‘Dís hoe en hoekom ek my ma vermoor het’

Francina van der Merwe. Foto: Facebook

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die 22-jarige Pieter le Roux van Vermaaklikheid in die Wes-Kaap het Woensdag erken dat hy sy ma, Francina van der Merwe (55), op 27 Julie wreed in haar huis op Skoolkop vermoor het.

Le Roux het in sy pleitverduideliking sy motief agter dié moord bekend gemaak en ook in ʼn gedetailleerde opsomming vertel hoe sy ma gesterf het.

Volgens die pleitverduideliking het Le Roux en sy ma hul lewe lank ʼn wankelrige verhouding gehad. Sy het hom glo sedert sy kinderjare geskel, gevloek en aangerand.

Van der Merwe het glo baie gedrink en dan vir hom goed soos “jy is mal in jou kop, jy is nie reg nie” en “jou mal d*nner” geskree. Sy sou hom daarna altyd aanrand, beweer Le Roux.

Hy het verder aangevoer sy het hom talle kere “sonder rede” deur die gesig geslaan en gesê sy gaan hom doodmaak as hy dit waag om weg te loop van die huis af. Van der Merwe het hom glo ook verbied om ʼn “regte werk” te kry, en gesê sy werk is om die huis en tuin skoon te hou. Hy moes glo verskeie aande in die buitekamer slaap ná “een van haar woedebuie” wat byna altyd die gevolg van drank was.

Druk tussen die twee partye het vererger toe Le Roux met ʼn bruin vrou van die omgewing begin kuier het.

“Sy het my gevloek en verskree oor die verhouding. Dit was baie moeilik, omdat ons nie baie kontak met wit mense gehad het nie. Sy wou my vrou vir my kies en het dit duidelik gemaak ek mag nie met ʼn bruin meisie in ʼn verhouding wees nie.”

Le Roux het alleen saam met sy ma in die huis gebly, maar het ʼn halfbroer en halfsuster gehad. Sy ander halfsuster is vroeg 2016 in ʼn motorongeluk oorlede.

Hy sê sy suster se afsterwe was baie traumaties, omdat sy altyd ʼn toevlug was wanneer dinge tuis handuit geruk het. “My ma het baie kere gesê sy wens ek het doodgegaan en nie my sussie nie.”

Le Roux voer aan dit is as gevolg van dié mishandeling, dat hy in Junie 2016 sy ma met miergif probeer doodmaak het. Hy het die miergif in haar tee gegooi. Aangesien sy net ʼn halwe koppie van dié tee gedrink en toe gaan slaap het, het sy oorleef. Sy het glo die volgende oggend die res van die koue tee klaar gedrink, maar steeds oorleef.

Hy het sy vriendin van dié poging tot moord vertel. Op die dag van die moord, drie weke na die eerste poging tot moord, het hy 20:30 by die huis gekom nadat hy eers by sy vriende en toe by sy vriendin gekuier het.

“Toe ek by die huis kom, het ek koffie gemaak en ʼn sigaret gerook. Sy het my gevra hoekom ek so laat is en gesê daar is huisreëls. Ek het gesê ek was by my meisie, waarna sy begin skree en baklei het. Ek wou nie baklei nie, en het televisie gekyk. Sy het gesê ons sal die volgende dag daaroor praat, en het gaan slaap.

“Toe ek sien sy slaap, het ek ʼn graaf buite gaan haal. Ek was nie onder die invloed van dwelms of alkohol nie, en ek kon nugter dink. Ek het langs haar bed gaan staan [met die graaf] en wou myself keer, maar het besluit om voort te gaan en haar oor die kop geslaan terwyl sy slaap. Sy het wakker geword en gevra: ‘Wat maak jy?’ Ek het haar aanhou slaan oor die kop en teen haar arm. Sy het gesê ek moet stop, en toe besef ek die graaf werk nie.”

Le Roux sê hy het buite toe gegaan om ʼn koevoet te gaan haal. Hy het Van der Merwe op haar kamervloer aangetref waar sy op haar maag gelê het.

