‘Dis lekker (en goedkoper) in SA’, herinner Checkers SA’ners in buiteland

Checkers se advertensie in die Sydney Morning Herald. (Foto: Checkers)

Wanneer dit kom by goeie kos en wyn, is die gras beslis nie groener aan die ander kant van die (grens)-draad nie.

Die Suid-Afrikaanse kleinhandelaar Checkers het Suid-Afrikaners in die buiteland Vrydag hieraan probeer herinner met advertensies in die Britse London Evening Standard en die Australiese Sydney Morning Herald – selfs al het hy nie in ʼn enkele winkel in Londen of Sydney nie.

“Ons wil die talle Suid-Afrikaners in die Verenigde Koninkryk en Australië herinner dat ons land ʼn fantastiese plek is om te bly en dat Checkers die lewe hier selfs beter maak,” sê Mike Middleton, hoofbemarkingsbeampte van Checkers.

Checkers se vergelyking van pryse in Suid-Afrika en Engeland.

Dit is volgens die kleinhandelaar hoe Checkers se pryse in Australië vergelyk.

Die advertensie wys hoeveel goedkoper, aldus Checkers, dit is om produkte soos Moët & Chandon, Coca-Cola, rypgemaakte kruisbiefstuk en wasgoedseep by hom te koop, teenoor winkels soos Marks & Spencer, Tesco en Waitrose in Engeland, en Coles, Aldi en Woolworths in Australië.

ʼn Bottel Moët & Chandon, byvoorbeeld, kos in Suid-Afrika altesame R408 minder as in Woolworths in Australië en R288 minder as by Marks & Spencer in Engeland, sê Checkers.

“Checkers verkoop nie net kruideniersware nie, ons verkoop ʼn beter leefstyl,” sê Middleton.

Die advertensie nooi Suid-Afrikaners in die buiteland sommer ook om kruideniersware by hul geliefdes in Suid-Afrika te laat aflewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Agge nee ·

Het Checkers die wisselkoers in ag geneem toe hulle hierdie vergelyking gemaak het?

Nici ·

Of het hul minimum lone vergelyk? In Aus is dit in die orde van R200 per uur en hier R23.19.

Nommer 7 ·

Laerskool onderwyser in Duitsland, R70,000 tot R75,000 pm.

Republikein in die Wes Kaap ·

Lid van Wagner groep in Rusland, R90 000 per maand. Mozart groep in Oekraïne betaal nog meer.

Leon ·

Ek kuier tans vir 2 maande in die UK. Slegs drank is goedkoper in SA. Ingevoerde wyn veral vanaf SA is baie duur. Ander kruideniersware is egter baie goedkoper. Waitrose en Iceland in my opinie baie goedkoper as Shoprite. Mis veral beskuit en “mrs balls”

Miskruier ·

Dis reg, ons is nie stupid nie. In die land moet ons daarby ons eie medies, veiligheid ook nog betaal. Praat nie van versekering nie.

George ·

Presies, jy kan nie regtig vergelyk tussen UK en SA as jy inheemse SA produkte vergelyk met die wat die UK inbring nie. Checkers, vergelyk nou julle prys teenoor iets aan UK wat julle moet invoer.

Nici ·

My tannie het Switzerland toe getrek en sy reken sy lewe en eet beter en kan bekostig koop wat sy wil itv kos.
Probleem in SA is dat almal automaties elke jaar pryse opstoot agv inflasie wat hul self skep deur pryse onredelik op te stoot. Nou is baie goed hier al duurder as oorsee en pryse word steeds opgestoot.

Papsak ·

Uit drukklik weet Checkers bestuur nie waarvan hulle of hy praat nie Checkers is crazy mal met al hulle pryse met te same afslag as daai bestuur dink dit is goedkoop my maat maak oop jou oe en dink en kyk weer julle net so duur soos pic n pay julle crazy

Stofdonkie ·

En fout wat Checkers egter begaan is om nie ook in die advertensie te noem dat blankes nie mag werk in SA nie. Al is die kruideniers dan dalk effe duurder in die lande kan mense dit darem koop omdat hulle darem salarisse verdien. In SA kan die pryse maar hoe laag wees, as jy nie ‘n inkomste het nie kan jy dit steeds nie bekostig nie.

Diepoppie ·

Is so waar!! Ons het in kenia vir n bottel mayonaise R50 betaal. Brood was dieselfde prys as in SA maar kook olie was baie duurder.

Wakkerslaper ·

Regtig? Miskien is basiese middele so duur omdat hulle als moet invoer en nie self daar kan produseer nie. Word freakin wakker!

Miskruier ·

Jip, hul spandeer byna niks aan versekering, sekuriteit nie.

Nommer 7 ·

Miskruier, hulle het ook nie eers motors nodig nie. Elke 15 min ‘n bus omtrent op elke straathoek. Treinry dieselfde. Klim ook nie oor by stasies nie. Die treinwaens word eerder gerangeer.

Eclectus ·

Goed en gaaf, maar wat is die gemiddelde salarisse daar?

Burt ·

doellose poging van checkers. die mense daar verdien ponde, en nie die paar rand wat ons hier verdien / saamvat nie

Elene ·

Haha! Dit is geldmors om aan buitelandse SA’ners te adverteer. Hulle sal NOOIT terugkom hierheen nie! Hulle is die gelukkige ontsnaptes!

piet ·

Ek weet van baie wat daaraan dink om terug te kom en ‘n paar wat reeds teruggekom het.

TruthDealer ·

As mense nie werk kan kry agv hul velkleur nie, help dit nie dat die kos goedkoper is in die winkels nie.

Jacobus ·

Gulde geleentheid vir n kolonialer uit SA om n supermark daar oop te maak.

