Pres. Jacob Zuma het ’n salarisverhoging vir konings, koninginne en tradisionele leiers goedgekeur.
Dié inligting is in die staatskoerant gepubliseer. Tradisionele leiers sal ʼn verhoging van tussen 4,5% en 8% vir die 2018 finansiële jaar ontvang.
Tradisionele leiers word deur die Suid-Afrikaanse regering betaal.
- ʼn Koning/koningin sal ʼn 4,5 %-verhoging kry en ʼn salaris van R1 176 730 per jaar verdien.
- ʼn Provinsiale tradisionele leier sal R1 082 592 per jaar ontvang.
- Senior tradisionele leiers sal ʼn salarisverhoging van 8% kry en dus R246 942 per jaar ontvang.
- Voormans en -vroue sal ook ʼn 8%-salarisverhoging geniet en R106 106 per jaar verdien.
- ʼn Voorsitter van die nasionale huis vir tradisionele leiers (NHTL) sal ʼn 5%-verhoging kry en dus R858 734 per jaar ontvang.
- ʼn Voltydse voorsitter van die provinsiale huis vir tradisionele leiers (PHTL) sal ook ʼn 5%-verhoging ontvang en dus R707 284 per jaar kry.
- Voltydse adjunkvoorsitters van die NHTL sal ook ʼn 5%-verhoging ontvang en R656 800 per jaar in die sak steek.
- Voltydse adjunkvoorsitters van die PHTL sal ook ʼn 5%-verhoging ontvang en R606 145 verdien.
- ʼn Voltydse lid van die NHTL-leiers sal R378 339 verdien terwyl ʼn voltydse lid van die PHTL R324 317 per jaar sal verdien.
- Deeltydse lede van die NHTL sal ʼn toelaag van R1 388 verdien terwyl deeltydse lede van die PHTL R1 151 sal ontvang.
- Deeltydse voorsitters van die PHTL sal R1 651 ontvang terwyl deeltydse adjunkvoorsitters ʼn toelaag van R1 485 sal ontvang.
Deeltydse lede is, behalwe vir die toelae, ook geregtig op hul salarisse as tradisionele leiers. Hulle mag ook redelike lewens- en vervoerkostes eis vir die bywoning van amptelike vergaderings, seminare, werkswinkels en konferensies.
Lekker in die nuwe SA
Wat!? En hoeveel konings, provinsiale leiers, senior leiers, ens. is daar in Suid Afrika waarvoor die belastingbetalers betaal?
Cyril gaan gesels met die tradisionele leiers om hul stem te kry, Zuma gaan een verder en beloof hulle ‘n salarisverhoging. Zuma wil verseker die presidentskap vermoeilik vir Cyril. Slinkse mannetjie daai!
Kriminele sorg vir mekaar ten koste van ander- Die Mafia – Al Capone ens
Nou wat doen hulle dat die hul verhoging so bytensporig is teen jan alleman?? Plaaswerks kry noggie eers ordentlike salaris nie en die tradisionele leiers stap met plus minus R90.000 n maand weg wat n skande.
Welke waardetoevoeging lewer hierdie tradisionele stelsel tot die voorspoed van alle Suid-Afrikaners? Tyd dat hierdie uitgediende feodale stelsel geskrap word. Hoort nie in ‘n demokrasie nie.
Stem saam. Die beginsel van “gebruiker betaal” behoort ook hier te geld net soos wat met tolgeld op ons paaie die geval is. Zoeloes dra by tot die Zoeloekoning se salaris, Vendas tot die Vendakoning s’n, ens.
Ek gaan myself gaan register as n “tradisionele leier” dat ek ook hierdie “westerse” geld kan vat.
Ek sit nou daai selle ding en dink. Dit kan nie so moeilik wees nie
Die woord bloedsuiers kom in my gedagtes op, wat i hartseer land het ons nie geword nie, dan moet mense belasting betaal,,,
Te lekker!!! So score sekeres in SA! Wat v d arme mense werkloses, pensionarisse, ens. Die kamma ‘tradisionele leiers’ en kie gaan met die geld heen en hulle doen niks vir volk en vaderland nie. Plaas daai 4.5% en 8% tussen die behoeftiges gedeel word sodat hulle darem ook beter kan lewe. Maar nou ja… Eie gewin. By the way… Is zuma nie ook a ‘traditionele leier’ in nkandla nie??? ?