“Ek het haar toe talle kere met die koevoet in haar nek gesteek. Toe sy ophou asemhaal, het ek gestop. Ek het haar daarna by die huis uitgesleep en wou haar in die motor sit, maar sy was te swaar. Talle ander pogings om haar in die motor te kry, was ook tevergeefs. Ek het toe ʼn ankertou geneem en haar [aan haar enkels] vasgemaak aan die motor. Ek het haar agter die motor aangesleep tot by Blombos-heuwel.”

Hy het huis toe gery en sy vriendin gebel en gesê sy ma is dood, maar nie dat hy haar doodgemaak het nie. Hy het die bebloede deel van die mat uitgesny, die bebloede klere, graaf en die koevoet in ʼn vuur gegooi om die bloed weg te brand.

Die polisie het daarna opgedaag, en wou weet waar Van der Merwe is. Hy het hulle na Blombos-heuwel vergesel, en is toe weer terug na die huis. Hulle het die bedekte deel van die vloer gesien waar die bloed was, dit opgelig en toe die bebloede vloer gesien.

“Ek het erken dis haar bloed, waarna hulle my in hegtenis geneem het.”

Le Roux sê sy van verskil van dié van sy oorlede ma, omdat sy haar nooiensvan teruggevat het ná sy van haar man, sy pa, geskei het. Hy sê hy het nooit die huis verlaat of weggehardloop nie, maar eerder altyd by sy ander halfsuster gebly omdat Van der Merwe gedreig het om hom dood te maak.

Hy is Woensdag skuldig bevind in die hof, maar sy halfsuster en ʼn dokter moet nog getuig voor die vonnis opgelê word. Hy sal na verwagting volgende week gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jackie Collins ·

Maroela swak berriggewing. Woorde verkeerd gespel. Strukture van sinne o begrypbare. Ag nee kom aan!!

Janie Monsieur ·

Dagsê Jackie Collins,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer, daar was ‘n tegniese fout, maar ons het dit vinnig uitgesorteer. Die berig is nou reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Cherokee ·

‘Strukture van sinne o begrypbare’ sê Jackie Collins.
Ek is bevrees Jackie, dit wat jy skryf is ook o begrypbare.

Kwaaitjie ·

Maroela Media, mens sê nie “uitgesorteer” nie, dis slegs, ons het dit vinnig uitsorteer. #eknoemditmaarnet

lani du toit ·

gelukkig is dit gratis en verniet! hou op kla….dankie Maroela Media…julle is tops

E.K. - ek sê net! ·

Mens kan die man nie oordeel nie – “it’s the last straw that break the camel’s back”. Mag jy jou lewe omdraai en vrede vind. Klink waarlik of hy tot op ‘n punt gedryf was.

Christelle ·

Ek het simpatie met hom.. kom self uit so huis.. dit was nie maklik nie.
Ek het myself een ding belowe ek wil nooit soos my ma wees nie.. mens kan vergewe maar mens vergeet nooit. En ek haat drank.

Frannie ·

As hierdie waar is en ek glo nogal dat dit is, is dit verskriklik hartseer en my hart gaan uit na hom.

Laspos ·

Baie ouers verstaan nie hoekom hulle kinders hulle nie kontak of by hulle kuier nie. Dis omdat ouers sekere kinders altyd probeer afkraak en verneder. Ek het GEEN goeie verhouding met my eie ma nie. As ek haar sien dan kry ek ‘n weersin in my,nie omdat sy my mishandel het nie maar omdat sy my altyd probeer verneder het. As ek my hare wou sny moes dit wees soos sy wou he dit moet gesny word. As ek iets wou proe dan het sy ‘n eetlepel vol daarvan in my mond gedruk ipv ‘n bietjie gee om die smaak daarvan te leer ken. Ek deel niks in my lewe met haar nie, absoluut niks nie. En ek het geen behoefte om dit te doen nie. Dit is waarom ek so hard probeer om my eie kind anders te behandel as wat ek behandel was, want ek wil nie he dat my kind ook nie van my moet hou nie.

Kollie ·

Ja dis hartseer. Ek begin ook nou my ma ignoreer. Die bitsige dinge wat sy se, kan jou so seermaak maar ek is te veel van ‘n gentleman om haar antwoord te gee. So nou los ek haar maar uit en vermy haar. Die ergste is dat sy my pa se goeie verhouding met my ook vergiftig.

