Dis ‘ligte aan’ vanaf Vrydagaand

(Foto: pixabay)

Eskom het laat vanmiddag (Vrydag) die blye tyding gebring dat beurtkrag Vrydag van 20:00 opgeskort sal word.

Fase 2-beurtkrag sou aanvanklik tot Saterdagoggend gegeld het nadat dit verlede naweek ingestel is. Die kragvoorsiener sê egter nou hy beskik oor voldoende opwekkingskapasiteit om in die vraag na krag te voldoen en verwag boonop dat die vraag na krag oor die langnaweek sal afneem.

“Eskom se span het die afgelope 24 uur vyf kragopwekkingseenhede afsonderlik by die Majuba, Arnot en Tutuka-kragsentrales herstel. Dit, tesame met die afname in die vraag na elektrisiteit, verminder die druk op die stelsel,” lui ʼn verklaring.

Eskom het reeds Donderdag verseker dat die ligte sal aanbly op stemdag, sowel as die daaropvolgende dae terwyl die stemme in elke munisipaliteit getel word.

Kragonderbrekings die afgelope week was besonder ongerieflik, aangesien matrieks Woensdag die eerste vraestel van die matriekeksamen afgelê het. “Eskom vra om verskoning vir die ongerief wat Suid-Afrikaners die afgelope week moes verduur, veral die onderwyssektor, wat negatief beïnvloed is terwyl die matriekeksamen begin het.

“Eskom herinner die land dat beurtkrag as ʼn laaste uitweg gesien word om die stabiliteit van die kragnetwerk te verseker.”

Hoewel beurtkrag nou opgehef is, waarsku Eskom steeds dat verbruikers krag spaarsamig moet gebruik ten einde verdere beurtkrag te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Adriaan ·

Die omgewing waar ek bly het sedert laat laasweek nie meer beurtkrag nie. Dis fase 0 die hele tyd. Daar is geen hospitale hier rond nie en al rede waaraan ek kan dink is dat n belangrike anc skelm iewers ingetrek het. Praat van gemengde gevoelens!

Cherokee ·

Gemengde gevoelens? Dis waaroor ek jou nie geduim het nie, Adriaan… gemengde gevoelens.

Baardman ·

Moet ons nou feesvier daaroor. Dis n basiese diens waarvoor ons betaal. Doen julle werk reg en lewer die diens ononderbroke te alle tye.

Louwrens ·

Vra net want nooit verduideliking gesien nie nl wat bereken fase 1 en dan fase2 en fase 3 en fase4 ens. ens.
Louwrens 082 777 1609

Francois ·

Verskoon as ek dit verkeerd het maar dit werk iets soos fase 1 is wanneer n sekere hoeveelheid megawatt nie beskikbaar is nie so kom ons se 1000 mw so gaan hy op met die fases.

Francois ·

Verduidelik net mooi wat is n PERFORMANCE Bonus dan begin die manne spring. Regtig swak !

Buck ·

Die regering manipuleer dit soos dit hulle pas. As die matrieks eksamen skryf is die krag af. Ashulle wil paty op die vooraand van n verkiesing dan werk als weer. Die anc en hul president het die land gefaal

Strandloper ·

Dit bly maar n deurmekaar onverstaanbare wanorganisasie wat grens aan waansinigheid.

Sakkie ·

Mag al julle sogenaamde hoofde van hierdie land almal ‘n Toyota voertuig as present kry…..
Die mense wat die Toyota verhaal ken sal verstaan……..

Papsak ·

Wel ek hoop krag bly nou aan want anders betaal ek nie n sent verder op krag wat ek nie die gebruik van het nie

Jackie ·

Talle voorstede in Benoni is sonder krag. Blykbaar nie beurtkrag nie, maar wel swak onderhoud van infrastruktuur wat ingee.

annie ·

Eskom sukkel seker vreeslik om te besluit watter woord om te borg… beurtkrag of spaarsamig…

Duck ·

Moet nie te gou bly word nie, kom ons kyk wat gebeur volgende week. Hoop die goed hou hierdie keer

casper ·

Hulle hardloop daardie diesel generators in die grond in !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.