Dís hoekom RGB saak teen pro-lewe-dokter laat vaar

Dr. Jacques de Vos (regs). (Foto: Doctors for Life/Facebook)

Die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) sê hy het geen ander keuse gehad as om die saak teen dr. Jacques de Vos te laat vaar nie.

De Vos is van onetiese gedrag aangekla nadat hy aan ʼn swanger vrou gesê het dat haar ongebore baba ʼn mens is. Die gewraakte opmerking is reeds in 2017 gemaak en die tugsaak teen die jong dokter sloer al jare.

De Vos was destyds ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom weens die opmerking sonder ʼn verhoor van sy ginekologie-rotasie geskors het. Sy internskap is drie jaar gelede reeds afgehandel en hy sou daarna met sy gemeenskapsdiens begin het. Die hospitaal het egter geweier om hom af te teken en De Vos kon sedertdien nog nie weer praktiseer nie.

Die RGB het De Vos die afgelope week ingelig dat alle oorblywende klagte teen hom laat vaar word. Sy regspan het egter gesê hy het reeds op die klagte teen hom gepleit en is dus geregtig op ʼn uitspraak.

Priscilla Sekhonyane, RGB-woordvoerder, het gesê die raad het ʼn verklaring van die klaagster in die saak ontvang dat sy nie meer met die klagte teen De Vos wil voortgaan nie.

“Sy het ook aangedui dat sy nie teen dr. De Vos wil getuig of aan die verhoor wil deelneem nie,” het Sekhonyane gesê.

“Gegrond op die klaagster se besluit, het die RGB geen ander keuse as om die klagte teen dr. De Vos terug te trek nie.”

De Vos se regspan het vroeër gesê hulle het sedert die aanvang van die saak, ondanks herhaalde versoeke, nooit ʼn verklaring van die sogenaamde klaagster gekry nie.

Sy regspan voer aan die proses teen hom was uit die staanspoor gebrekkig en dat daar nooit ʼn klaagster in die twee klagte teen hom was nie. Desondanks is De Vos “kwaadwillig vervolg”.

Die regspan het die tugkomitee gevra om nie net sy afkeuring van De Vos se behandeling te kenne te gee nie, maar ook om ʼn aanbeveling te doen om die optrede van diegene betrokke by die klagte teen hom te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jakes ·

Ek sal graag wil weet of Priscilla Sekonyane mediese dokter is?

Jan ·

Die woordvoerder isnet ‘n amptenaar, nie ‘n dokter nie. Slegs die komittees is saamgestel met praktisyns, ‘n regsgeleerde en dan gewoonlik ‘n “leek”, wat maar net ‘n klomp politici is… sogenaamde gemeenskaps verteenwoordigers.

Toktokkie ·

Ek sal graag wil weet of the klaagster nou ‘n mamma is……..

Marius ·

Dr. dagvaar die rook uit hulle almal uit . Jou lewe het vir hoeveel jaar stil gestaan en nou is dit maar net OK ? Dit is nie of SA n oorvloed het aan bevoegde Dr’s nie , hulle sukkel maar eerder net aan .

twaalfboor ·

Hoe kan hy geskors word sonder die “klaer” se verklaring? Dr de Vos, ry hulle vir ALS wat hulle het. Raak ryk uit die rassistiese, onetiese, onkundige gespuis.

Riaana ·

Kani verstaan wat hy dan nou verkeerd gedoen het nie, om te se haar ongebore baba was n mens???? Sien regtig niks fout en 100% as die klaer op enige wyse aanstoot geneem het… Voel ek dalk het die Dr net probeer om haar te troos en woorde dalk nie volgens haar reg uitgehaal kom ni…

Dries ·

Ja dit is verstommend hoe vinnig daar gereageer word op ‘woorde’ in ons moderne samelewing, maar dade word gereeld oorgesien.

Annelize ·

Klink my sy het nie besef dat mense, geboorte aan mense gee nie, en so die Dr se woorde verkeerd verstaan het. Het sy dalk gedink sy verwag ‘n Guppy of ‘n Koala beertjie?

Grassie ·

Nou wonder ek – as ‘n ongebore kind volgens die RGB nie ‘n mens is nie, wat is hy/sy dan? Iets wat ek nie oor wonder nie, is dat die Skepper niemand se speelmaat is nie. Hy steur Hom nie aan mense se menings en besluite nie, Hy het nie grys areas nie, Hy het net ‘n reg en ‘n verkeerd. Diegene wat so met menselewens mors sal sekerlik die prys daarvoor betaal.

4ntj13 ·

Hoe op dees aarde kan die Raad ʼn saak openbaar maak sonder ʼn verklaring deur die klaagster? Selfs mét ʼn uitspraak is hier mos erge, strafregtelike crimen iniuria betrokke by die kwaadwillige vervolging teen beide die Raad en sy vorige werkgewer.
Hoe moet mens nou só ʼn spulletjie vertrou om ons lewens te beskerm? Hoeveel anti-wit rassisme was hierby betrokke? Net omdat dit absoluut stink daarna!

Alex ·

Ek verstaan nie. Mis ek iets iewers? Is n ongebore baba binne n mens ook dan nie n mens nie? Dis mos ‘n mens in wording of is dit iets wat nie leef in iemand totdat hy of sy gebore is nie? Dit is wel ‘n fetus, maar is ‘n mens. Die skepping van Onse Vader binne ‘n Mamma is ‘n mens. Laat my maar weet of ek verkeerd is

Herman L ·

Dr. jou oortuiging het jou duur te staan gekom omdat jy nie ten gunste is van moord op ‘n ongebore baba nie. Dit kan nie maklik wees nie, maar onthou daar is baie mense wat jou ondersteun. Ek wonder wat die werklike motief agter die klag was en of die “klaagster” nou besef wat sy wou doen. Hopelik het sy besluit om dit nie te doen nie.

Andre ·

Is die pro-aborsie groepe net op soek na lewende fetusse, wat reeds volmaak is. Om wat mee te maak?

Vriendelike Frikkie ·

R5 miljoen openings eis vir skadevergoeding. Voeg dan die res by vir skade aan loopbaan, reputasie ens. ens. As jy ‘n goeie prokureur het hoef jy nie weer te gaan werk nie.

Petrie ·

Hierdie jong dr het deur so baie trauma gegaan en emmosionele skade gelei. Ek hoop hy dagvaar die raad vir hulle kwaadwillige optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.