‘Dis ʼn smeerveldtog’, sê DA-leier

Mmusi Maimane. (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

DA-leier Mmusi Maimane het Sondag gesê daar word ʼn smeerveldtog teen hom gevoer nadat Sondagkoerante nog bewerings teen hom gemaak het.

Rapport het Sondag berig Maimane het in 2018 met ʼn motor rondgery wat ʼn geskenk van Steinhoff se Markus Jooste was. Volgens die berig het Maimane maande lank geweier om die motor terug te gee selfs nadat ander in die party hom daaroor gewaarsku het.

Maimane het op Twitter op die bewerings reageer. “Dit is net leuens dat ek geweier het om die motor terug te gee toe die Steinhoff-skandaal aan die lig gekom het. Ek was besig met ʼn veldtog in Johannesburg en ons het ʼn brief geskryf en die motor teruggegee. Ek het sedertdien my persoonlike motor vir werksdoeleindes gebruik.”

Die onthulling kom sowat twee weke nadat die Sondagkoerante Rapport en City Press vrae begin vra het oor wie die huis besit waarin die Maimane-gesin in die Kaapse woonbuurt, Claremont, woon.

Maimane het Sondag ook op Twitter gesê “die smeerveldtog [teen hom] gaan voort”.

“Hierdie mense is ruggraatlose individue wat nie genoem word nie en eerder leuens oor my en my familie versprei. Ek het nog altyd probeer om ʼn Suid-Afrika vir almal te bou. Ek bly verbind tot daardie visie, ongeag hoe ongemaklik dit ander dalk laat voel.”

Dion George, die DA se tesourier, sou Vrydag met Maimane vergader het nadat die kwessie van die huis by die mees onlangse vergadering van die DA se parlementêre koukus opgehaal is.

George is gevra om vas te stel wie die huis besit, wat die eienaars se verhouding met Maimane behels en hoeveel huur hy vir die eiendom betaal. George sal dan aan die DA-leierskapstrukture verslag lewer.

Blykbaar word die huis besit deur ʼn maatskappy waarin Maimane en andere aandele besit, en huur hy dit teen ʼn nominale bedrag – ver onder markwaarde – van die maatskappy.

Nou word daar in DA-kringe uitgewys dat mense in magsposisies baie versigtig moet wees om gunste – hoe wedersyds goed bedoel ook al – van andere te aanvaar.

Die vrae sluit ook in of daar ander voordele of afslag buiten die huis is wat Maimane geniet, of dit korrek verklaar is en indien nie, waarom nie.

Maimane moes al ʼn slag gou spring om uit die moeilikheid te bly nadat hy in 2015 nie die bydraers tot sy veldtog om DA-leier te word, verklaar het nie. Hy het dit toe ná die sperdatum in die vertroulike deel van die parlementêre bateregister verklaar.

Ironies genoeg is Maimane tans besig met ʼn veldtog om pres. Cyril Ramaphosa onder druk te plaas om al die skenkers aan Ramaphosa se interne veldtog om ANC-leier te word, openbaar te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Lizelda ·

Ja, nee, kyk NIEMAND is squeeky clean id politieke wereld nie, net jammer Mmusi is sooo besig om almal anders se vuil wasgoed uit te grawe hy vergeet hy homself het n geraamte of 2 id kas…

Jerry ·

“If you cant beat them, join them”. Mense wie weier om hulle denke te verander en wie weier om positief te wees en wie nie vir die ANC en die DA stem nie en wie weier om korrup te wees of om korrupsie te aanvaar en wie nie gewetenloos kan wees nie, maar wie rassiste kan wees, moet maar liefs eerder die land verlaat, want glo my julle is besig om sleg tweede te kom!

Dink ·

Ek weier om vir ANC of DA te stem, ek weier om korrup te wees, ek weier om korrupsie te aanvaar, ek weier by ver om gewetenloos te kan wees en ek weier om ongegrond n rassis genoem te word. Steeds sal ek en al my mense wat dieselle goed weier hier bly en veg vir n beter toekoms. Steeds sal ons nie ingee of meedoen aan die kriminele en korrupte praktyke. En nee ons sal, aan die einde vd dag, absoluut nie sleg tweede kom nie.

adk ·

Vanoggend op die radio gehoor hulle beweer dit as n smeerveldtog deur VERREGSES is wat nie deur n man van kleur gelei wil word nie. Ongelooflik! Nou is onetiese gedrag nie tersprake nie. So tipies.
Kan nie aanvaar dat daar mense in SA en DA is wat nie die taal van korrupsie praat nie, maak dit eerder n kleur ding nes die ANC en EFF as hulle blootgestel word!

Sirkus ·

Lankal opgegee met die radio. Dit is meer skinder nuus as enige iets anders. Links en regs is ‘n menslike verbeeldings konstruk. Wat eintlik sê mense is nie individue nie, wat nie hulle eie ideed en opinies kan volg nie. Korrupsie aan die anderkant us ‘n werklike probleem, wat kan bewys word…

HPV ·

Leef jou lewe en beroep so dat sulke dinge nie in ‘n smeerveltog teen jou gebruik kan word nie.