MissDemeanor ·

Ek kry jou jammer dat jy so ‘n goor ervaring met jou ma gehad het. Ouers wat nie hulenosies goed kan hanteer nie kan hul kinders baie skade doen. Dit is n bose kringloop. Dit is goed dat jy die sirkel breek en fokus op ‘n goeie verhouding met jou kinders. Sterkte daarmee.

Johann ·

My friend die martelmoordenaar, die sappige storie gee jou nog geen reg om GOD oor jou moeder te speel nie

Anoniem ·

Inderdaad, nes sit ons nie die reg gee om te oordeel nie.

se iets ·

hoe kan n ma dit doen, ja dit is verkeerd om te moor maar ek glo, syt hom gedryf tot waar hy gemoor het. shame ek dink dit is regtig baie hartseer.

ANON LEGION WARRIOR ·

Ek weet moord is nie reg nie maar fisieke en emosionele mishandeling is ook nie en as jy iemand elke liewe dag stuk vir stuk breek en verniel, is daar in hul siel seer gedelf wat selde herstel. Ja jy kan n persoon dryf om onmenslike dade te pleeg veral as jy onmenslike dade teenoor hulle daagliks pleeg gaan hulle een of ander tyd “snap”. Die feit dat hy dit nie ontken nie en dat hy bereid is om alle besonderhede te gee wys klaar hy jok nie. Alas die reg moet sy pad stap en ek hoop hy kry n regverdige kans of regverdige “verdict” altans.

Marie Pretorius ·

Did die spreekwoordelike ‘mother from hell’ geen liefde net verwerping, het die haat teen Sy pa op hom uitgeneem. Tot op n dag… hoop die hof is genadig.

henry ·

Ek stem ek was deur jare se mishandeling, hoe ouer jy word hoe meer kom jy agter hoe verkeerd dit was van grootmense om so op te tree, en dan wonder hulle hoekom hul nie gebel word op hul verjaardae nie.

MissDemeanor ·

Die interaksies en aard van die band wat primere versorgers met jong kinders het voor die ouderdom van 4 jaar…dit het so ‘n groot invloed op ‘n mens se persoonlikheid en jou lewens-pad. Vrouens wat hul mans vermoor na jare se mishandeling kry ‘n versagte vonnis. Ek hoop dat hierdie outjie ook een sal kry. Sy lewe was hel terwyl sy ma gelewe het. En nou dat hy haar vermoor het is dit nog erger. Maar ek kry die ma ook jammer. Watter sielkundige wonde het sy gehad wat gemaak het dat sy haar kind so hanteer?

kollie ·

Die bitsige en vlymskerp vroue tong het al tot baie verdriet aanleiding gegee.

Man Met hoop. ·

Ek was ook so hanteer deur my ma, ek en my klein boet was met ‘n pistool uit die huis gejaag, en ons het by broers en susters gebly. Daar was ‘n stadium waar my broers ons vir 6 maande weg gesteek van my ouers, hulle was besig om te skei en dit was baie baie lelik geswees. Ons gebruik as pionne. My pa toe dood aan drank, en my ma sit met verwyte en spyte. Nog nie eenkeer wou ek haar doodmaak nie. Maar ek gaan nie jok oor die dinge wat ek gedink het om aan haar te doen nie. Nee, en vandag moet sy in my oe kyk vir hulp. Nie dat ek lekker kry nie, nee, maar die kole op haar hoof is groot.

Genieve ·

Net die Here kan hom hierdeur help want hy was eerlik.Ek oordeel niemand want net hy en sy ma weet wat gebeur het.

zis ·

Ek kan die man se rede in `n mate insien,maar `n mens kom net tot op `n punt waar jy nie meer kan nie, maar moord was nie die oplossing nie. Daar is baie hulp middels beskikbaar.

