwerk ernstig beperk word, wat ʼn verhoogde kans van beurtkrag op kort kennisgewing tot gevolg sal hê.

“Die herstel van kragopwekkers by die Matimba- en Lethabo-kragstasie, asook twee eenhede by Hendrina en drie by Tutuka, word tans vertraag, wat die moontlikheid verhoog dat die aanbod gedurende die aand beperk sal wees.”

Beurtkrag is verlede week ingestel nadat daar ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit was toe van hierdie kragopwekkers onklaar geraak het.

Volgens Eskom het die aanbreek van winter veroorsaak dat daar ʼn groter vraag na elektrisiteit is, veral gedurende die oggend en aand. Gevolglik sal die kragnetwerk dwarsdeur die winter onder druk wees.

“Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, veral tussen 05:00 en 09:00, asook tussen 16:00 en 22:00,” sê die kragvoorsiener.

“Ons het tans 3 049 MW wat weens beplande instandhouding nie beskikbaar is nie, terwyl nog 14 985 MW se kapasiteit nie beskikbaar is nie as gevolg van eenhede wat onverwags onklaar geraak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marius ·

Nou ja. Dit is die gevolg van onkundigheid, swak instandhouding en jare se rus op die loure.

Riaan ·

Die wiskunde som maak lankal nie meer sin nie. Ek dink dit het tyd geword om die mense wat die herstel werk doen onder die vergrootglas te plaas. Die reelmaat waarop “herstelde” stasies weer probleme gee is totaal onaanvaarbaar. Dit dui op swak vakmanskap, of sabotasie. Persoonlik dink ek dit is beide.

Jacques ·

Ek stem saam … ‘beplande instandhouding’ moet mos beteken ons netwerk raak al meer stabiel? Maak net nie sin nie.
Ook, ek wil weet, al daai vetkoppe in die regering, word hulle ook ge-loadshed in hulle buurte, of is hulle vrygeskeld?

Swerwer ·

Nope. Hul krag bly aan. Te bang daar gaan ‘n aanval op hul lewens wees.

Samuel ·

In Eskomtaal beteken “dalk”dit gaan beslis gebeur!! Dankie ANC!! Dankie aan die kommuniste.

Boksombende ·

Ag hemel tog. Niemand kan beplan met sulke onsekerheid nie! Soos ek gese het, los ons op fase 1 met die selfde tyd in die dag vir beurtkrag en sorteer julle strond uit.

piet ·

Ek het reg in die begin van die ruiter se termyn gese dat die daaglikse 2-uur beurtkrag permanent moes wees totdat al die eenhede behoorlik gediens en “overhaul”is. Dan het ons ten minste geweet wanneer die ligte afgaan elke dag en kon jy daarvolgens beplan. Nou word daar lapwerk gedoen elke keer as iets fout gaan en word beurtkrag na willekeur en op kort kennisgewing toegepas voordat mense behoorlik voorsorg kan tref. Dis net swak beplanning en strategie. Ek neem die base kwalik.

Hendrik ·

Another National Crisis – dis mos waarvoor anc staan, dan nié!!!

koos ·

Dis nou ‘n goeie een – Another National Crisis…bwahahaaaa

Papsak ·

Hierdie flippen koministe wat hulle n regering noem moet by pluk gooi hulle ons nie met virusse nie dan regeer hulle tot ons krag noual

PieterJ ·

Artikel sou beter wees as “Dalk weer binnekort ligte aan”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.