Marlie ·

Mnr Maimane, jy het reeds oor die afgrond van die “slippery slope” beweeg, bedank nou eerbaar en ‘n laaste woord: t.o.v. jou projek om unkil Cyril te pols oor CR17 bydraes – Eita, my bra, mense wat in glashuise bly kan nie klippe gooi nie china

Frikkie Geld en huis ·

Die enigste manier hoe die DA weer hul kiesersgetalle kan vermeerder, is om van Moesie ontslae te raak. Hoe hy in die posisie beland het, weet nugter alleen. Enige mens met net ‘n bietjie sense sou kon sien dat hul kiesers gaan verloor. Hy het soveel anti-wit uitsprake gemaak om swart kiesers te kry, dat dit logies was dat die wit kiesers die DA sou verlaat. Die feit dat hy ‘n wit vrou het, het weer verhoed dat swart kiesers vir hul stem. Die meeste swartes is heeltemal gekant teen die oorgrens trouery, en die DA sou dit weet as hul huiswerk gedoen het voor hul hom gekies het as hul “leier”.

Landie ·

Lekker lekker, waar daar ‘n rookie trek is daar beslis ‘n vuurtjie. Mnr. Maimane jy is oppad uit net soos die DA is. Geniet maar nou die perks van jou posisie terwyl jy kan. Dis lekker in die land Suid Afrika.

Dolf ·

Met die DA uit die weg gaan die ANC sterker staan. Dan sal die Wes-Kaap en al die stadsrade deur die ANC beheer word, insluitend Johannesburg, Pretoria en Kaapstad.

Naomi ·

What goes around, comes around. Hier kom Patricia de Lille se spook in al sy glorie terug. Volg Pieter Mulder se voorbeeld. Hy bly al al die jare in sy eie huis. Hy ry al al die jare sy eie voertuig wat op sy naam deur die bank gefinansier is. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Dolf ·

LPs kry ruim motor toelaes om ‘n blink vuurwa te koop. Dit sluit versekering in. In Kaapstad woon hulle in parlementêre huise of woonstelle teen lae huur. Dan kry hulle ook rekenaars, selfoontoelaes, vliegtuigkaartjies, brandstof vir amptelike gebruik en baie ander byvoordele. Mulder het ook in alles gedeel. Toe hy adjunkminister was het hy nog groter voordele gehad. Potch was dalk sy “huis”, maar hy het nie vanuit Potch gewerk nie.

Oak ·

Die blindesambok piets maimane lekker. Hy is vinnig om sy vinger na ander te wys. Hy moet eerder bedank. Hy en julius kan nou saam hulle wonde lek

Johan ·

Dit is glo die verregses se veldtog teen Maimane??? En so waar as vet. Nou kry die Blankes alweer die skuld. Dit is ‘n ongelooflike bewering…

Capitan ·

Ja Maimane, deur jou en jou party. Sien jou in die volgende verkiesing, jy het my stem verloor.

Anni ·

Ag asseblief, di hele parlement is vol van bedrog. Zuma het dit gedun vandag een af en gaan nog steeds aan. Plaas daar daad werklik met di grootste gelieg en bedrieg begin werk word, en dis die PARLEMENT

Anton ·

Die dag toe ek Mmusi hoor preek hoe White Privilege die probleem is, het ek geweet hy is maar net ‘n progressiewe politikus soos al die ander. Progressief is natuurlik die vuilste van die vuilste

Oom Okkert Stywe Arms ·

Lekker in Sous Africa. Finkel en koljander die een is soos die ander.

Pieter ·

Geen verskil tussen DA en ANC nie gaan kyk die bedrog storie met die brandstof tender wat ou malema se pelle gekry het en die DA weet daar van maar hulle se niks want hulle is bang malema gaan tswhane vir die ANC terug gee

Nel ·

Hoe sê hulle ”What goes up must come down” – every action has an opposite and equal reaction.

WaarheidvanDeventer ·

Links en regs is ‘n menslike verbeeldings konstruk. Wat eintlik sê mense is nie individue wat hulle eie opinies en idees kan volg nie. Korrupsie is aan die anderkant ‘n regte probleem wat met bewyse kan bewys word…

Liewe Genade ·

Gee krag,wié nou nog?
Hoop en bid maar net die VF+ se huis is in orde,skitterwit skoon en blaamvry!!

Grassie ·

Ek is al lankal keelvol vir Maimane, veral oor opmerkings wat hy gemaak het wanneer daar rassevoorvalle was. Hy het bv mond uitgespoel omdat wit gewapende wagte die wit woonbuurt in Coligny bewaak het tydens die groot onrus daar. Hy het dit as uitlokking tot geweld beskryf. Ook sy hewige reaksie toe me Zille bloot gesê het dat die “kolonialiste” (met ander woorde witmense) darem nie net sleg was nie en ook soms goeie dinge gedoen het, het sy weersin (haat?) teenoor witmense laat deurskemer. Daar was ‘n hele paar soortgelyke voorvalle. Ek beskou hom as ‘n vyand van my volk en ek hoop die bewerings teen hom gaan sy politieke loopbaan sink. Aan die ander kant, ek dink die DA verdien hom.

