Dis hoekom bestuurslisensies so lank vat

lisensie

Argieffoto.

Suid-Afrikaners wag so lank vir hul kaarttipe-bestuurslisensies omdat die masjiene wat die kaarte druk, gebreek het, en die personeel wat dit beman toe gestaak het.

Die feite oor dié kwessie, wat tot gevolg gehad het dat sommige landsburgers tot elf maande wag vir hul bestuurslisensies, is deur die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande, uiteengesit in antwoord op ’n skriftelike vraag deur die DA-LP mnr. Chris Hunsinger.

Volgens Nzimande was die vertragings die onvoorsiene gevolg van ’n stelselopgradering en ’n gevolglike staking.

Die opgegradeerde masjiene wat die lisensies moes druk, het volgens Nzimande nie optimaal gefunksioneer nie. Boonop het die werkers wat dit moes beman, begin staak.

Albei probleme is sedertdien opgelos.

Die gevolg was dat die agterstand met die uitreik van lisensies teen Januarie vanjaar op 250 000 gestaan het en teen Maart op 194 000. Werkers werk tans oortyd en hoop om teen die middel van April die agterstand uit te wis.

Een van die gevolge van die gebeure is dat sommige mense gevra is om terug te keer na verkeersdepartemente sodat hul oogtoetse, vingerafdrukke en foto’s oorgedoen kan word.

Al die inligting is met die oorskakeling na die nuwe stelsel verloor, maar die oorgrote meerderheid daarvan is sedertdien weer opgespoor. Dit is die inligting wat nie weer opgespoor is nie wat nou vervang moet word,

Sover die verantwoordelikheid vir die vertraging aangaan, het Nzimande gesê klagtes van afpersing en sabotasie is ingedien en deur die Valke ondersoek, maar niemand is nog vervolg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

marous ·

Nou moet ek betaal vir ‘n tydelike lisensie net omdat hulle te sleg is om te funksioneer . Wat ‘n siek spul .

Wanda ·

Nee jy hoef nie.Solank jy dit hernu voor die verval en bewys van betaling het,kan hulle niks doen nie.Op ander site gelees

Susan ·

Glad nie nodig om tydelike lisensie uit te neem nie. Jy kan op die dag wat jou lisensie verval aansoek doen vir ‘n nuwe kaart lisensie. Solank jy die kwitansie in jou voertuig het, met jou vervalde bestuurs kaartjie (3 maande nog geldig na die verval datum op kaartjie, alleenlik saam met die kwitansie of bewys dat jy jou lisensie hernu het)

Jaco ·

Ek is seker daai stakende werkers word nou stywe oortyd betaal.

Louis ·

Vanaf Jan tot Mrt is sowat 60000 kaarte gedruk. Daar is nog n agterstand van 194000. Teen 60000 per maand sal dit hulle nog 4 maande neem. Dink net aan al die oortyd.

Joe Olivier ·

Ek wonder of daar n skerp joernalis daarbuite is wat vir ons kan uitvind of Shabir Sheik steeds geld maak uit die bestuurskaarte.

Henrietta Klaasing ·

Myne op tyd in Julie 2018 hernu. ‘n Paar weke gelede is ek na die soveelste besoek vertel die vertraging is omdat ek nie meer “vingerafdrukke het nie”. Genadiglik moes ek net weer ‘n gewaarmerkte afdruk van ID ingee. Wat op aarde DIT met vingerafdrukke te doen??

Ronel ·

Hulle wil seker sien of dit rerig JY is wat voor hulle staan en nie ‘n robot nie hahaha

Irma ·

En die feit dat hulle dit erken beteken dat almal wat verontrief is sommer dadelik tevrede is. Dit werk nie so maklik nie. Die onvermoë om doeltreffend te regeer en dienste te bied word net duidelik belig. Die uitwerking hiervan is baie wyer as wat hulle besef. As ‘n voertuig bestuurder in ‘n motorongeluk betrokke is en sy rybewys is nie uitgereik nie kan dit baie negatiewe gevolge vir die persone hê. Wie neem verantwoordelikheid daarvoor? Ons dr Nzimande??

Wanda ·

Ook maar goed my man het nog nie syne hernu wat Okt laas jaar verval het nie.Myne verval volgende mnd,wou juis volgende week gaan,maar dink ek sal maar wag

Siener van Melbourne ·

Hier in Melbourne kry ek n brief in die pos. Hulle is tevrede met die foto en ek hoef net te betaal, aanlyn. Ek betaal en n week later ontvang ek my nuwe lisensie vir die volgende tien jaar.

Heinrich van Zyl ·

Daai is niks nie.
Hier het ek jare lank sonder ‘n lisensie (of leerlinglisensie) motorfiets gery.
Paar keer ‘n boete gekry wat nou nog nie betaal is nie.
Het onlangs my lisensie gekry omdat ek Route 62 in Amerika wil gaan ry.

Siener van Melbournne ·

Jan, ja my hernuwing het ek deur die pos ontvang. Dis vir my Oz lisensie. Brief sê, die foto wat ons van jou het is voldoende betaal net en ons hernu jou lisensie. Geen oogtoets, geen toustaan. n Week later ontvang ek my nuwe lisensie, geldig vir tien jaar.

Fish ·

Ai dis maar moeilik. Daar is maar n agterstand as dit kom by produktiwiteit en tegnologie, daar is nooit geld om nuwe goed te koop nie.

