Dis koebaai, maskers!

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrikaners kan Donderdag weer vir die eerste keer in meer as twee jaar sonder ʼn masker in die openbaar verskyn. Dít nadat minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, alle Covid-19-regulasies Woensdagaand teruggetrek het. Die kennisgewing is stil-stil in die Staatskoerant gepubliseer, die aand voor ʼn mediakonferensie wat die uitkomste van ʼn kabinetsbespreking hieroor sou bekendmaak.

Die kennisgewing, wat deur die minister onderteken is, beteken ook daar sal nie meer enige beperkings wees op die hoeveelheid gaste wat ʼn troue of begrafnis kan bywoon of die hoeveelheid toeskouers wat ʼn sportstadion mag besoek nie.

Die regering is die afgelope tyd deur verskeie regsaksies deur onder meer Solidariteit, AfriForum en Sakeliga in die gesig gestaar, wat gevra het dat die hof die regulasies ongeldig verklaar.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het die kennisgewing verwelkom, maar sê dit is bloot omdat die regering in ʼn regshoek gedwing is dat hulle dié besluit geneem het. “Dis is nie ʼn edele besluit nie, maar weens druk vanaf die gemeenskap deur verskeie organisasies soos AfriForum, Solidariteit en Sakeliga. Saluut aan gewone mense wat ʼn onwillige regering terugdruk.”

Hermann het verder daarop gewys dat dit nou die tweede keer is wat die regering skielik regulasies ophef voordat dit deur Solidariteit in die hof gedaag word.

“Net soos die ramptoestand was hierdie regulasies ook irrasioneel en onregmatig; en net soos die afskaffing van die ramptoestand op 5 April, het regering dit besef en wou die hofsaak tot elke prys vermy. Die regulasies was prosedureel en substantief onregmatig. Ons verwelkom natuurlik die terugtrek, maar die regulasies moes in die eerste plek nie daar gewees het nie. Ons vertrou dat die regering nou uiteindelik hul les oor die gevolge van onredelike inperking van burgers se regte geleer het,” sluit Hermann af.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Anel ·

Dankie tog. Hoog tyd.Hoop nou net al die partye gaan in elke geval voort met die hofsake om sulke vergrype vir die toekoms onwettig te laat verklaar. Sodat die lot nie net sommer weer eendag kan besluit om alles weer in te stel nie.

Witbaard ·

Die wysiging in die regulasie sê duidelik dat die beperkings weer ingestel kan word. Dit is dus nie noodwendig finaal nie. Hulle het klaar ‘n agterdeur oopgelos.

Christine ·

Kom ons celebrate nou vir eers die oorwinning en los daai probleem vir die toekoms.

Piet ·

Wat ‘n groot gemors van tyd en geld met die gesloerdery van die useless regering van ons! Totaal en al onbekwaam!

Witbaard ·

Danksy Solidariteit. As dit nie vir hulle en AfriForum was nie, was ons al lankal n 2e Zim. Die DA het net nie die vermoë om iets reg te kry teen die regering nie.

Prikkie ·

Ek is bly hieroor, nou kan (sommige) landsburgers self eienaarskap neem van die beskerming van hulle eie gesondheid.

Dit beteken natuurlik glad nie dat dit die laaste sien van Covid 19 was nie.

Trotse Boervrou ·

Baie dankbaar maar ek vertrou hul nie. Iewers gaan hul weer ‘n haas uit die hoed ruk, soos altyd. Ek hoop almal staan reg om die belaglike Gesondheidsregulasies wat hul daar wil stel ook te beveg.

Johann101 ·

In effek, het daai gesondheidsregulasies ook gesneuwel…. maar ja ons bly daarteen baklei & moet dit in ‘n HOF null void verklaar kry…

Pieter ·

Dit verstom my dat Suid Afrikaners nog hierdie kriminele regime ondersteun. Hulle werk teen die land en niks te doen met demokrasie nie.

Voilet ·

Ek is baie bly, maar ook nou baie gestres, want wat kom volgende uit hul monde uit. Is dit nou wag voor die storm??

Johann101 ·

Ja… mense ons moet nie gerus wees nie… Bly paraat, bly op & wakker… Maar geniet die vryheid….

Laksman ·

Hierdie is moontlik die sagmaak vir die volgende brandstofskok

DieKriek ·

Nou kan ek uiteindelik weer sien wat mense sê! Hopelik nie sodat die spoeg spat nie.

Kokkies ·

Stem saam, ek is gehoor gestremd en het baie staat gemaak om mense se lippe te lees. Die maskers het ook die klank gedemp.

Patch ·

Kokkies, ek kan my net jou frustrasie voorstel. Viva geen maskers!!!