Astrid ·

Ek kom uit ‘n gebroke huis waar emosionele misbruik aan die orde van die dag was maar jy sien my nie ‘n graaf rondswaai uit weerwraak nie. Ek is vreeslik jammer maar sy ma se aksies regverdig niè sy aksies nie!!! Ek sê nie sy weergawe van die storie is verkeerd nie maar die ma is ook nie hier om haar kant van die storie te gee nie so hoekom die vinnige gevolgtrekkings? Persepsie is nie altyd realiteit nie…

LS ·

Dit is n jammer sy ma moes so wrede dood sterf, maar wat sy aan hom gedoen het was ook baie wreed gewees. Klink of hy geknak het na elke dag se marteling wat sy hom laat deurmaak het.
Ai, dis vreeslik hartseer!

MissDemeanor ·

Dit klink of sy ma co-dependant was. Sy wou ten alle koste voorkom dat hy onafhanklik word. Daarom moes sy hom verneder en keer dat hy n werk of ‘n meisie kry, sodat hy by haar kan bly en nie op sy eie nie. Dit is vreeslik erg. Dat een mens se sielkundige wonde ‘n ander mens aansteek.

Maar... ·

Geen verskoning nie, maar…ons buurhuis het die tipe huurders in wat hierdie ma klinkklaar weerspieël. En ek kan die Gr6 en 7 seun en dogtertjie sien moor oor ‘n paar jaar. Ons moet daagliks hoor hoe die kinders verskree word, uitgeskel en gevloek word. Die maatskaplike dienste (wat ‘n vreemde verskynsel in die ooste van Pretoria is, blykbaar), al male sonder tal ontbied, maar daar kom niks van nie. Die kinders loop beide met ‘doodsmaskers’ rond, en geen lewensgenot op hulle gesiggies nie. Mens verstaan nie aldag hoekom sulke tipe ouers kinders het nie.

Cherokee ·

Baie onlangs is die pragtige Poppie van der Merwe deur haar stiefpa (en miskien ook haar ma) vermoor. Daardie saak s steeds hangende. Daar word vingers gewys na ‘n buurman wat erken het hy het geweet daardie kindjie word stief behandel. Daar is mense wat sê hy is ook aandadig omdat hy geweet het daarvan en nie werklik moeite gedoen het om hulp vir die dogtertjie in pienk te kry nie. RIV Poppie.

MissDemeanor ·

Dit klink of die ouers nie n goeie coping meganisme het nie. Miskien kan jy vir daardie ouers n boek gee. The Whole Brain Child….of No Drama Discipline. Ek vind die twee boeke baie nuttig om my kind se gedrag beter te verstaan (sy is 3 jaar oud…so tantrums en moeilike situasies is iets wat ons gereeld probeer vermy). Partykeer raas en skreeu ouers omdat hul raadop is en nie weet wat om verder te doen noe. Miskien sal die ma bly wees as jy vir haar so n boek gee.

JR ·

Mens moet hierdie uit alle hoeke lees. n Stukkie wors het twee ente maar die vleis is in die middel. Niemand kan die getuienis werklik toets nie. Klink baie sensasioneel. Amper soos film uit Hollywood. Maar wat wel gebeur het, sal raaisel bly. Om te oordeel is in God se reg en Syne alleen. Die wraak kom geen mens toe nie. Gebroke gesinne en alles daarmee saam is hartseer. Maar Liewe Vader het ons almal gesonde verstand gegee om besluite te neem. Omrede een met motorfiets soos malle jaag in verkeer maak nie alle motorfiets ryers onverskillig nie. Daar is baie fyn lyn. Jy moet net self besluit waar en hoe ver jy lyn wil toets en oorsteek.

Tanya ·

Ek dink hy was oud genoeg om sy eie keuses te maak en hy kon die huis verlaat. Nee, hy het eerder besluit om sy ma so gruwelik te vermoor en haar dan nog agter die voertuig aan te sleep. Ek hoop jy word lank toegesluit en die sleutel moet sommer iewers verlore raak. Ek ken nie die omstandighede van vroeer nie, maar ek weet wel dat hy oud genoeg was om die huis te verlaat en sy ma uit sy lewe te sny. Geen simpatie!

