Die toue by kantore van die departement van binnelandse sake is so lank en die diens so stadig omdat soveel personeellede weens Covid-19 nie opdaag nie, en op party plekke omdat die departement se geboue so agteruitgegaan het dat dit nie meer geskik is vir menslike gebruik nie.
Dit blyk uit parlementêre antwoorde van die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, op ʼn parlementêre vraag deur die DA-LP Chantel King.
So is byvoorbeeld net 12 van die 53 kantore van die departement van binnelandse sake in die Oos-Kaap tans ten volle operasioneel. In die ander provinsies was die syfers wat die minister verskaf het te ontoereikend om ʼn sinvolle afleiding te kan maak.
Wat wel beskikbaar is, is die getal personeellede van die departement van binnelandse sake wat tans by die werk is vergeleke met die getal poste wat goedgekeur is kragtens die departement se organogram.
In die Oos-Kaap is daar 630 personeellede by die werk terwyl daar 1 699 poste bestaan. In die Vrystaat is daar 755 poste en 349 mense by die werk. In Gauteng is daar net 1 207 mense by die werk al is daar 3 185 poste. KwaZulu Natal het 602 mense by die werk uit 1 915 poste. In Limpopo daag 604 mense by die werk op uit 1 319 poste. Mpumalanga het 394 mense by die werk uit 1 233 poste. Noordwes het 919 poste met 412 mense wat vir werk opdaag. In die Noord-Kaap daag 244 werknemers vir werk op uit 568 poste, terwyl daar in die Wes-Kaap 1 090 poste is met 509 mense wat vir werk opdaag.
Landwyd daag 4 951 personeellede vir werk op al is daar 12 743 poste, het Motsoaledi gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
46 Kommentare
Die Covid is dan so lekker verskoning om te le.
Dit is nie net agv COVID nie, hulle is al voor COVID net so stadig gewees
En wat doen jy daaromtrent Mnr. Motsoaledi? As ek nie werk toe gaan nie, word ek afgedank en iemand wat WIL werk, kry my pos.
Dit is darem n verskriklike persentasie personeel wat van die permanente tipe Covid kry wat mens 2-3 dae per week aantas elke week. Ek hoop hulle kry “Danger pay” ook want is darem vreeslike gevaarlike werk.
Ek vetrou dat Mogale , Christel en Sylvester by die Akasia kantoor, deeglik deur die bestuur raakgesien word teen bonustyd vir hulle toegewyde diens om hulle afdelings so grstroomlyn soos moontlik, te bestuur. Hulle het bewys dat enkele toegewyde personeellede, deur gereeld die tweede myl te loop, diens funksionaliteit kan laat seëvier.