Vlooitjie ·

Ek stem, ek gebruik al my sintuie om te “hoor”. Dit was altyd vir my so surprising dat mense hul self actually wip as hul agter daai masker mompel wanneer ek sê, ” eks jammer ek hoor jou nie as ek nie jou mond sien nie” Asof ek simpel of idioties is is omdat ek nie kan hoor wat hul sê nie. Mens mag dit apparently nie voice of vra hul moet dan net harder praat nie. Ek het besef hoe rude mense actually kán wees met mekaar. Hoed af vir gehoorgestremdes wat vir hoe lank hiermee moes deel.

Piet ·

Ja. Ek het self baie lippe sien beweeg, maar niks gehoor nie.

Madeleine ·

Baie dankbaar
Maar wat n klug dit als…
EK Het nog nooit eintlik n masker gedra nie….
Net as hul vra….

Haan ·

Mense onderskat die sielkundige impak wat dit op kinders gehad het. Om heeltemal afgesny te wees van die gesigsuitdrukkings van die mense rondom jou.

Christine ·

Ek het mense se glimlagte gemis. Dankie tog, ons kan weer mekaar behoorlik sien en gesels.

VaalDonkie ·

Gelukkig is my kind nie in ‘n skool waar maskers gedra word nie.

Kattebol ·

As die regering gedwing moet word , dan doen ons dit. Bravo aan alle organisasies wat met behulp van citizens druk toegepas het!!

Johann101 ·

Die “terroriste & saboteurs” het geseevier… Thanks aan almal wat hul deel gedoen het…

Danie ·

Nou het al die gemaskerde sopbene, wat so neuroties en uiters getrou aan hulle doekies vasgeklou het ook geen been oor om op te staan nie. Knap gedaan.

Nicci ·

Wat van vaccine mandates? Dis alles goed en wel om stadions vol te pak, maar net as mens die jab het?

Johann101 ·

Vaccine mandates gaan ook gestop word… al meer maatskappye trek hul vaccine mandates terug… Want hul besef hul is verkeerd & gaan die gevolge dra as mense adverse reactions het a.g.v hul druk…

Sharmane ·

Beteken dit nou dat ons binne winkels ook nie maskers hoef te dra nie?

Johann101 ·

Dit beteken presies dit… in die malls / malls, sportstadiums, ens… geen niks meer nodig nie…

Jannie van Niekerk ·

Hoog tyd. Nou kan misdadigers nie meer wettig agter maskers wegkruip nie.

Kerrie ·

Jy word nou erger ingeperk deur die brandstofl en voedsel-prys ….maskers is laaste van die probleme…volgende is die beheer van voedsel-produksie en verspreiding …..alles volgens plan.

melaney ·

Ai, nou moet ek weer begin pollyfilla gebruik. Pollyfilla werk duurder uit as ‘n masker.

Miena ·

hahaha grapkas… jy is skerp hoor. Net in SA met sulke goeie humorsin!!!

Andries ·

Wat diie toekoms betref: Sulke regulasies moet deur die parlement en nie die regerende party ingestel word. en deur die parlement teruggetrek word.

Andre ·

Nou kan “facial recogntion” seker weer makliker gedoen word. Bly seker ook net ‘n meter van mekaar af om dit makliker te laat werk vir die digitale paspoort.

Miena ·

Op n ligter komiese noot: Ek hou die naweek n groot braai – en julle is genooi. My man gaan met die drone van bo af vir fotos neem. Ons gaan ons maskers in die lug in gooi en dan verbrand (braai). Bring julle eie koeldrank, en iets met eish en eetgoed en moenie die “siggies” vergeet nie – vir die rokers: ons gaan tannie kopdoek wys nou hoe om te partiekie!!!

Leon ·

DANKIE SOLIDARITEIT. Almal is danbaar maar niemand bedank solidariteit vir wat hul gedoen het om dit moontlik te maak. Die druk het net te veel geraak.

Delia ·

Ek dra maandeliks by tot Solidariteit se regsfonds. Ek hoop ons almal wat hier kommentaar lewer doen dit ook.

