Dís hoekom hy aansoek teenstaan

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident het weer eens sy ondersteuning vir ʼn kommissie van ondersoek na die bewerings van staatskaping benadruk.

Die presidensie het Saterdag gesê Ramaphosa het gesê hy kan egter nie self so ʼn kommissie op die been bring nie.

Tyron Seale, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê dít is die rede hoekom Ramaphosa die aansoek van AfriForum, die Quaker Vredesentrum en die FW de Klerk-stigting teengestaan het.

“Hy staan dit teen, want die grondwet maak nie voorsiening vir die adjunkminister om presidensiële take uit te voer nie,” het Seale gesê.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum meen Ramaphosa weerspreek homself. “Ramaphosa se onlangse uitlatings in die media dat hy die aanstelling van ’n kommissie van ondersoek goedkeur, is teenstrydig met sy teenkanting van AfriForum se aansoek. Die aansoek het juis ten doel om hom te bemagtig om dié kommissie saam te stel,” het Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid gesê.

AfriForum het aangedui dat hul voortgaan met die regsproses en meen dat Ramaphosa nie die aansoek sou teenstaan as hy ernstig oor ’n kommissie van ondersoek was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco Wessels ·

Dit is eintlik adjunkpresident. Hy is nie n minister nie.

Swannie ·

Dit lyk my Afriforum verstaan `n verduideliking maar moeilik.
CR keur `dit goed dat `n kommissie aangestel word, maar HY is nie by magte om so `n kommissie aan te stel nie.
Die hofaansoek is alweer net geldmors, aangesien geen hof die mag het om die staatspresident van sy magte te onthef en aan die adjunk president oor te dra nie.

Christo ·

Swannie, dit lyk my jy lewer kommentaar op wat JY nie verstaan nie. CR as adjunk-president het wel die reg om so kommissie aan te stel onder sekere omstandighede. Dis waarvoor Afriforum hof toe is. Gaan lees gerus Afriforum se aansoek om agter die kap van die byl te kom.

zoom zoom ·

Van uitstel kom afstel. En so wen onse nr1 nog ‘n rondte met die hulp van ‘n kader.

Kabous ·

Ek het Art 90 vd Grondwet ge-Google en ek moet eerlik sê ek sien nie daar dat Ramaphosa sulke magte het nie.

M.i. slaan Afriforum ‘n dooie perd.

anton ·

Ai wanneer gaan die mense tog besef dat jy nooit die anc en enige lid van die anc kan vertrou nie!!!
Wat is tog so moeilik om te verstaan mense???

VeeJ ·

Seker bang hy verloor sy sitplek op die “gravy train” . . .

SARIE VAN HEERDEN ·

Ramaphosa praat nie altyd dieselfde nie. Hy weet hoe om die waarheid te omseil. Daar is baie ander wat die paadjie reguit loop maar hul aanhang is minimaal. Lekota, Mathews Phosa, en Kie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.