Ekke ·

En waarheen gaan. Sal jy so gaaf wees om jou huis vir mishandelse kinders oop te stel en vir hulle n beter toekoms bied. Dink biki voor jy praat.

madels ·

Tanya jy is darem baie vinnig om te oordeel!! Ek kom uit n huis van hel en alhoewel ek nooit tot moord sou oorgaan nie, my gedagtes was definitief nie suiwer teenoor my ma nie. Sy was die duiwel se vrou. Al ons kinders het deurgeloop met afkraking, fisiese en emosionele mishandeling en ons was TE BANG om my ma by die polisie te gaan verkla. Ja, ek stem saam moord is nie die oplossing nie, maar glo my as jy uit n huis van bittere hel kom dan voel n kind, al is jy hoe klein of groot dat dit dalk die enigste oplossing is. Ek kry hierdie jong man bitter bitter jammer.

Stem saam Madels ·

Stem saam Madels, ek wil egter net so stukkie byvoeg, die mishandeling was van kleins af, so hierdie jong man het nooit behoorlik ontwikkel nie en kan nie soos ‘n gewone mens optre nie. Verder het hul nerens om te gaan, hul het nie vriende gehad wat haar streke kon sien nie. Die suster en dokter se getuienis voor vonnis oplegging sal beslis meer lig werp op almal wat wonder wat die Ma se weergawe was. Die suster sal nie toelaat daar haar Ma geinkrimineer word as dit nie so was nie, so sal sy ook nie huiwer om die waarheid te praat en sy storie te staaf as die Ma so heks was nie. Sulke tye wens ek net hul kon kleintyd al die kinders weggegee het – daar is soveel mense wat nie kan kinders hê en sou ‘n goeie werk van die jong man se lewe gemaak het. My 6de sintuig glo sy weergawe, dit maak my meer hartseer oor lewens wat vermors/verniel is.

Bernie ·

Klink of ma in die pad was van sy nuwe romanse en vriendekring.

Ai ·

Bernie. Jys nou belaglik. Hoekom sal jy dan alles beken en skuld aanvaar. Ai jai jai.

Jos ·

Ek dink jy kan dalk reg wees. Hy dink die hof gaan hom laat loop omdat sy ma soos ‘n rassis opgetree het. Ma is nie daar om haarself te verdedig nie. Met haar uit die pad kan sy lewe aangaan soos hy dit verkies..

karel ·

Waarheen moes die kind as hy nie eers skool toe kon gegaan het nie.
Ek hoop ook die hof is genadig. Mens kan seker ook net soveel vat. Ek is teleurgesteld in die familie dat hulle hom nie ingeneem het nie- maar die ma het seker ‘n stokkie daarvoor gesteek.
Alles van die beste jong man en ek hoop jy vind vrede. indien jy sou tronk toe gaan – kry geleerdheid daar en kwalifiseer jou in iets sodat jy dan ‘n goeie werk kan vind . Of hier of oorsee want die Suid-Afrikaners is nie baie vergewingsgesind nie.
Sterkte vorentoe.

Verwonderd ·

Die Woord sê jy moet jou vader en moeder respekteer. So die Here moes geweet het hulle sou nie perfek wees nie… Die seun is geen slagoffer nie. Hy moes net na die Here gekom het wat die perfekte Vader is, en Hom vertel het van sy ma. Die Here like om te problem solve… Dankie Jesus.

Sjoe ·

Sjoe Verwonderd, jy moes hom gaan lei het, want duidelik het sy Ma nie, dan kon hy na die Here gegaan het……. Jy is reg dat die Vader die regte plek is, maar as jy dit nie weet nie, sal jy nie daar uitkom nie, ek kan net nie glo dat geeneen van die familie of gemeenskap iets geweet het en iets hieraan gedoen het nie. Daar is mense wat nie hul kinders met enige stupid verskoning nie laat skoolgaan of sosialiseer nie, wel vir die wat dit nog doen, daardie kind kort stimulasie en as hy of sy dit nie kry, gaan dit in jou gesig ontplof.

Marianne ·

Hoekom glo almal summier wat hierdie moordenaar seun te sê het? Dis net sy kant van die storie…Praat hy ooit die waarheid…..? Onthou bietjie sy kan hom nie weerspreek nie….vir my klink hy na n onstabiele wreedaard wat op sy moeder geteer het. Hoe kan dit wees dat die moeder wat aan hom geboorte geskenk het eers met n graaf en koevoet doodgeslaan word en dan soos n dier gesleep word agter n motor tot in die bosse? Al het sy ook wat gedoen……! Hy hoort agter tralies…lewenslank….

