Dis hoeveel dronkbestuur SA kos

’n Kop-teen-kop-botsing tussen twee voertuie het Dinsdagaand in Benoni plaasgevind (Foto: ER24)

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Woensdag gesê dronkbestuur jaag die regering jaarliks ʼn geraamde R18,2 miljard uit die sak. Volgens die organisasie vind ongeveer 27,1% van alle noodlottige ongelukke in die land plaas weens dronkbestuur.

Dié gegewens spruit uit navorsing wat deur die RTMC in samewerking met die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) gedoen is.

In ʼn verklaring uitgereik deur die RTMC doen die organisasie ʼn beroep op owerhede om dronkbestuurders met ʼn fyn oog dop te hou ten einde die toename in die sterftes op die pad weens dronkbestuur te bekamp.

Volgens die organisasie toon navorsing dat 55% van die noodlottige ongelukke snags plaasvind. Ongeveer drie uit vyf ongelukke gebeur oor naweke en 70% in dié tyd van die jaar wat nie as feestye beskou word nie.

“Owerhede moet dronkbestuur-operasies in die nag, naweke en dwarsdeur die jaar prioritiseer,” sê die organisasie.

Navorsing dui verder daarop dat die risiko vir ongelukke waarby ander padgebruikers betrokke is, soos voetgangers en ander motoriste, aansienlik toeneem sodra die bestuurder onder die invloed van alkohol is. “Voetgangers se kans om te sterf in ʼn ongeluk waar ʼn bestuurder dronk is, is drie keer groter.”

Die organisasie sê ligte voertuie en openbare vervoermiddels het ʼn groter kans om in ʼn ongeluk te kom as gevolg van ʼn dronkbestuurder.

Die organisasie se besluit om die saak van dronkbestuur onder die loep te neem volg nadat vyf mense Dinsdagaand in ʼn kop aan kop botsing in Benoni, Gauteng, omgekom het. Nog vier mense is dieselfde aand dood toe hulle in ’n kop aan kop botsing in Polokwane betrokke was.

Die RTMC, die polisie en die Ekurhuleni-metropolisie ondersoek die ongeluk in Benoni.

Suid-Afrikaners mag weer van Dinsdag af alkohol koop nadat die regering die alkoholverbod opgehef het toe die land na vlak 2 van afsondering beweeg het. Volgens die organisasie verwag owerhede ook dat alkoholverwante misdade weer gaan begin toeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Ek het geen probleem indien dronkbestuurders lewenslank tronkstraf kry nie.

johan ·

Toe alcohol geban was toe het geen navorsing julle gepla nie

Kevin ·

Grootste klomp bog denkbaar. As dit waar is dan het SA pas 7.5 miljard gespaar.
Dan kan SA nou alle skuld af betaal en uit gemors status uit beweeg.

Francois Le Cochon ·

Verminder die alkohol vlak na 0%, en kla oortreders aan van poging tot moord, al beteken dit gholfklubs gaan leeg loop.

Stofdonkie ·

So volgens hulle navorsing het ‘n voetganger beter kan op oorlewing as die bestuurder nugter is? Of die artikel of die navorsing is ‘n pot strooi.

Francois Le Cochon ·

Ja, dit is meer waarskynlik dat ‘n dronk motoris ‘n voetganger sal doodry teenoor ‘n nugter motoris. Die navorsing is dus korrek.

Cornelius ·

How does drunk driving accidents cost the ANC government R18.2 million? Not sure how they arrived at these figures.

Jack Russ1 ·

Nie net ongelukke wat veroorsaak is deur dronk bestuurders nie, maar alle ongelukke waar iemand dood is moet hulle die klag by moord begin

johanf ·

Neem so mens se bestuurders lisensie permanent af…… Ek weet hoe voel dit om ń motor binne jou huis in die nag te kry, tot my worshonde het aan skok gelei……

Niklaas ·

Is daar boetes vir “our people” ? Ek twyfel . As ek gesuip huis toe ry en word afgetrek , wag daar tronkstraf of liederlike boete op my . As dieselfde taai vervolgings maatreels geld vir almal , kan ons hoop kry op ‘n oplossing . Ek het al telkens gesien hoe verkeerskonstabels aan diens , nie sy broers , sy eie mense vervolg nie. Dit sal nie in ander Afrika lande soos Kenya gebeur nie.

Otto ·

En dronkbestuur sal vir ewig aanhou totdat die polisie/verkeer meer padblokkades hou en bestuurders toets vir drinkbestuur.

koos10 ·

Otto, jy is 100% reg, maar nee dis makliker om drank te verban en dan iemand by sy huis dood te slaan.

Chris ·

Ek verbaas my elke keer wanneer die statistieke van dronkbestuur iewers uitgegrawe word. Volgens die statistieke is dronkbestuur vir 27.1% verantwoordelik vir soveel Rande. Goed en wel. Waaraan word die res aan toegeskryf? Ek praat nie dronkbestuur goed nie. Kyk wat is die oorsaak van die res.

Johan ·

Ek het nog nooit verstaan hoe dronkbestuur ongelukke die staat geld kos nie., Kan ingeligte mense ons inlig.asb.

Judge ·

Die tender om verkeersligte te vervang wat omgery word is baie duur.

Anel ·

Wat van taxiobgelukke en ongelukke met staatsvoertuie. Wat kos dit. Want die staatsvoertuig is gewoonlik afgeskryf en word met beter een vervang.

Henri ·

Verkeersbeamptes moet beter ontplooi word. Veral naweke en snags. Met 0% alkhol vlak en tronkstraf sal die drinkers 2 maal dink voor hulle agter die stuur van sy motor inklim.

Judge ·

Hoesstroop drinkers en mense wat mondspoel middels gebruik sal ook 2 keer moet dink.

Wiehann ·

Niemand neem in gedagte hoeveel die regering se Covid planne ons uit die sak gejaag het nie.

Pietertjie ·

Die ergste is dat meer as 70% van botsings deur NUGTER mense veroorsaak word!

Nico ·

Verhaal dit van die dronk suip lappe. As hy nie geld het nie verkoop sy bates en/of laat hom gemeenskapsdiens doen waarin hy opgelei is vir daardie koste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.