Dís die beurtkragvooruitsig dié winter

(Foto: Christel Cornelissen)

Asof die staat van algehele afsondering sake nie reeds vir miljoene Suid-Afrikaners bemoeilik nie, kan die moontlikheid van beurtkrag dié winter boonop nie uitgesluit word nie.

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het Donderdag in Breakfast with Martin Bester op Jacaranda FM gesê dit behoort egter nie naastenby op dieselfde vlak te wees as dít wat die land verlede jaar beleef het nie.

De Ruyter het gesê die kragvoorsiener het die afsonderingstydperk benut om ʼn groot hoeveelheid korttermyn instandhoudingwerk te doen. Dit het reeds daartoe gelei dat ʼn bykomende 2 000 MW wat nie voor die afsonderingstydperk beskikbaar was nie, nou by die stelsel kon inskakel.

Suid-Afrika se kraggebruik het Woensdagaand onverwags tot sowat 31 000 MW gestyg, terwyl dit normaalweg in dié tyd naastenby 28 000 MW is. “Ons kon in die vraag na elektrisiteit voldoen sonder dat ons na dieselopwekkers moes oorskakel,” het hy gesê.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Foto: Facebook)

De Ruyter sê volgens Eskom se vooruitskatting gaan daar in Julie moontlik drie dae van fase 1-beurtkrag ingestel word.

“Ongelukkig, en dit is waar die nalatenskap van tien jaar se gebrekkige instandhouding ʼn rol speel, is die opwekkingstelsel steeds onbestendig en moet ons veel meer intensiewe instandhoudingswerk doen.”

Weens ʼn reisverbod en beperkte toegang tot onderdele kan dié indringende instandhoudingwerk egter nie tydens die afsonderingstydperk gedoen word nie.

De Ruyter sê selfs al sou beurtkrag dié winter noodgedwonge ingestel moet word, sal dit nie naastenby op die vlak wees wat Suid-Afrikaners verlede jaar ervaar het nie. In Desember verlede jaar, toe beurtkrag op sy ergste was, is fase 6-beurtkrag ingestel in ʼn poging om te keer dat die kragnetwerk heeltemal ineenstort.

“Ons is baie ver van daardie situasie,” het hy gesê.

De Ruyter sê die kans op beurtkrag kan nie uitgesluit word nie, omdat groot instandhoudingswerk nog voorlê. Dit word egter op ʼn gestruktureerde manier gedoen.

Benewens die gebrek aan instandhouding is nog een van die kragvoorsiener se groot uitdagings om weer ʼn gesonde bankbalans op te bou. Altesaam 20 munisipaliteite skuld Eskom sowat R28 miljard – geld wat die kragvoorsiener hard probeer om te vorder.

Eskom het self skuld van nagenoeg R450 miljard en net die rente daarop beloop miljarde.

De Ruyter sê dit is nou egter belangrik om te konsentreer op operasionele bestendigheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokerboom ·

Trots op jou en jou span vir die professionele benadering tot bestendigheid wat jul volg. Sterkte vorentoe

Elna ·

Alle munisipaliteite kry “grants” by Tesourie. Een hiervan is die”equitble share” waar munisipaliteite self besluit hoe die geld gebruik sal word, Hoekom kan n gedeelte hiervan nie gebruik word om die Eskom rekeninge te betaal nie?

Burgermeester ·

ESKOM het skuld van R450 miljard, en dan wil hulle nog steeds krag gratis aan sekere gemeenskappe verskaf? As jy gemeenskap A van gratis krag voorsien, dan moet jy gemeenskappe B, C, en D ook van gratis krag voorsien. ESKOM moennie hier kom sit en huil oor dat hulle nie geld het nie. ESKOM se standaarde is al so verlaag, dat ‘n week sonder beurtkrag gesien word as ‘n mylpaal, in plaas van hul werk.

PieterP ·

Ek dink dat konstante inmenging ban die staat se kant af met hulle free handouts enige besigheid sal sink

Burgermeester ·

Dit is so Pieter. Enige iets wat hulle aanpak, loop op ‘n flater uit.

Fedup ·

I bought and send one box of tissues to eskom. Unfortunately they just have to share.

Anel ·

Ag, asseblief. Hopelik word die lot wat nie betaal nie en die wst gratis krag gaan kry, gebeurtkrag. Maar dit sal seker net in my drome gebeur. Ek wens soooo ek regtig sê wat ek saggies dink van huedie hele regering en sy sotlike opset.

Burgermeester ·

Het enige iemand vir Kameraad “Fedup” vandag gewaar, hy is heeltemal te stil?
Comrade Fedup, are you still shopping for FlipFlops? Please respond comrade so that we know you are still with us, and not wearing an orange jumpsuit for jogging in Speedos and Crogs.

Fedup ·

I saw shocking pink flops, to no avail. Had to fight my way out of that one. You know, orange just ain’t my colour.

marius ·

Wat is sy antwoord oor krag wat verniet verskaf moet word ? Dis wat betalers wil hoor.

Fedup ·

Oh my dear soul. From the stupid one’s to another headache.
Wonder if we’re allowed to buy candles?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.