GM ·

O nè? Hulle het vir my so ruk terug gesê ek kan my kaartjie binne 6 weke kom afhaal. En hulle het my ‘n tydelike lisensie laat kry omdat my lisensie amper sou verval. Hopelik is dit baie lank geldig.

Siener, ek raak sommer jaloers as mense sê hulle is landuit. Ek wens ons kon ook gaan ter wille van ons kinders se toekoms.

Anoniem ·

Wat van BACK-UP masjiene en mense !!! NOG NOOIT GEHOOR van dit nie ? ??? Of dat dit enigsins moontlik is nie ??????

Anoniem ·

Pateties – tot die weer word verkeerd voorspel ! Wat is volgende Mnr Ramaphosa ?

Mattewis ·

Maar ons weet mos darem nou al dat die weer hom nie steur aan weervoorspellings nie – en dit gebeur wereldwyd.

Tanya ·

En dood het ook n oorsaak. Die tyd toe ek daar gewerk het was alles reg nou ja soos ek se dood het ook n oorsaak. Sit wk wag dat werk na jou toe moet kom en nie jy na werk nie.

Petrus ·

Ek weet van iemand wie se lisensie sommer verander het van B naEB.

fred ·

het eers gedenk dit is n laat april fools grap….maar nee…..die sirkus gaan aan…..hoeveel moet die mense verdien om dit kan bekostig om daë sonder pay te staak?

Gert van Wierdapark ·

Stem saam dat nagevors moet word of Shabir (terminaal siek) Sheik nog miljoene inpalm met lisensiekaarte. Aan die ander kant dink ek nie hy sal masjiene laat onklaar raak en/of stakings toelaat nie. Tyd is mos geld en as ‘n man vir oulaas gholf speel voor jy dalk die emmer skop, wil jy jou tog nie komkommer oor sulke lastighede nie!

Andre ·

BS man !! Dit is moontlik daar daar nie ‘fondse’ beskikbaar was nie of die krag afgesny was of die ou storie : eish die suiker hys klaar.

fred holtzhausen ·

as die nuwe wet deurgaan wanneer almal 5jaarliks hertoets word,hoe vêr gaan hulle dan agter raak in noodgevalle?

Juffrou ·

Ag dis al vir JAAAAAARE elke 5 jaar! Vandat die kaartstelsel bestaan!

Wilma ·

Masjiene stukkend. Huveel daarvan is stukkend. Klink vi my meer na te lui om te werk.

Dissie ·

Nog ‘n staatsdepartement wat faal… Nog masjiene waarop geen voorkomende instandhouding gedoen word nie…. Aai.

Schalk ·

Ook omdat bokse met rybewyse land by ander munisipaliteite en daar staan.Worcester sn maand terug by Vredendal daar was nog n Gautengse dorp sn ook.My dogter sn het hul verloor.Verder sal hul sê van Pretoria fout met vingerafdruk of handtekening .Alhoewel binnelandse sake neem afdrukke dieselfde tyd dan iz daar geen probleem.Stel net bevoegde mense aan met verantwoordelikheid en alles sal reg loop.

Wanda ·

Ekt op ander sote gelees dat as mens gaan aansoek doen voor lisensie verval,dat dit geldig is vir nog 3 mnde as jy nie nuwe ene in tyd kry nie en as jy nogsteeda dit nog nie het na 3 mnde nie,sal hulle jou n tydelike lisensie gee verniet wat geldig is vir 6 mmde.Yeah right,die tellers gaan mens net so dom kyk gee asof jy van mars af is

George in Bloem ·

Hulle saboteer die nuwe masjien,gaan dan op ‘n staking en “demand” beter salarisse tydens uitgerekte “onderhandelings” wat veroorsaak dat die werk agter raak en ophoop.Kom dan terug werk toe en werk lekker oortyd ure,so terloops,as gevolg van hul eie slap en luigat optrede,teen beter vergoeding. Hierdie ouens het die kuns vervolmaak om die arme vuisvoos belastingbetaler droog te melk.Lekker man lekker.

Wonder net ·

Ek sukkel om net aanlyn afspraak te maak vir hernuwing wat ‘n nagmerrie. Probeer elke dag aanhoudend maar dit wys al die owerhede as 0 plekke beskikbaar. My lisensie gaan oor 2 maande verval so ek begin vroeg of so het ek gedink. Ek is in Gauteng/Pretoria

Anti nuwe aanlyn stelsel ·

@Wonder net:

Die nuwe stelsel is voorwaar ‘n nagmerrie. Ek stel voor dat jy op verskillende tye gedurende die dag aanlyn gaan om te kyk of daar enige gleuwe beskikbaar is. Die toetssentrums dateer glo die stelsel in “real-time” op.

Cherokee ·

Sou die verskoning dieselfde wees vir vuurwapenlisensies? Op 31 Januarie SMS ontvang mbt een van my lisensies, dat dit goedgekeur is en hulle my sal laat weet wanneer ek dit kan gaan haal. Dit is nou in die 3rde maand daarna.

Juliana ·

Myne aanlyn aansoek gedoen ook (woon in Texas, VSA) binne 2 weke ontvang en voila geldig ook vir volgende 10 jaar. Sommer ou foto was ook gebruik wat hul in sisteem het. Viva Texas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.