Kensy ·

… as mens dit regtig oorweeg om n Chekers daar te open gaan die items op die rak verseker nie goedkoper wees nie.

Mens kan regtig nie die vergelyking so letterlik doen as bloot die wisselkoers in ag te neem nie. Hoe vergelyk hulle uitgawes soos salarisse, elektisiteit en vervoerkostes met die van SA?

Vonny ·

Ek bly liefs in die korrupte loadshedding SA.
Rather the devil you DO know….

George ·

Hey checkers, vergelyk vir ons die volgende : moord, rape, aanstellings gebasseer op ras asb.

Roek ·

En almal wat ons het in pariament se “gegradieerdes “van Fort Hare ??

Althes ·

Wonderlike poging van checkers aan Suid-Afrikaners in die buiteland. Ons almal moet ñ verskil maak.

Celia ·

Mike Middleton van Checkers!
Ekt kinders in Luxemburg asook hul kollega … kos daar is verseker goedkoper as in SA.
My seun reis kortkort na UK vir besigheid- hulle t fotos geneem in verskillende kos winkels en vir ons gestuur.. top kwaliteit en BAIE goedkoper as in SA.

So wat probeer Checkers se!
Ons is nie almal oningelig nie.

Die lewenskwaliteit in Europa vergeleke met SA ….. die verskil is verstommend.

Ek sal ook nie omgee om duurder te betaal – net om in SA winkels toe te ry is al stres oor veiligheid!
Elke keer in Checkers n prysskok!

Reinette ·

Mmm ja nee ek weet darem nie.. Hulle is nogal duur… En produkte nie altyd so wonderlik nie…….

Nie Verbaas ·

Raak onslae van die ANC en BEE en stabiliseer die kragnetwerk dan sal hulle miskien daaraan dink.

Nommer 7 ·

Plaas dat Checkers eerder ophou om substandaard vrugte te verkoop, en sodoende plaaslike produsente te help om van hul vrugte wat nie uitvoer gehalte is, van ontslae te raak. Ek wou gister geelperskes koop. Dit was bietjie groter as ‘n golfbal, skande. Checkers se aankoper moes dit nooit aangekoop het nie.

Charmain ·

Help nie jy kan di “goedkoper” kos koop en jy het nie elektrisiteit om dit gaar te maak ni!

Theo ·

“Checkers verkoop nie net kruideniersware nie, ons verkoop ʼn beter leefstyl”, sê Middleton. Kospryse is dalk goedkoper, maar as ‘n immigrant myself kan ek jou verseker ons het ‘n beter leefstyl hier as in SA. Hoër lewenstandaard. Beter onderwys. Beter werksgeleenthede. Beter veiligheid. Meer politieke stabiliteit. BAIE laer misdaad.

Amanda ·

Nee wat Checkers, so dom is die mense darem nou ook nie. Om n vergelykende studie te doen, is daar baie meer wat in ag geneem word. Net n vinnige Google soektog met so n bietjie finansiele agtergrond sou vir julle dadelik kon wys dat julle absoluut met een oog gekyk en met een breinsel gedink het toe julle die advertensie oorweeg het. Gaan kyk gerus na iets soos n “Purchasing Power Index” dan vind jy n land soos Australië is nommer 11 in die wereld met n punt van 68.3 teenoor Suid-Afrika in die 56ste plek met n punt van 19.5. Kan ons weer praat oor “Goedkoper in SA”?

Wakkerslaper ·

Hierdie tipe redenasies wat my so bietjie bietjie in my mond laat opgooi! Hoe laag moet jou waardes daal om te dink dit is nog steeds beter in SA as in ‘n beskaafde, eertse-wêreld land wat lopende water, 24-uur krag, kwaliteit publieke hospitale, openbare vervoer ens., min korrupsie en misdaad het, ‘n regdenkende regering met ‘n gemiddelde IK bo 69 en waar jou geld iets beteken… Goeie hel! Regtig? Geen wonder hierdie land het verval tot ‘n sub-standaard, afrika hool van pes en ellende!

Wakkerslaper ·

Ja presies checkers…. jou freakin lewe hier is ook lekker goedkoop!!!! For FFS!!!!!

Liesl ·

Ek woon tans in Ierland waar ons ook ‘n ALDI het soos genoem in die UK vergelyking. Checkers was baie selektief in hulle keuses, en daar is tans meer produkte wat goedkoper in ALDI is as in Checkers. Hier is n paar wat ek vinnig opgesoek het met huidige wisselkoers:

Sliced emmenthal cheese
Checkers R44.99 vir 150g
Aldi (R46.55 400g), dus R17.46 vir 150g

Lychees
C: R20 250g
A: (R9.16 200g) dus R11.45 vir 250g

Chorizo 200g
C R49.99
A R40.97

Frozen raspberries 1kg
C R140
A R77.40

Oats
C: R43.99 vir 1kg
A: (R22.24 vir 1.5kg) dus R14.83 vir 1kg

Alkohol en rooivleis is oor die algemeen duurder in Ierland en UK, maar baie groente, vrugte, ontbytpap, ens is aansienlik goedkoper hier, sowel as doeke, babakos en toiletware.

annie ·

Een van die dae het ons almal bure van Down Under om by ons goedkoop Checkers-net-om-die-hoek te kom koop. Is wit immigrante nog welkom in SA? Of laat ons net onwettige nuwe burgers toe?

Truman Burbank ·

Slaan Checkers sy naam met n plank. Clive Weil spin in sy graf as hy sien wat van Checkers geword het.

Leon ·

In die VK word alle vars produkte die dag voor die vervaldatum met 50% afgemerk. Checkers kan dit gerus op die proef stel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.