Dís hoekom Parys sonder krag is

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Parys in die Vrystaat is sedert Dinsdagaand sonder elektrisiteit nadat dié dorp se kragsubstasie Dinsdag omstreeks 20:32 aan die brand geslaan het. Só het Eskom in ʼn verklaring bevestig. Die krag kan nog tot Donderdag af bly.

Volgens die kragvoorsiener het daar ’n fout in die transformator by die Parys Rural-substasie ontstaan. Dit het veroorsaak dat die transformator en só ook die substasie aan die brand geslaan het.

“Weens die brandskade wat in die stasie se beheerkamer aangerig is, is die hele dorp se krag afgesny,” lui die verklaring.

Eskom sê die herstelwerk sal op die langste 24 uur duur. Die kragvoorsiener beoog dat die krag teen Donderdagmiddag weer aangeskakel sal word.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat dit vir die inwoners van Parys kan veroorsaak. Ons vra dat almal geduldig en versigtig sal wees. Ons versoek ook inwoners om alle elektriese installasies deurgaans as kragdraend (lewend) en gevaarlik te hanteer,” sê Eskom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Half 9 gisteraand tot half 9 Woensdag aand is 24uur. Tot Donderdag middag klink vir my meer 40 uur. Kan Eskom nie optel nie

Agtogwatnog ·

Herstelwerk sal 24uur neem. Jy vergeet hierdie is n semi-staats instansie. 24 werks ure kan oor 3 dae strek, dan moet onvoorsiene omstandighede ingereken word dus kan dit tot 6 dae neem. ;-)

Kobus2 ·

Hoekom is ek nie verbaas nie? Die verlaging in die slaagsyfer slaan nou duidelik deur. Ek het géén tyd vir onbevoegdheid nie.

Scalla ·

Wanneer laas is die transformater gediens en nagegaan vir slytasie, ens.

Sarel ·

Hoekom het dit azn die brand geslaan? Dit gebeur net te veel deesdae vra vir Vaaldriehoek se mense

Kobus ·

Dis omdat niks in stand gehou word nie. Hulle wag tot sulke dinge gebeur!

PieterP ·

Eish marra now it’s broken… Onbevoegde ou spannetjie, kry vir julle nog ‘n produksie bonus vir die goeie instandhoudings werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.