Renier ·

Hy is duidelik ‘n psigopaat. Daar is ‘n 100% korrelasie tussen psigopatie en kindermishandeling. Klink vir my sy was die enigste een wat teenwoordig was tydens sy grootword. Klink vir my sy het gemaai waar sy gesaai het.

Pollie ·

Die reeksmoordenaar en psigopaat Ted Bundy en ander het gelukkige kinderlewens gehad. Psigopatie het niks met kindermishandeling te doen nie, eerder defekte in die brein. Gaan doen asseblief eers behoorlik navorsing.

Mense ·

Hy kon by n vriendin kuier so hy het baie kanse gehad om weg te kom. Al dreig sy dat sy hom sou doodmaak… hy kon na n ander dorp gaan of na vriende..

Pragtig man ·

Pragtig man met wat se geld, vervoer en kos en klere. Dink jy mense sou hom glo, dan sou hierdie nie gebeur het nie!

Keuses ·

N sekonde en mens se keuse in daardie sekonde kan jou hele lewe verander. Die oomblik wat hy by die bed gestaan het met die graaf in die hand en wel die keuse gehad het, maar besluit het om aan te gaan se net vir my dat hy gesmag het na ‘revenge’. Hoekom maar nie dan by sy girlfriend gaan bly het as dit rerig moes nie. Dit sou genoeg ‘revenge’ gewees het. Sy lewe gaan na hy gevonnis is ook nie maanskyn en rose wees nie. Net so erg soos voor sy keuse.
En as ek luister na wat sy vir hom gese het…se dit maar ook vir my hy was nie baie maklik nie. N saak het altyd twee kante. Altwee was dalk verkeerd. Sy het haar vergryp aan drank om dit te handle en hy…wel hy het maar besluit op moord.
Beide het soveel letsels gehad en nie een van hul het geweet hoe om dit te hanteer nie. Dit is regtig eintlik n hartseer storie.

Fluffy ·

Deesdae moet jy net die raskaart speel en die kanse is goed dat die regter dit sy fokus gaan maak aangesien hulle so onbeholpe en rasbehep is .

Annelize ·

Dis vir my baie moeilik om dit te “probeer” verstaan, HOE kan n moeder dit aan n kind doen. Hoe mishandel jy jou kind? Hoe kry jy dit oor jou hart? Hoe leef jy met jouself saam? Hoe breek jy so klein sielietjie? Ek het my eie seun, en besef tiener jare ens le nog voor, maar…..jys n ma, jy het n verantwoordelikheid, liefde.

Peet J ·

Hy het moontlik karakterafwykings, gevangenisstraf gaan hom defnitief nie help nie hy hoort in ‘n gestig. Ek vermoed sy ma het hom vir een of ander rede probeer beskerm daarom dat sy hom werkies in en om die huis gegee het.

E ·

Ek stem dit is onaanvaarbaar as ń ouer ń kind emosioneel mishandel en Narsisties is!, maar pak jou tassie. As jy nie een het nie vat dan maar ń swart sak (ek het) Gaan kry ń werk en sorg vir jouself. Kom weg is die enigste oplossing en harde werk word beloon vir die wat wil.

E ·

El stem saam, om ń kind emosioneel te mishandel nie reg is nie! , maar pak jou tas vinnig boetman as jy nie een het nie vat ń swart sak (ek het), kom weg gaan werk en verdien geld. Begin vir jouself sorg. So paar maande harde beene kou en siedaar als is ok. Vir die wat wil is harde werk en ń skoon bladsy ń wonderlikke vooruitsig. Hoe vinniger hoe beter. Jammer dat hy nie daardie stap geneem het nie.

Arnold ·

Maroela. Ag jul is tops! Hou so aan om nuus so te gee ek waardeer die “verniet” nuus. Mens kan nie altyd se jy geniet wat jy lees. Party dae tog. Ek dink dis ‘n raak opsomming van wat plaasvind en dat ons altyd paraat moet leef in die omstandighede van die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.