Vra maar net??
Ek is ook ‘n prinses, waar is my Salaris?
Ek het ‘n voorstel…dalk tong in die kies, dalk nie.
Is ek verkeerd om te sê dat alle Afrikaans sprekende mense basies aan dieselfde kulturele stam behoort….? En dat die ‘Afrkaanse Stam’ baie takke het wat alle rasse insluit….?
Hoekom dan kies alle Afrikaans sprekendes in elke provinsie nie ons eie Provinsiale Afrikaanse Tranditionele Leiers nie?
Alle Afrikaans sprekendes in elke dorp stem vir hul eie Afrikaans sprekende Senior Traditionele Leier…
Al die Afrikaans Sprekendes in elke buurt in elke dorp stem vir daardie buurt se Afrikaanse Voorman en Voorvroue…
Ens ens ens.
Elke persoon wat op die manier ‘n Kulturele Afrikaanse Leiers posisie het, kan 5% van hul salarisse hou en die res word in ‘n Trust inbetaal waarmee Akademia ondersteun word, fiansiële hulp vir Afrikaans sprekende skoolkinders en studente, entrepeneur programme vir Afrikaans sprekende jongmense en volwassenes en rehabilitasie en opheffings werk onder behoeftige blankes….
Wat doen hul vir ons land en ekonomie om dit te verdien. Ons kan dit ook nie bekostig nie terwyl baie in armoede leef nie. Wanneer gaan die soustrein stop? Is ñ skande en klap in die gesig van baie wat sukkel om net te oorleef .
So…….. hoeveel is daar? Gee ons die feite van hoeveel word jaarliks in totaal uitbetaal aan die vreeslike hardwerkendes?
…so, volgens wat ek kon sien is dit amper ‘n R1bn per jaar…lekker man!
Wat doen die suurstofdiewe om die tipe geld te verdien?
Ek leier van my gesin…gaan ek ook so baie geld kry…mickey mouse leiers wat salarisse kry vir onder n boom sit en slaap…donker afrika natuurlik
Die Luiperd verander van kleur en reuk……
Was al hierdie heerlikhede ook deel van die onderhandelde nuwe grondwet vir 1994+? G’n wonder nie dat die jeug nou glo hulle is almal koningskinders nie en gevolglik aanspraak maak op ‘n immer prinslike bestaan nie.
Mooi Frankie. Afriforum kan vir ons registrasies begin doen. So kan boerevolk darem n paar rand terug kry
Ek gaan opslag aansoek doen, ek is so pas deur my familie verkies as tradisionele leier, hou hierdie spasie dop.
Waar teken ek op. Dit klink te heerlik.
Belaglik om dit liggies te stel. Wat der duiwel doen hul om die salris te verdien. Waar is hul “kantore” sodat ons daar kan gaan kla oor die swak gemanierde meerderheid in hierdie land van ons. stadig maar besig om dik te word vir die wat aangaan. Ek dink ek was beter toe ej my neus uit die nuus en sake van die werled gehou het……..
Noudat ek Chris se sommetjies sien… miskien is my Afrikaanse Tradisionele Stam Leiers – plan nie ‘n slegte idee nie. Dink net wat met ‘n MINIMUM van 1 biljoen rand per jaar vir die ‘Afrikaanse Stam’ – ongeag jou ras, natuurlik – gedoen sal kan word!!!!!
Wat is die kriteria volgens ons grondwet om as ‘n stam erken te word???
Komaan Afriforum…julle het toegang tot hierdie info….. miskien, net miskien is hierdie ‘n manier om die vrot sisteem in Afrikaans sprekendes se guns te laat werk….
Wat doen hulle om dit te verdien ?
Watse produksie / insette lewer hulle ?
Produksie= GEEN
Insette= Pap & runaways
Ter wille van n mens se gesondheid moet mens liewer nie hierdie artikel lees nie.
?
Nou hoeveel beeste en bier het hul n maand gekry voor Jan v Riebeek hie gestop het? Weet hier was seker nog nie maande toe
Vat hierdie geld en gebruik die geld van Nkandl, by gese geen regdenkende mens sal daai plej wil koop nie, en wend dit vir klasgelde en skoolgeld aan dan sal ons hul hoor oor gratis onderrig
Zuma se laaste skuif. Skep chaos deur gratis opleiding en verhoging van tradisionele leiers se “salarisse”