Fred ·

Ja plus BEE voorstanders…..en vat VFplus Hof toe vir n video…..Wie spioneer op Wie vir persoonlik of polities gewin?
Watter land het ons geword?

Anni ·

Kom aan mense, jul gaan nou so tekere oor maimane. Wat doen en laat di lede van die parlement toe. Met hoeveel het Zuma weggekom??????

KrokodilBotha ·

Anni die DA word nie verniet bestempel as die ANC lite nie.

Toeskouer ·

Mmusi.
Daar is n ou gesegde wat sê ‘n perde trainer staan nooit stil nie. Jy kan mos nie ander wil jaag en verwag jou gelyke dade moet ongesiens verbygaan nie.

TDW ·

Jig. Ek verpes vuil politieke speletjies. Die swartsmeer van een kom altyd terug om die ander te byt aan die hakskeen. As daar nie voorwaardes aan die geskenk gekoppel is nie, bly dit ‘n geskenk. Anders is dit korrupsie. So maklik soos dit.
Met trane in my oë smeek ek die lesers, moenie val vir korrupsie nie. Probeer om altyd te doen wat reg is volgens die Woord. Moenie dat ons politieke leiers ‘n voorbeeld wees vir jou lewe nie. Ons het nodig om uit te styg en ander op te trek.

LOUIS ·

Dit is skrikwekkend dat ALLE politieke leiers en verwante trawante so magsbehep en geld skelm kan wees. Dit gaan slegs oor “selfhelp en verreiking” as om die mense en hierdie land n toonbeeld van sukses en beleggings te maak. Die miljarde wat “bestuur” ontvang is vernederend vir alle SA Burgers want dis almal se belasting geld wat so wanbestee word terwyl SA burgers kripeer en al meer werkloosheid voorkom, MAAR die “TOP BESTUUR en Trawante voel dit nie want hulle vat net weer en meer:(

Anna ·

Steinhoff geld vir politieke leiers, se perks!!!. As staatsamptenare op pensioen gaan, dan wag hulle MAANDE vir hul uitbetalings, want hulle geld is MOS by Steinhoff. Ag nee, sies man!!

Michael P ·

Onthou net as die D A vou is Musie dadelik weer by die ANC.dit is hoe hulle re werk gaan.

Nettie ·

Kyk, ENIGE IEMAND wat glo dat ieder en elke politikus TOTAAL GEHEEL EN AL onkorrup is of dat ENIGE POLITIEKE PARTY alles (of enige iets, ‘for that matter’) vir jou, as enkele, individuele persoon sal doen, moet sy of haar kop laat lees. As jy iets wil hê: WERK DAARVOOR. As jy iets nie kan bekostig nie, KOM DAARSONDER KLAAR. En hou op om politieke “leiers” en politieke partye op klein voetstukke te plaas – teleurstelling is jou gewaarborg, indien jy dit doen.

Irene ·

Wens julle klomp mense wil ophou om almal altyd so sleg te sê het jul nie iets beter om te doen nie net a klomp groot bekke

Anoniem ·

Die DA het sy probleme, maar is nog steeds strate beter as die ANC. Ek wonder hoe sou Kaapstad gelyk het as dit nog onder ANC bewind gestaan het.

Petrus ·

Die anti-DA brigade woon in die binneland waar die ANC die kitaar slaan. Selfs doer in Johannesburg en Pretoria waar die DA veg vir oorlewing teen die ANC.

SjN ·

Hoekom was dit nou juis n wit Fortuner? As hul se die son skyn, gaan kyk eers en maak self seker.

Spook op thaba ·

Kan nie verstaan dat moesie die rasse kaart speel nie. Hy is dan met n wit vrou getroud. Dit laat my kop draai

ja-nee ·

As jy in die politiek is, hou jou optrede bo verdenking, dan kan niemand ‘n “smeerveldtog” teen jou begin nie

Lenie Labuschagne ·

Grote griet daar is soveel meer belangrike en dringende sake wat aandag nodig het nou kruip hier hierdie uit. Waar is die prioriteite in ons land heen?

corne ·

Ek nou wat se jy nou. Van die begin af gese kan hom nie vertrou nie

Neels ·

Maimane is ‘n predikant en diepgelowig. Jy kan hom gerus vertrou.

Theoman ·

As leier van die DA sou n mens verwag dat Mnr Maimane wat nog altyd eerlikheid gepropageer het met die waarheid voorendag gekom het, erken het dat n voertuig geskenk is van MJ vir verkiesings gebruik of wat ookal, maar om dit af te maak as n “smeer veltog” is n ou politieke truuk, blameer ander wanneer jy self in die warem water in getap het en om ewe rustig daarin te sit en brand.

Realis ·

@Neels – Nêh?! Wat vertel jy my nou? Maak nou seker van hom ‘n Chopper Pilot ook…….

Waarheid ·

Lekker uitgevang!!!
Ook n soustrein ryer!!
Deel van die korruptes!!
Dankie tog ek het nie vir hierdie spul gestem nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.