Dis hemel op Tafelberg na jongste toekenning

ʼn Uitsig oor Kaapstad. (Foto: Verskaf)

Die World Travel Awards het onlangs Tafelberg as Afrika se grootste toeriste-aantreklikheid aangewys.

Tafelberg se kabelkar is op 4 Oktober 1929 bekendgestel en meer as 29 miljoen besoekers het oor die laaste dekade van die kabelkar gebruik gemaak om die kruin van dié landmerk te besoek.

“In hierdie tyd waar toerisme en reis onder die Covid-19-pandemie ly, is ons ongelooflik verheug om die toekenning huis toe te bring na Suid-Afrika en veral Kaapstad,” sê Wahida Parker, bestuurshoof van Tafelberg se kabelkar.

Ander aanspraakmakers op dié titel was Kilimanjaro in Tanzanië, die Groot Piramide van Giza in Egipte, die Ngorongoro-krater in Tanzanië, Robbeneiland in Kaapstad en die V&A Waterfront.

Saam met die titel as Afrika se grootste toeriste-aantreklikheid, was Kaapstad ook aangewys as Afrika se grootste fees- en geleentheidsbestemming by dié toekennings. Vroeër die jaar is Kaapstad Internasionale Lughawe ook aangewys as die beste lughawe in Afrika, wat die Kaapse toerismebedryf selfs meer bevorder.

Tafelberg kan steeds aangewys word as die wêreld se grootste toeriste-aantreklikheid. Die wenner van dié groot prys sal aan die einde van November aangewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

piet-van-die-namib ·

Die lekker ou Kaap. Dis net anders daar. Al sit jy Tafelberg in die res van die land gaan dit nie dieselfde wees nie.

Einstein ·

Ja, en om te dink “ons” het eintlik niks daarmee te doene gehad nie. Die berg was lank reeds daar voor ons hier aangeland het :-)

Mad Mike die Rhodesiër ·

Een plek wat ek nog wil besoek, maar ek weet nie of my gesondheid dit sal toelaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.