VaalDonkie ·

Om ‘n geveg te wen voordat hy begin het, is die hoogste krygsvorm.

piet ·

Wenk vir opduimpies en afduimpies – as jy per ongeluk die verkeerde opsie gekies het (of later jou besluit wil verander), kan jy jou vorige besluit “kanselleer” deur vir die teenoorgestelde opsie te stem en dan weer jou nuwe opsie uitvoer. Voorbeeld – Jy’t ‘n opduimpie gegee maar dit moes eintlik ‘n afduimpie gewees het. Nou gee jy ‘n afduimpie (dit kanselleer jou vorige opduimpie) en gee weer ‘n afduimpie om jou afduimpie te registreer.

melaney ·

Dankie. Wens daar was ook ‘n “lag emoji” wat ons kon kies.

piet ·

Melaney daar is nie maar daar is ‘n alternatief. In die “word processor” wat jy gebruik behoort daar normaalweg ‘n “insert” tab te wees. Click dit en kies “symbols” Dit sal vir jou addisionele woordkarakters gee vir ‘n spesifieke “font”. Dan kies jy die spesifike karakter en copy en paste dit hier. Hier’s ‘n voorbeeld van ‘n karakter wat ek ge-“copy” het van DejaVu Sans font se simbole.☺

Cathy ·

Dankie Vader!! De maskers het volgens my absoluut NIKS gehelp nie want selfs met die vaccines, my amper algehele onttrekking van enige sosiale interaksie en my absolute paranoia om als te saniteer het ek 3 keer Covid gehad.

AS ek uitgegaan het vir noodsaaklikhede en die masker gedra het was dit ‘n gegewe dat ek sou siek word…

In my opinie het die masker my siek gemaak met daai donsies wat mens inasem van die maskers.

melaney ·

Hulle gaan ons binne die sentrums verbied want ons skoene blink nie.

Aai ·

Masker braai(brand) by my huis vanaand. Toe ek my seun aflaai by skool vanoggend was dit soos ‘n sonskyn dag almal lyk net beter en al die smiles wat ‘n plesier om te sien. Whoop Whoop

SwartBees ·

Een ding is viseker, die mense wat bril dra gaan groot partytjie hou vanaand.

VaalDonkie ·

Die wasem is erg genoeg, maar nog iets wat met my gebeur is daar kom so kielie-straaltjie asem deur wat my oog kielie soos ek asemhaal. Dit het my MAL gemaak.

AH ·

Ek stem! Ek moes elke keer wanneer ek winkels toe gaan besluit om te sien of asem te haal, kon nie altwee doen nie. Ongelukkig kon ek nie “sien” kies nie, maar het maar soms my gesig naby aan ‘n produk op ‘n rak gehou en die masker effens laat sak sodat ek die prys kon sien EN ‘n ordentlike asemteug kon neem…

Delia ·

Jinne Johan waar shop jy? 90%…. hier by ons in Gauteng groet meeste vriendelik en is ook bereid om jou te verduidelik waar die winkel is wat jy soek.

Vanessa ·

Ek sou verkies om nog die masker te kon dra. Ek vertrou nie die vrede nie!

AH ·

Dit is uit en uit jou keuse om dit te dra of nie. Ek ken iemand wat weens gesondheidredes nogsteeds masker dra vir haar eie gemoedsrus.

Quinzie ·

Ek wonder hoeveel die maskers nou gaan kos in die winkels ! Nou gaan ons sien wat dit eintlik kos en hoeveel ons al 2jaar lank betaal !

Janee ·

Hoekom sou hulle dan miljoene indien nie miljarde onlangs by die wêreldbank geleen het as hulp teen die “Covid” terwyl hulle weet daar is erge teenkanting teen die inenting? Wat gaan van daardie geld word…hoop hulle weer vir ‘n “wave”? Wat het ook geword van die oortollige inspuitings? Of is dit weer sakgeld… Bêre maar jul maskertjies…julle gaan dit weer nodig kry. Daarvoor sal daar gesorg word..

Annelie ·

Dankie Solidariteit, Afrifirum,Sakeluga en die wat betrokke was hierby. Is hoogtyd hulle word aangevat.

Furds ·

Wel wel die sirkus begin finaal einde kry, en sterkte as die regering dink die mense gaan weer geflous word met maskers in die toekoms.

Mariette ·

Eindelik! Kon nie verstaan waarom daar winkels is wat maskers onder mense se kenne sien as aanvaarbaar, maar die sekuriteit roep vir mense sonder maskers nie. Geen logika! Koebaai vir die hele inentings- en maskerklug!!

Miena ·

En nou is daar sopas op die nuus gese dat SA se 1e Aappokke geval (man van Jo’burg) aangemeld is en hy het dit plaaslik opgedoen. WAT NOG!!! Wat gaan ons nou begin doen noudat die maskers mee weggedoen is – begin rou wortel en aartappelsap drink?

Genis ·

Kanie glo die boosheid en beriegspil het so lank met dit weg gekom nie… Dankie Afriform en Solidariteit

Darts girl ·

Dankie tog vir klein genadetjies, ek is baie bly dat die maskers en die die beperking van geleenthede, ens. weg is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.