Dis hoeveel die verbod op tabak SA kos

Die regering het Woensdag gesê verkope van tabakprodukte word verbied onder die huidige vlak 3-regulasies (Foto: ANA)

Die voortgesette tabakverbod kos die regering daagliks R35 miljoen aan belasting en moet onmiddellik opgehef word. Só het die British American Tobacco South Africa (Batsa) Donderdag na aanleiding van ʼn navorsingsverslag deur die navorsingseenheid oor die ekonomie van aksynsprodukte by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gesê.

Batsa sê in ʼn verklaring dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte ná 118 dae van landwye afsondering die regering meer as R4 miljard aan aksynsbelasting kos en ook aansienlike werkverliese tot gevolg het.

Die verklaring van Batsa volg op die bekendmaking van die UWK-verslag waarin die opstellers tot die gevolgtrekking kom dat die verlenging van die verbod tot begin Mei ʼn bonanza vir die swartmark opgelewer het. Die onwettige verkoop van sigarette het sedertdien skerp toegeneem.

“Volgens die verslag het slegs 9% van die 23 000 respondente wat aan die navorsing deelgeneem het, opgehou rook. “Dit is ʼn bewys dat die regering se wens om rokers te dwing om op te hou rook, ten einde te verhoed dat hulle ernstig siek word weens Covid-19, misluk het,” lui Batsa se verklaring.

Luidens die verslag koop 93% van die land se rokers steeds sigarette. “Dit beteken dat miljoene onwettige aksies van koop en verkoop van sigarette elke dag reg oor die land plaasvind,” sê Batsa.

Die navorsing het ook bewys dat die prys van sigarette wat onwettig verkoop word, tydens die voortgesette afsonderingstydperk selfs verder die hoogte ingeskiet het.

Die navorsers stel voor dat die verbod sowel as belasting op tabakprodukte onmiddellik opgehef moet word. Batsa sê om belasting te hef sal nie werk nie, omdat dit onwettige handelaars net verder die oormag gaan gee.

Johnny Moloto, Batsa se hoof van buitelandse sake, sê meer hulpbronne moet eerder aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) toegewys word om die onwettige sigarethandel te bekamp.

“Onwettige verskaffers gaan nie skielik die wet gehoorsaam en belasting betaal wanneer die verbod uiteindelik opgehef word nie. Hulle het voor die afsondering belasting ontduik, hulle het miljarde ten tyde van die afsondering gemaak en hulle sal steeds belasting ontduik ná die verbod.

“Die mark is heeltemal oorgeneem deur onwettige sigaretverskaffers ten koste van wetsgehoorsame en belastingvoldoende vervaardigers,” sê Moloto.

Die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) sowel as Batsa is tans in hofsake gewikkel om die verbod te laat ophef.

Die regering het Woensdag gesê verkope van alkohol en tabakprodukte word verbied onder die huidige vlak 3-regulasies en die besluit kan enige tyd hersien word deur die betrokke strukture indien die toestand wat daartoe gelei het, verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Ou kop doek en haar regering het mos baie geld wat in pension fondse le hulle vat sommer daar as daar koert. Dan gaan die IMF ook vir die komuniste geld leen om net weer te plunder. Daar is geen verskil tussen Zanu Pf van zimbabwe en die ANC nie.

Jurg ·

Hul is min gepla oor die geld beslis hoeveel huise en skole kon daar gebou word. Waar gaan hul geld kry vir al die werklose mense. Lyk of dit net ‘n manier is om mense verder te verarm en om hul huise, karre en besittings op veilig gs vir ‘n appel en ui in te palm

Magda ·

Ja SA verloor maar nie ou Kopdoek en Regering nie – Glo my ONS WEET HOOR ONS WEET.

Harry ·

Is die Polisie nie veronderstel om hierdie onwettige handel te teiken nie? Minister Cele is baie stil oor hulle suksesse in hierdie verband. Dis vreemd???

johanf ·

Hier staan die sigarette, ten duurste in van die kafees se rakke, ek sal hulle nie meer ondersteun nie….

Marius ·

Ek laat my nie vertel dat die lede van SAPS wat rook op gehou het nie . Dit wil se dat hulle ook deel is van die groep rokers wat sigarette onwettig koop en dus maak hulle , hulself skudig aan dit waarteen hulle veronderstel is om te bekamp . Die regering skiet hulle self in voet reg deer die knieg , en verarm en verhonger die armste van die armste . Dit is op diem einde van die dag hulle mense wat vir hulle stem . Nou vra ek maar net , wat nou ???

Persheks Adri ·

Ons het die volste reg om te rook! Ek ondersteun NIE daai geel lappie NIE ek weier! Hulle maak genoeg geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie!!! Is sy bo die wet? Dis our people wat sigarette deel nie ons nie so kom by met daai halwe brein sel asb soos in gister al. Gatvol vir die sirkus wat ons soos kinders behandel

Yolandie ·

Kos die ekonomie baie geld in belasting. maar ou kopdoek maak nou baie geld met die smokkel van onwettige sigarette. So sy smile al die pad bank toe soos al die ministers doen……terwyl gewone SA’kaners wonder hoe hulle deur die pandemie gaan kom van dag tot dag.

gatgogga ·

Fita en Batsa is nie regtig in hofstryd teen regering betrokke nie, soos wat dit hierbo berig word nie.
Die regering en howe maak seker dat alles sloer – ons weet dit mos nou al.
Weer ‘n onheilige gekonkel en kapings.

Kerneels ·

Daar is niks goed te se^ vir rook nie. Dit benadeel jou gesondheid, en dit stink.

Asem, klere, hare. En moet jouself asb nie flous en dink ‘n peppermentjie, kougom of parfuum maak dit beter nie. Die nie-rokers ruik jou nog steeds op ‘n afstand, want hul reuksintuig is in volle werkende toestand.

Ja, daar word daagliks miljoene rande verloor aan sondebelasting. Maar hoeveel rande word spandeer agv gesondheidskomplikasies? Vanaf die baba met lae geboortegewig wat meer geneig is tot boonste lugweginfeksies agv tweedehandse rook, tot by die bejaarde met emfiseem en ‘n suurstofsilinder.

Stefan ·

Vang die onwettige handelaars en lè beslag op al hul bates, dit behoord ‘n paar gaatjies toe te stop.

Persheks Adri ·

Die eerste wat moet gaan is NDZ en haar kinders! Sy kry mos genoeg geld bo en behalwe die onwettige geld op swart mark

Mrs H ·

Ek sal nou juis aanhou om die swartmark te ondersteun met sigarette, om seker te maak dié goewerment kry nie my geld vir belasting nie. Ek rook steeds en het nie eers amper dood gegaan van covid nie. Ten minste het die swartmark my uitgehelp, het hulle die risiko geloop om in groot moeilikheid te kom en my die ongerief te spaar om deur rook ontrekkings te gaan, my gespaar van ongeduldig en geirriteerd raak teenooor my gesin – wat almal in lockdown met my 24 uur n dag opgeskeep sit met n aaklige gemoed. Daarom sal ek van nou af alleenlik die swartmark ondersteun.

Renee ·

Na gisteraand se gesprek glo ek die brief van die 22 Julie wat uitgelek het en kamstig n’ fout was, tog
waar was en die regring dink ons kan nie deur hulle planne sien nie. Regering ons sien deur julle planne. Leen eerder geld as om die land en sy finansies te beskerm. As julle gedink het die Guptas was erg hou China dop. Hoe wil hulle korrupsie uitroei maar beskerm die smokkelaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.