‘Dis ek, Anna’: Ouderdomsperk aangepas

dis ek anna 2Times Media Films was suksesvol in sy appèl teen die Rolprent- en Publikasieraad (RPR) se klassifikasie van die Afrikaanse fliek, Dis ek, Anna.

Die RPR het op 4 September ʼn ouderdomsbeperking van 18 aangekondig met ʼn waarskuwing teen taalgebruik, geweld en seksuele geweld. Die ouderdomsbeperking is nou aangepas na 16 met ʼn waarskuwing dat die inhoud van die fliek sensitiewe kykers kan ontstel.

Driki van Zyl, algemene bestuurder van Times Media, het gesê die uitspraak word verwelkom, aangesien die fliek die kwessie van seksuele mishandeling in Suid-Afrika, en die impak daarvan op kinders, aanroer.

Die fliek is gegrond op Anchien Troskie (Elbie Lötter) se boeke, Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer, wat handel oor die seksuele molestering waaraan sy as kind deur haar stiefpa blootgestel is.

Tertius Kapp het die draaiboek hanteer en die fliek is vervaardig deur Niel van Deventer met regie deur Sara Blecher. Die akteurs is Charlene Brouwer in die hoofrol, met onder andere Marius Weyers, Elize Cawood, Dawid Minnaar, Hykie Berg, Fezile Mpela en Eduan van Jaarsveld.

“Ons verwelkom die nuwe klassifikasie,” het Van Deventer gesê. “Ons het die fliek gemaak met die hoop dat dit ʼn verandering sal maak aan die lewens van jong slagoffers van seksuele mishandeling en hoop sal bied aan diegene wat hulpeloos of stemloos voel.”

Dis ek, Anna begin op 23 Oktober landswyd in rolprentteaters draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Daar dink ons nog steeds dat ‘n kind van 16 DAN EERS besef oor wat koeitjies en kalfies nou eintlik beteken. So, wat wil ek nou eintlik sê ?

Eliza-beth ·

Dit MOET mense ontstel – hierdie is die realiteite en mense moet WAKKER word en besef dit is om ons elke dag. Ons moenie net elke keer ontsteld raak as molesteersders uitgevang raak nie, ons moet dag vir dag oop oe loop en ons kinders beskerm en uitkyk vir die tipe van ding sodat ons betrokke raak en ander kinders kan help!!

AmY ·

Al is ñ kind onder 16 jaar, glo ek steeds elke ouer moet hierdie fliek saam met hul kinders kyk. Hierdie is die harde werklikheid.

Retha ·

Anna was maar 8 jaar oud toe haar lewe begin “verander” het. Wat is die nut daarvan om die fliek eers op 16 jarige ouderdom te sien? Dit is reeds lankal te laat daarvoor dan vir die wat op veel jonger ouderdom gemolesteer word om n verskil te maak.

Retha ·

Anna was maar 8 jaar oud toe haar lewe begin “verander” het. Wat is die nut daarvan om die fliek eers op 16 jarige ouderdom te sien? Dit is reeds lankal te laat daarvoor dan vir die wat op veel jonger ouderdom gemolesteer word om n verskil te maak.

Yvonne ·

Ek het die boek gelees, en trust my dis skokkend!!! Dit walg jou, dit laat jou rooi sien, ek weet rerig nie of ek die moed en krag sal he om die fliek te kyk nie, dit sal my ongelooflik baie ontstel. My meisiekind (15) het die boek voor my gelees, sal haar nie wil blootstel aan die fliek ook nie. Gelukkig is ek baie oop met my kinders oor seks en die moets en moenies van die lewe. Maar mense dis rerig skokkend, skokkend om te sien en te beleef hoe siek party mense rerig is

Belinda ·

Ek sal beslis dit voortsel aan enige ouderdom sodat mense en kinders kan besef dit is verkeerd gelukkig is ek ook baie oop met my kinders en hulle altyd van A – Z gese vandat hulle die dag kon iets verstaan………..ek sal beslis my seun dit wys sodra dit dan eendag op DVD is en hy is maar 13 as iemand molesteer word is daar geen ouderdom betrokke nie dit gebeur van baie baie jongs af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.